History

ontHou

ontHou
“Pappie het die kindertjies melk?”
Sny tot op my
Gebeente
Verbrysel my siel
Sny tot In my onthou
Velore
Verdwese
Verdwaal
Loop sy in die gange
Van die mal saal
Van Weskoppies
Waar ek
Haar gaan haal
Banneling
Vanself
Ingekerker
Toegevou
In vergeet
Om die pyn
Van onthou
Te ontsnap
God se grasie
Verwyder
Onthou
En sy leef
In haar eie wereldjie
Waar die babas melk het
En nou
Haar dogter
By haar langs
Haar
In die
Wereld van vergeet
Net duskant
Die hel van onthou
Erens waar
Ek nie welkom is nie
Waar ek nie gereken
Word nie
Waar
Hulle veilig is
O mY God
Hou hulle vas
Vertroetel hulle
Beskerm hulle
Ek,kan nie
Hulle ken my nie
Ek is een
Van die babas
Liewe mammie
Ek is nie pappie nie
En die stroompie
Van my siel
Bruis oor
My wange
En ek hou haar vas
Hou haar net
Vas
Ja my vrou
Die kinnertjies het melk
Wil ek skree
En die
Kindertjie
Onthou
Onthou die kerk
En die manne
Van God
Wat n weduwee
En haar kroos
Verstoot het
Omdat hulle
Beter weet
Die verkorenes
Wat hulle
Broer verban het
Om hy durf
Bevraagteken
Wat hulle
Wil he
Hy moet glo
God
Roep ek
Uit
God
Hou hulle
Vas
Ek ken hulle
Hel
Ek sou ook
Verdwyn het
In vergeet
Om dit te ontkom
Hou My vas
Ek
Ontken jou nie
Ek
Is nie ppappie nie
Maar  ek het melk
Vir die kindertjies
En ek gee om
En ek vergeet nie
En ek vergewe
Al dra ek
Swaar
Aan onthou
My God, my God
Onthou
My
Ek
Is lief vir jou
Die
Rebel
is lief
Vir jou
Hy
Onthou
03/03/05
Hy ontou
“But Frans,
I saved you”
Beskerm vir mammie
Beskerm my suster
In die land
Van vergeet
En
Gun
My onthou
Ek smeek jou
Laat my
Onthou
En nooit
Vergeet nie
Here
Dit
Maak seer
Dit knars
En kners
En torring
Aan my
Het ek
Nie
Genoeg
Gebloei nie?
Amen
doulos


1 comment:

  1. Vergeet nie



    Here



    Dit



    Maak seer



    Dit knars



    En kners



    En torring



    Aan my



    Het ek



    Nie



    Genoeg



    Gebloei nie?



    Amen



    doulos

    ReplyDelete