History

Rooi motorfiets

Die Baai
 
Size A4 acrylic on stretch canvas.
Stefan Winterbach ( From MosselBay, SA )
Die Italiaanse vrou met die potblou oe
Drink haar wyn met water.Sy woon
Teen die hang wat uitkyk oor die Baai.
Jongman en ouer vrou flirt en beide weet,
alte wel,hul soeke,so anders, is maar net
n Verskoning, vir lende wat brand.
My rooi motorfiets brul die bulte uit.
Die spietkop,gestuur deur my blonde vrou
Se baasvryer,of is hy n vryer baas, kan
My nie vang nie. Die landros wil nie
Verstaan nie.  n Vriend dok op
en ek haas my na die redaksiekantoor
Naby die hawe.
Ek lewe woes en lewe wild.Ek verslind
die wynstokwater ssos n drenkeling
en huil agter my klaterkas soos n kind.
Ek moet myself nog vind.Eendag as ek
Groot is,sal ek ophou met die sekfvernietigende leefstyl,
Eendag en ek los die meisie in haar bed, soos vele ander.
n Pikkewyn op Dias se strand is heel astrant en
Lag sy gat af vir die blond se wond.
 Sy wou my ysterperd ry en val toe haar gat af.
Dit is nie snaaks nie net soos die
Geleende geel ,volksie wat gerol het.
En  my brasiliaanse dol se boudjies,
Oor die grys gerol het.
Daar was baie en baie meer, in en om
Die hawe. Ook in die kroegies en restautante,
Waar ek my dors siel lawe met vog wat
Dit net droer brand.
N Woonstel met blombakke, my redaktrisie
Se woning. Sy is daar ook koning,
Al skryf ek die hele blad in een middag plat.
Ek soek nie verskoning,se net ek Is jammer
En hoop jy sal verstaan, my arrogansie
Is n kreet, vir dit wat aan my vreet en torring.
Die Griek se vrou, sy bly getrou aan
Haar Greek God,met my blondekop tussen haar lende.
En soos n honger puppy slurp ek die nektar
Totat my boepensie wil bars.
Veel meer sal ek nie se nie.
Van brasserny en ontrou en ontvlugting.
Die dood van my meisie. Die een met n kafee
In n huisie in Grootbrak Rivier.
My suster en haar man in hulle
Moerse paleisie op die duine langs die see
Op Suiderkuis se strand.
N Dooie loerie se lewensbloed,
wat wegdrup in die rotspoel in die woud.

wat het  ek gedoen?
aan jou,vra die bloed steeds in
n ou man se bors.
En ek tel die kind op my skoot.
Kom sit hier klein Fransie
En ek troos jou en deel jou smart.
Jy is ok,was dit nog altyd
En nou dat jy groot is
Mag jy maar skryf.
Dit was gister maar jou skets brand n ets
In my wese.
Dankie Stefan.


1 comment:

  1. En ek tel die kind op my skoot.



    Kom sit hier klein Fransie



    En ek troos jou en deel jou smart.



    Jy is ok,was dit nog altyd



    En nou dat jy groot is



    Mag jy maar skryf.



    Dit was gister maar jou skets brand n ets



    In my wese.

    ReplyDelete