History

dOr

Verdor


Dit is swaar my vrou die diere vrek
 ou oom en tannie se lyke word bedek.
Bottels en dromme en kanne

My verhemelte droog en hy kyk omhoog.
Vir minder as n brood,le sy dood
Karre,trokke en bakkies

Daar is niks nie n wolkie net stof wat warrel
Vermorsel,vermoor en skarrel
Water,manzi en nat

Dit moor en verkrag en steel en haat.
Haat jou vel,haat jou taal,haat jou hel
Groot en klein elke kleur

Die hemel donker van stofwolke
Lessies em moffies en jomg taai toffies
Dit bulder en dreun in kolonne

Sy lande le kaal verbrand en vaal
Alles moet val,alles verval
Ons kom dit is nie te laat

Oopgekraak,gebars en hy voel verdoem
Volksmoord onverstoord
Amper daar nog een myl

moet hy doen om homself weer
woedende danse,verkoolde gebrande skanse
Diesel vloei soos water

Met die God van water te versoen.
In n sak,gooi weg die kind
Ons bring n dam

Hy vat sy geweer en skiet een,twee drie
Vergryp,gerook en dronk gestook
Kinders juig en skarrel

Elke knal kloof sy siel. Hy sien die bloed
Vraat wat haat is kwaad
Van die stad  na die lokasie

Vloei en verdwyn opgeslurp deur die dorre aarde.
Gekoekte verwaaide baarde
Ons bring water

Vir hom was dit te laat
Net een dag te laat
Toe die water kom

Op die pad uit die lug
Sy God omarm hom
Sy trane droog

No comments:

Post a Comment