History

My Moringa reis na Malawi



Ek het n broertjie dood aan wag, ek haat wag met n innige diep haat.Vroutjie probeer my gerus stel en sy probeer my voorberei vir my trippie Malawi toe. Sy berei my voor soos jy n skaap voorberei voordat jy dit slag. Eers laat jy hom kalmeer,laat die ou skapie rustig wei in n geil kampie met ekstra lekkerte soos n wortel of twee en soete fonteinwater. As jy soos ek is sal jy sommer vir hom klasieke musiek ook speel.As hy heel kalm  is nader jy hom versigtig me jou judasmes agter jou rug en sny hom keelaf voordat daai wortels in sy maag beland het.

Sy pamper en paai en stop kort duskant  n rondrol in die lower. “Het jou pille gepak”, ja skat, “jy moet dit pak in die oorspronklike verpakking en maak seker daar is n label op.”  “Netnou dink hulle dit is drugs en glo my jy wil nie in n Afrika in n tronk beland nie, Op" Buenos Aires  moes ek my hele sak uitpak oor my voorbehoespille en ek weet  jy raak maklik ongeduldig en moenie ongeskik raak nie.”

Ek luister want ek het nie geld vir n privaatvlug Malawi toe in n lugverkoelde lugambulans met drie spesialiste en 24 uur bedsorg nie.Bowendien met my geluk sal die nurse so breed en gevaarlik soos 'n  tenk wees en aan halisitosis ly en boonop n gewyde ateis wees.

Liewen vadertjie help vir Henna!. Ek het soveel verdomde pille wat ek elke dag moet sluk dat ek sal moet seker maak die vliegtuig het n roofrack om alles op die vlug te kry. Dit saam met my snorkmasjien en my hartmonitor en my flippen pacemaker en gehoorapparaatjies en ek oorweeg dit maar om twee sitplekke te boek ingeval my bagasie te veel is. “Hou jou paspoort  en jou geld aan jou lyf en vat 'n afskrif van jou vlugbesonderhede en 'n gesertifiseerde afskrif van jou paspoort apart saam,”

“Skryf 'n nota in Engels dat jy nie reg kan hoor nie en dat jy nie gescan mag word nie, sodat mense jou nie onnodig uitvra nie.’”Stuur vir Siyani n foto van jouself met die klere wat jy gaan aantrek voordat jy vertrek sodat hy jou kan uitken.” Teen die tyd is hierdie skapie all getenderise en vlou gejaag en sal gewillig sy nek aanbied net om weg te kom van al die raad en vermanings.

The pic I sent Siyani


Ek maak doodgedwee 'n lysie van al my medikasie en maak 'n afskif van die voorskrif. Ek soek al die oorspronklike dokumente van my pletora gizmo’s wat my aan die lewe hou en sit dit saam met nodige tolkbrief en reisdokument en paspoort en dollars en rande op n plek waar dit veilig is, netjies in n deursigtige flipfile. Die ding is so dik soos die Afrikaanse verklarende Bybel in twee volumes met konkordasnsie en kommentaar ingesluit.

Ek word gedwing om alles te pak en die skaal in die stoorkamer te gaan haal en dit te weeg. Dank die vader sy dwing my nie om myself ook te weeg nie want  dan gaan die geveg begin. Sy reel vir my 'n gelleentheid met 'n kollega om my op die lughawe te gaan aflaai en herhaal eers weereens,vir die soveelstekeer alle voorskrifte en prosedures en die gehele uitleg van Oliver Tambo insluitende die manstoilette. Dit laat my wonder,hoe de hel weet sy hoe lyk die manstoilette van binne en ek bly liewer stile en sluk 'n bloedrukpil.

Sy vertrek vieruur die oggend want sy moet n vergadering in Pretoria bywoon. Haar kolega sal my vyfuur oplaai en ek het 'n uur om alles te herpak. Die medisyne boksies eenkant te smyt en net vier dae se pille in my skeersakkie te sit. Ek pak die snorkmasien en hartmonitor diep weg in my kas sodat sy dit nie sal opmerk ek vat dit nie saam nie. Die gehooraparatjies sit ek in 'n baadjie se sak wat in my hangkas hang.

Stip vyfuur lui die deurklokkie en ons is vort. Die ou ken Johannesburg en sy Jetta vlieg laag lughawe toe en voor ek na sy familie kan uitvra stop hy voor die vertreksaal en ek se vining dankie en spring uit met net een reissak. Ek sweet effe van die ou se bestuurvernuf en top myself op net broodnodige nikotien.

My vlug vertrek eers agtuur en ek het spanne tyd. Ek het die geleentheid lughawe toe gevat en geweet die ou moes nog deur Sandton toe,  ek sou hopeloos te vroeg wees. Ek  vat ek dit maar rustig, drentel rond en soek n eetplek naby n uitgang vir smoke breaks.

Ek kry n Wimpy en koop n oggenkoerant en bestel n stewige ontbyt. Ek het spanne tyd en ek is rustig .  Ek maak seker my bril is op my neus dit hang nie soos gewoontlik op my bors nie want ek bestel my eiers effentjies gaar en ek wil nie eierblertse op my bril en my skoon hemp he as ek verstik aan die slegte nuus in die koerant nie. So eiersmeersel is n geneukery om skoon te kry op n bril,nes n voël  blerts op jou winskerm, Jy kan ruitveers gebruik soos jy wil die gemors raak net al hoe erger en ek het nie n behoefte aan die manstoilette,wat vroutjie in sulke fym detail beskryf het, nie.

Demit, verbeel jou. ek is halfdoof en halfblind  en dit sal lyk of ek my bib in die kot gelos het vanoggend .Al het ek waste duidelike tolkbrief  en n vergrootglas sal hulle my onmiddelik verwys vir psigiatrise observasie en jy wil nie in n malhuis beland in Afrika nie,glo my.

Ek drentel rustig na die inweeg lokaal en al my bagasie is binne die gewigsperk danksy my uitpakkery  Ek het nog genoeg spasie oor om ietse vir die huismense saam te bring uit Malawi. Ek sit my kamera in die sak onder klere. Ek seg niks handig net my paspoort en vlugskedule oor en drentel agter die mense aan wat voor my ingeweeg het. Ek weier om n verdomde tolkbrief soos n dompas te toon aan elke Jan Rap en sy maat.

My longe is vol nikotien en ek is steeds rustig.  By die  deurgang na die internasionale vetrekke volg ek dieselfde prosedure. By die scanner beduie ek whoa met my hande en wys na my bors en se “Pacemaker” en wys 'n internasionale nee met my kop wat horisontaal heen en weer knik. Hulle verstaan en ek het nie my tolkbrief nodig nie, ek sprag geen ander woord nie en glimlag net inemend en se hoflik dankie.

Dit is 'n lang trek na die vertekhek vir Malawi en ek maak doodseker dit is die regte een ek wil nie op die nippertjie moet rondhardloop dat ek nie vlug mis nie. Loop drink toe maar n koffie en voordat ek myself kan bedink druk my vinger op die spyskaart op die Ierse Koffie hofie. Oeps , enige man kan n opregte voutjie maak en toe sy vra neem ek aan sy meen enkel of dubbel en ek lig gedwee maar net een vinger op al is ek lus om haar vrede toe te wens. Ek meen ek het klaar ge-eet en daar is al meer as een vliegtuig oor en ek is op vakansie boonop.Dit raas baie in die lughawe en ek is kwarteldoof onder sulke omstandighede en geniet my koffietjie rustig. Gelukkig is daar baie kennisgewingsborde en ek hou die tyd dop.

Tien minute voor vetrektyd stap ek aan hek toe en loop sit. Daar is n Oosterse mammie met n peuter en ek loop sit een sitplek weg. Haar peuter speel en lag en ek glimlag en knik vir die kind. Ek moes seker verskriklik snaaks gelyk het want die kind skaterlag en spring op my skoot asof ek haar Oupa is.

Die Oosterse dametjie maak haastig verskoning en beduie driftig vir die kind om my nie te pla nie. Sy pla nie maar ek wil nie aangesien word vir 'n kinderkaper nie en jy weet hoe is die selle by Oliver Tambo. Ek staan maar op en loop 'n draai net om uit te vind die manstoilette lyk glad nie soos vroutjie beduie het nie en ook maar goed so want toe merk ek op die kind het op my bril,wat op my bors hang, gekots en ek maak haastig skoon. Wil nie hê ek sit my bril in die vliegtuig op en word naar vir kinderkots nie. Ek kon nie my kind se doek droog maak sonder om te wil kots nie en wie wil nou op 'n vliegtuig kots en aangesien word  vir 'n dronkaard met ,n iersekoffieasem met 'n effensekinderkotsnuanse..

By die instaphek het die hele spul  terstond omgedraai en agter n haastige lugwaardin aangevlug en ek besluit om hulle agterna te sit. Ek wil nie verdwaal en my vlug mis nie en hoe vinniger hulle loop hoe vinniger hinkepink ek agterna en kyk kort kort oor my skouer of daar nie n poliesieman op my spoor is nie.My bene pyn en kramp naderhand en ek sweet en blaas van ergenis en inspanning en benoudheid.

Uiteindelik kom die spul tot stilstand.en ek slaak n sug van verligting. Ek kyk op na die kennisgewingbord en ons vlug is met 45 minute vetraag en vetrek nou van 'n ander hek af. Ek is skoon verlig die spul het nie vir my weggehol nie, hulle was bang hulle verdwaal en mis hulle vlug  nes uitgeputte en hygende eke. Ek kyk rond vir die vrou met die kotskind en loop  vind 'n plek binne sigafstand van die hek en so ver moontlik van hulle af.

My goeie donner ek moes n halfmaraton aanhink en weet die flippen mense nie van al my skete en dinge nie. My pacemaker kon my na het moer geskop het in die proses en ek wil nie hier dooi nie jy weet hoe lyk lykshuise op lughawens en waar sal vroutjie my loop soek. My moer is gekoer en ek is moeg en jy weet ek is ogeduldig. Boonop is my nikotienvlakke gevaarlik laag en ek weet ek sal nie 45 minute kan uithou nie.

Ek soek n kiosk naby om 'n koutjie te koop om my klemmende kakebeen te onspan en die rooklus in bedwang te bring. Daar is niks te kou nie,nie eens koffie nie ,net chips en peanuts en nie eers n koeldrank om met dit te gaan nie. Daar is n jognman agter die toonbank en ek beduie ek wil iets kou en ek kan sien hy hoor wat ek se nie en ek grawe in my langkortbroek se sakke vir n flipfile met my verdomde tolkbrief en my moer wil oorkook.

Ek lok hom nader met 'n vinger en beduie na my ore en hy skud sy  kop asof ek n bosluis in sy ore het. My vok ek voel ek kan die klein snert aanrand en die  tolbrief is nie in een van my lang kortbroek se agt sake nie.Hy moes aan my gesig gesien het ek is op die oorlogspad en kom stadig nader met sy kop skeef gedraai solat ek gehoor kan word oor die rumoer in die lughawe
Ek skree amper kliphard. “listen my friend I need a smoke desperately se ek op my hardste sagte stem.” Daar is 'n hand op my skouer en ek skrik my boeglam ,die is Joburg en ek het dollars en ek dog ek word gekaap. Ek spring om dit is die Oorsterse mammie sonder die kotskind en sy het 'n pen en papier in die hand en beduie vir my ek moet skryf. So deur alles het sy besef ek kan nie hoor nie of miskien is dit omdat ek buitengewoon hard praat omdat ek dink  mense dink ek kan hulle nie hoor nie.

Ek skryf ,”need a sigarette” en sy wink dat ek haar moet volg. Sy lei my na n dame wat duidelik in beheer van sake is en sy vat my brief en skryf follow me en Goddank sy lei my verby die hek en wys my waar ek vining n dampie kan maak , buite sig van die ander pasasiers. Daai kotskind se ma het haar amperse Oupa gered. Ek trap my sigaret behoorlik dood onder my voet en gaan die saal binne
onder begeleiding van die dame in beheer. Sy wys my 'n sitplek waar ek  kan sit en beduie na die kennisgewingsbord. Ons vlug gaan amper vertrek.
Lughaw op Lilongwe

Ek was nog nooit so bly om my agterent uiteindelik op n vliegtuig se sitplek neer te plons nie. Ek het  geen kos genuttig op die vlug nie,nie eens peanuts nie maar het twee botteltjies rooi wyn stadig gekoester om my gespanne kaak te ontspan en my bloeddruk tot bedaring te bring.

Die Vader hoor my ek was baie bly toe die  Kaptein aankondig dat ons binnekort op Lilongwe gaan land.Ek was blerrie uitgeput man en dit was al klaar na een en ek was bekommerd Siyani sou loop as hy sien ek daag nie op nie.Ek meen die man ken my van geen sout of water nie en sy Ingels is erg gebrekig.Gelukkig het ek hom n foto getstuur voor ek vertrek het en nou sou ek eers tyd maak om die vervlakte tolkbrief en pen te soek en byderhand te hou vir enige ongewenste voorvalletjies.

Ek was nie n baie gelukige reisiger op die stadium nie en ek het opgesien om met my gekrankte lyf en skete en kwale n vreemde land binne te vaar.  Boeta was dit vir jou warm. Die hitte tref jou trompop as jy uit die vliegtuig stap en ek weet sommer in ek is in vir n braai. n Lekker vet boerebraai van my sawwevelletjie wat maklik soos n marshmallow verbrand as ek nie versigtig is nie.

Ek wag geduldig vir die bus wat nie lyk of dit lus is om te kom nie, ons is die enigste vliegtuig op die perron maar ons staan in die bloedige hitte en wag vir die bus. Ek wil rook inteendeel ek wil stook en ons wag. Uiteindelik kom die bus en ons word ingeprop soos sardyne. Daar is twee aspirant grootwildjagters met die nodige bushgear en songebrande lywe wat naaks Engels praat. Mate?, Se gat boet en ek vervies my omdat hy wil he ek  moet die busdeur oopmaak en hoe meer ek hom beduie die ding is met draad vasgebind hoe meer mate hulle my.

Voor ek hom in sy Down Under se Ma se onderok invloek se ek ewe kordaat “be my guest “en staan terug dat hy sy gat kan afsukkel met die verdomde deur. Hy se ewe in perfekte Australiese slengels. “it seems to be locked Mate.” My vok weet jy die Herretjie moet my bewaar ek voel lus en snou hom toe.”You must be shitting me Mate,I would never have guesed.”

Uiteindelik stop die bus, dit is so naby ons kon geloop het en ek spaander een kant toe om n rookplek te soek. My geduld is op my nerf is klaar en ek suig daai gwaai vuurwarm.Probleem is die hele ou spul is nou in die aankomssaal en daar is nie n oop venster in die bedompige klein verstikkende warm vertrek nie. Al die geure van die Ganse vrye verotte sweetgatte van die vrye wereld walg my en ek voel ek kan kots en val gedwee in een van die rye wat wag en wag en wag en ek voel vere of my Chesterfield-iersekoffie-rooiwynbek en bekotste hemp mildelik bydra to die walms nie
.
Dit vat n ewigheid om deur al die verpligte prosedures te gaan en toe ek uiteindelik vir my sak wag is Syiani nerens in sig nie en ek bid amper hardop at daar taxis is,as hy geloop het. Ek het nie plaaslike geld nie net Rande en Amerikaanse dollars en worstel my weg uit die gebou uit en daar staan Ta. Siyani ek is so bly ek omarm die man skaamteloos en die Mates gluur my verbaas aan in die verbygaan.


My "Lamborghini"


Hy het n trollie en n drywer by hom.  Nadat ons gegroet het se hy ek moet nie bekommer oor Kwatchas nie hy had genoeg aan hom. Hy ly my na n silver Toyota karretjie met n gebarste windskerm en se die drywer sal bestuur tot buite Lilongwe ,dan kon ek oorvat. Hy het die kar deur n vriend gereel vir my gebruik en kan nie self bestuur nie en het n drywer saamgebring soos ons afgespreek het.

My hele doel om Malawi toe te kom was om Moringa vir my besigheid in Suid Afrika te koop.Ek het vir vier weke met Siyani oor die Internet gekorrespondeer en glo my dit was moeilik. Ingels is nie sy sterk punt nie maar ek het gou uitgevind die man het baie sterk punte om daarvoor op te maak. Daar is nie huurmotors in Lilongwe beskikbaar nie en ek was dankbaar Siyani het sy woord gestand gedoen.

Net buite Lilongwe het die drywer gestop en ek het oorgeneem. Ek was uiteindelik In Malawi! Ek was bly al was ek moeg en gedreineer deur al die nonsens op die lughawens. Ek is vertel die spoedbeberking was 90km per uur maar dit is net naastenby en ek kon ry so vining dit veilig was. Dit was n outamatiese motor met elektriese vensters en behalwe vir een kraak in die windskerm het dit my doel  heeltemal bevredig.

Ek het skaars n kilometrer gery toe sien ek n padblokade. Ek was klaar natgesweet van die hitte en nou was ek boonop benoud oor my Suid Afrikaanse liksens en my wit vel . Ek trek af,,maak die ruit oop en groet vriendelik. “good afternoon officer",hy knor iets en vra my lisensie. Ek grou my wallet uit my sak en gee dit aan hom. Hy het skaars daarna gekyk toe gee hy dit terug en se. “You may go Sir welcome to Malawi.” Boeta was ek bly.

Die paaie is in n redelike goeie toestand maar mens moet uitkyk vir slaggate. Daar is min motors op die pad,meestal  trokke en busse en baie fietsryers.Die mense jaag nie maar ry versigtig en die spoedgrens is maar net n manier om n mens eerlik te hou.Daar is nie n ding soos een person in n voertug nie, vervoer is duur en elke spasie word benut. Dit is sowat 90km van Lilongwe tot in Salima,waar Siyani woon.

Padblokades is daar baie en dit is meer soos advertensie pitstops aangesien die valbome gebruik word vir bemarkingsborde.Hulle steur hulle nie veel aan jou nie en nege uit die tien keer wys hulle jou jy mag aanry.Malawi is mooi,regte Afrika mooi en die pad Salami toe kronkel deur heuwels. Daar is baie afdakkies langs die pad waar mense allerande tuisgemmakte produkte verkoop. Daar is ook stalleties wat vrugte en ander kos verkoop.

Dit lyk baie soos dele van Natal se Middelande en die kenmerklike groeperings van hutte oral oor. Daar is nie plakkershuise in Malawi nie,nie een nie. Hulle huise is mooi en stewig gebou met bakstene wat hulle self bak in tuisgemaakte steenoonde,met grasdakke en omring met rietheinings.Daar is ook Majestieuse berge te sien op die horison en ek het my voorgeneem om meer van Malawi  op n latere geleenthd te sien te kry.

Ons het  net een keer gestop om n koeldrank te koop en ek het twee groot pakke skyfies, onse eigene Lays, en n pak koekies gekoop want ek was dun om die lyf teen die tyd. Alkohol het n manier om uit my te verdamp as ek gestress  is en ek het so baie gesweet in die hitte dat daar niks meer van in my sisteem oorgebly het nie.Die manne saam my het ook die versnapperinge geniet en ek het kwachas by Siyani gekoop met Rande om daarvoor te betaal.

Siyani se gesin
Moringa word gedroog


Ek het besef ons sou moes aanstoot. Die plan was dat Siyani my die voorraad sou wys wat ek wou koop ,ek sou onmiddelik n bankoordrag met vroulief reel indien dit my tevrede gestel het.Ek ken Moringa .Ek voer dit en versprei onder my eie handelsmerk in Suid Afrika. Die gedoente met Minister Nene het my net verder oortuig om nooit weer in Indië te koop as ek dit kon verhelp nie, die vervoerkostes  en Doeane en Aksyns met die gepaardgaande swak rand het my net verder oortuig.
Ek was nooit tevore in Malawi nie en het Siyani op die Internet raakgeloop en was bekommerd oor kwalitei en beskikbaarheid.My reis het my baie ut die sak gejaag maar ek moes doodeenvoudig een  100% seker maak vordat ek n klomp geld bestee. Dit was laatmiddag toe ons in Salima aankom en ons is reguit na Siyani se huis.

Die plan was dat ek self verder sou reis na Lifuwu nedersetting toe aangesien ek n Chalet daar bespreek het. Ek sou dan die volgende dag self terug reis Salima toe om tyd met Siyani te spandeer . Ek het net vier dae tot my beskikking gehad en dag een was so te se in sy maai.In Salima aangekom het Siyai my sy opset gewys en voorgestel aan sy gesin en medewerkers. Ek het die vooraad besigtig en was ingenome daarme. Dit was nekies  en veilig verpak en ek kon sien die man ken sy Moringa.

Ek het Siyani gevra vir ys en ons moes ys loop koop. Bokke ys word in staalvorms gemaak en per blok verkoop. Ek had n bottle whisky in my sak en was van plan om n rustige dop te drink as ek by my bestemming aankom en ek was warm en uitgeput. Daar is nie ysblokkies te koop in Salima nie en die bloke ys is bedoel om in houers gesit te word om produkte koel te hou. Die water is nie gesuiwer nie en mens sou dit nie veilig in n drinkie kon geniet nie.




Langs Siyani se huis met sy gaste let op die Moringa bome agter hulle op die sypaadjie

My verbasing was groot om so baie moringabome in Salima te sien.Elke huishouding is omring met Moringa bome en elke sypaadjie spog met rye Moringa Bome. Die plek is n Moringa paradys! Ek het lank en ernstig gebid voordat ek Malawi toe is en ek het die Here gedank dat hy Syani op my pad gesit het. Dit was n bestiering en n groot seën in my lewe.

Tyd was my grootste probleem en die son het begin water trek.  Ek het Siyani gevra om my te vergesl na Lifuwu toe.Ek sou verblyf vir hom vir die aand vra want ek sou verdwaal as ek  alleen skemerdonker moes reis in n vreemde land na n onbekende nedersetting toe.
Hy het ingestem ,ons is daar weg Lifuwu toe. Dit is verder aan deur Salima en daar is seker tien kilometer  teerpad dan is dit sandpad en sandpad met padverbeterings en ek het getwyfel of my “Lamborghini” soos ek dit gedoop het daardie paaie sou baasraak.
Kennisgewing van Padwerke op Lifuwu Pad

Tot my verbasing het die karretjie ons deurgetrek en die son het al begin sak toe Siyani se ek moet stop om rigting te vra. Waat!, het gedink die man wil rigting vra en hy is veronderstel om my die pad te wys. Ek het amper n dropper net daar op die Lamborghini se deuswete sitplek derdruk.Die son was besig om oor die meer te sak, dit was n mooie sonsondgang. Ons het n ou gekry wat saam ons gery het om de pad aan te dui. Dit was nie ver nie. Ek het n klein vuurtjie n ent weg gewaar en toe dui ons gids aan ek moet voor n hek stop. Syiani het hom bedank en n paar kwatcha in die hand gestop en hy is vort.


Die son sak met ons aankoms voor The Friendly Gheco se hek
Die hek van die Friendly Ghecko guesthouse waar ek sou woon vir n dag of twee. My huisie by die meer,my huis weg van die huis af.

Ek sluit nou maar vir eers af. Sal later die res van my reis deel.
                                                                                                                                                         
                                                                        vervolg

Ek is die Here dankbaar ek is uiteindelik by my bestemming.Ek se dankie vir die mooi sonsondergang en se dankie vir Siyani wat my grootste hulp was in Malawi. Twee honde het intussen blaffend na die hek toe gestorm om ons welkom te rumoer.

n Jong man het die hek oop gemaak en die honde tot bedaring gebring. Ek het hom deur die kar se venster gegroet indien die honde dalkies rasisties was. Tipiese Safrikaanse gedagte daai mor ek kwaad vir myself.

Hy wys ek moet langs die Chalet stop,ek herken dit van n advertensie op die Internet. Ek klim uit en groet die man ordentlik en stel Siyani voor aan hom. Terwyl ek die kar se boot oopmaak knyp een van die honde my aan die kalf en ek verjaag die dier. Sit my bagasie in die netjiese Chalet.

Dit is ruim en skoon met n dubbelbed kompleet met muskietnet,twee gemak stoelle,n tafeltjie en n elektriese waaier langs die bed. daar is hope pakplek in n ingeboude kas en daar is n stort en toilet. Ek bekyk my gebyte kalf en diie vel is gebreek en dit bloei effens. Maak dit skoon met gebottelde water wat ek in Salima gekoop het en sit n antibakteriese roompie aan wat ek genadiglik in my medisyne sakkie gesit het by die huis.

Siyani het intussen aan die gesels geraak met die jongman en n ander inwoner. Ek loop aan na die hoofhuis en n pragtige jong swart vrou storm uit die huis reg om my af en omhels my asofons ou vriende of familie is. Later uitgevind sy is n vrywiliger en  boorling van Blantyre. het die kind amper op die mond gesoen so bly was ek ek kan uiteindelik rus na n baie uitputtende dag.





My friend Ellen

Ellen lei my die huis in en maak dadelik verskoning dat Chris nie daar is nie. Hy is die direkteur van Heklp2kids Malawi. Sy stel my voor aan die ander vrywiligers en personeel.Ek verduidelik dat Siyani my vergesel het en dat ek sou betaal vir sy verblyf vir die aand. Die mense is warm en gasvry en vriendelik. Die Huishoudster is n regte moeder en is dadelik besorg dat ek honger en dors sou wees en gee my n amborstige druk wat vroulief sou laat bloos en maak wonder of ek haar nie dalkies beter ken nie.


Sy lei my deur na die voorste ruim stoep waar n lang tafel reeds gedek staan. Ek loop haal Syani in die agterplaas en vra n skottel om my ys en whisky in te sit en sit n vyf liter gebottelde water ook in.
Siyani is n kerkman,het my lankal so laat verstaan en ek maak verskoning dat ek nie koeldrank gekoop het nie. Ek is n beskaafde whisky drinker sien en nuttig my verversinkie met water. Syani se niks vat net die whisky en skink homself n stywe dop wat hy net so skoon afsluk.

Intussen kom die huishoudster in met bakke stomende basmatirys en bredie en vars water met ys in Daai rys is hemels en word plaaslik verbou en die heerlike hoenderbredie was net wat die dokter bestel het..Die vrywilligers had reeds geeet en net ek en Siyani sit aan om ons maaltyd te geniet. Ons is beide honger, Hy heelwat meer honger as ek en hy val daai bord kos aan met mening so tussendeur slukke whisky.

Intussen het Chris aangekom en hom by ons aangesluit. Hy heet ons welkom en sit vir n wyle en gesels en maak verskoning dat hy moet aanbeweeg aangesien hy ander verpligtinge het. Hy vra een van die werkers om vir Siyani sy blyplek vir die aand te gaan wys en vertrek weer.
Christophet Arquette direkteur van Help2kids Malawi

Hy het my uitgenooi om die volgende dag met hulle en die kinders te geniet aangesien Help2kids n pretdag vir die kinders gereel het. Ek had ander planne ek had besigheid om na om te sien maar ek het n sagte plek vir kinders en ek het groot waardering vir  die werk wat Chris en die vrywilligers in Malawi doen. Dus stem ek maar in.

Ek het uiteindelik bedwaarts gekeer nadat ek eers vir Syani en sy maters langs n vuur vermaak het met my bybelstories wat ek opdis met n angel in die stert en wat hulle laat skaterlag.

Ek maak eers my bytplek weer skoon en sit vars salf aan voor ek uiteindelik op die bed neerplons. Daar is gaas voor die vensters en dit het geen glas in nie. Die aandbriesie wat deur die gaas kom en die elktriese waaier is broodnodig in die versengende hitte van Leaopard Bay in hoog Somer. Ek had in koue water gestort weens die hitte en het onmiddelik geslaap aangesien ek doodmoeg was.

Ek was oudergewoonte douvoordag op en het my sak uitgepak,gestort,tande geborsel en aangetrek en met my kamera om my nek uit om te sien of ek die daeraad kon vasvang. Dit sou nie gebeur nie Siyani was ook op en het gese ons moet aanstoot Salima toe aangesien hy besigheid gehad het om na om te sien.

Ek het verskoning gemaak met die personeel en belowe ek sou later in die dag terugkeer om my belofte gestand te doen,om die dag saam die kinders te geniet. Ek wou iedergeval vir die meisies by die huis Malawiese materiaal koop en ek wou meer van Siyani se besigheid leer.

Ons dag was oorvol en Siyani het my rond gewys en besig gehou.Hy ken almal in Salima en almal ken hom.Ek het vir ons midagete gekoop by n plaaslike eetplek en ons het buite op die stoep gesit en eet. Dit was snikwarm en die sweet het my afgetap die hele tyd. Ek het Siyani gevra of hy nie gevriesde water het nie aangesien niemand in Salima so iets aanhou nie. Krag is duur en nie altyd beskikbaar nie.



Siyani had n vrieskas en het my n bottel gevriesde water verskaf en ook sakkies gevriesde water wat hy verkoop, verskaf. Dit was vir my n lafenis en n redding. Ek het Kwacha by hom gekoop nadat ek uitgevind het my kaart word nie deur plaaslike ATM's aan vaaraar nie.




Dit was hoog middag toe ek uiteindelik kon vetrek terug Lifuwu toe. Het Siyani belowe ek sou meer tyd maak vir hom voordat ek vertrek en pad terug gekry Lifuwu toe.Ek het maar versigtig bestuur. Daar is fietsryers oral en mens kan selfs n fietstaxi bestel.

Ek was bang vir die alleenry terug en het Siyani belowe ek sal nerens aftrek nie aangesien hy besorg was oor my welstand. Het my pad maklik terug gekry en op die strand by Help2kids se verigtinge aangesluit. Ek het hope fotos geneem en is voorgestel an een van die plaaslike hoofmanne en met al die kindergelag en lawaai kon ek nie eens die man se naam hoor nie.


Het die hele middag daar spandeer en eers sonsondergang teruggekeer na my Chalet. Ek sou die volgende dag bietjie die omgewing bekyk en verken. Het my voorgeneem om vroegdag op te wees die volgend oggend om die sonsopkoms af te neem,maar weens moegheid het dit nooit werklikheid geword nie nie.




My dae was vol en ek was uitgeput.Die hitte is versengend en daar is nie koue water beskikbaar in die Village nie.Gelukkig is daar yskaste by Help2kids en ek het geld gelos sodat hulle vir my plaaslik kon koeldrank koop om in die yskas te hou.Ek het ekstra soutpille ingepak by die huis en dit was my redding. Ek kry krampe as ek ontwater en ek kry maklik hitteuitputting en moes sonsteek ten alle koste vermy. My pacemaker het my hoeka al twee keer herhinder dat ek nie meer n gesonde jong man was nie.

Slaap het maklik gekom en ook maklik ontkom aangesiet mens heeltyd gesweet het.Die geitjies teen die gaasdraad in die badkamer was iets om te bekyk en mens herinner daaraan jy was by die Friendly Gecko.In die aande het ek die Lamborghini se vensters wyd oopgelos om uit te droog,die bestuurderssitplek was deurdrenk met my sweet.

Die volgende oggend het ek later as gewoontlik opgestaan en koers gekry langs die meer af.Ek wou anderkant die Kop teen die meer verken. Ek was nie spyt nie het baie gesien en baie fotos geneem. Die mense is meestal vriendelik en baie kan Engels praat en verstaan. Dit is wys om teosteming te vra voor jy fotos neem,sommige mense vereis betaling andere nie.







Die huise is netjies en stewig. n jong entepreneur verkoop vrugte-ysies om n bestaan te maak.


Een ou het selfs sy dogter aangebied vir my om mee te trou.Ek het gedink hy grap maar sy het nie so gedink nie en my n kyk gegee wat ek laas by n meisie op skool sou verwag en ek het myself herinner ek is in n vreemde land en oud en getroud en iedergeval had ek nie n skoonpa nodig met dollartekens in sy oge nie.



Die Koreaanse Sendeling egpaar en hulle Moringaseep

Ek het langs die pad by n stalletjie gestop om n warm koeldrank te koop. Hulle verkoop allerlei en meestal plaaspprodute wat plaaslik verbou word. Lifuwu is ryswereld en hulle Basmatirys is uit die boonste rakke en heerlik. Wat mens beindruk van Malawi is die netheid en orde. Daar is niks rommel langs die paaie nie. Al die huise is stewig gebou en nekies en word goed instand gehou.mense gebruik sonkrag en die regering het handpompe vir water verskaf. Die water is koel en suiwer en strategies geplaas tussen die groepies huise.

Muslim en Christen bly in harmonie saam en daar is Kerke en Moskees binne sig van mekaar.Ek het eers laat middag teruggekeer na my Chalet.Ek wou bietjie rus en het in n gemakstoel in die tuin gaan sit om n rustige drankie te nuttig.Ellen en een van die meisies het my daar gekry en genooi om saam te gaan swem. Ek het gese ek sal net in die water afkoel en hulle kan gerus swem. Ek het 
Ellen my kamera gegee en gevra sy moet n foto van my in die meer neem. Ek het net ingewaad en uit gewaad en teruggeker tuin toe sodat die girls onversteyrd kon swem.



Sonkrag en selfs n Sateliet instelasie

Die meer se water is lou soos Durban se see. Jy moet diep in  gaan om bietjie koeler water te vind. Die water is veilig vir swem en al die bangmaakstories in die media is loutere bog,Daar is geen gevare  as jy verstandig en versigtig is nie.
                                                                                             
  Moderne Visvang bote saam met                                                                                                         tradisonele uitgeholdeboomstambote
                                                             
                               
 n Moskee word opgerig.In dieselfde omgewing
is daar ook Christenkerke en die mense leef vreedsaam saam ongeag van hulle geloof
 Lifuwu is landbouwereld en hulle verbou gewasse en sels heerlike Basmatirys.Die stalletjie het alles wat n huisnoding benodig en dit is goedkoop en skoon en gesond.



Oral langs die meer is daar inhamme met tradisionele vissersbote

Ek het vroegaand gaan inkruip.Ek wou my sonsopkoms oor die meer afneem die volgende oggend. Voor ek gaan slaap het,het ek Chris vir my verblyf betaal en ook geld gelos vir die personeel. Ek sou vroeg verkas want Siyani het n vol program vir die dag beplan.

Ek het wel vroeg opgestaan en ek het my sonsopkoms digitaal verewig. n Ou het my lastig geval op die strand en gevra vir werk in Suid Afrika. het hom gese ek het self nie werk nie en hom n handvol Kwacha gegee om ontslae te raak van hom. Hy het my heeltyd agtervolg en ek het begin onrustig raak aangesien ons alleen op die verlate strand was. Die uiteinde is ek het vertrek met die agterste klap van die kar nog oop en ek het dit slegs halfpad terug Salima toe opgemerk en teen daai tyd was daai Lamborghini so vol stof en ek was asvaal en kon sierrsteenjies paseer.

In Salima het ek naby die bushalte gestop om die kar te probeer skoon kry.Ek het Siyani gebel en hy het met n fietstaxi aangekom. Ons het die kar na sy huis toe gevat waar n vriend dit sou kom haal om te laat skoonmaak.

Ons het Moringa bespreek en sy besigheid besigtig toe daar n Man aankom om Moringa Olie te koop. Siyani het aangedring dat ons saam met hom vertrek. Hy is n Koreaan en doen sendilingwerk in Salima. Die man is n Christen en predikant boonop. Hy het n groot onderneming met ambulanse,n kliniek,n voorskool en voedingskma. Hy maak ook Moringaseep en ander natuurlike produkte. Ons hetuiteindelik vertrek terug na Siyani se huis toe. Daar aangekom was die Lamborghini terug en silwer skoon. Dit was ook tyd om te vertrek soddat ek nie my terugvlug sou verpas nie.

Met die vertrek het die Koreane gebel om te se ek het my selfoon daar vergeet en ons moes eers teugry soontoe om dit te gaan haal. Ons het laat spaander Lilongwe toe en het net betyds daar aangekom sodat ek kon inweeg.Daar was skaars tyd om te groet ek het Siyani betaal vir die kar se gebruik en gaan inweeg.

My vertrek was minder traumaties en ek het self vir my vrou n pragtige rok gekoop van Malawiese gedrukte materiaal.Dit het K 65 000 gekos ongeveer R900.00. Ek was oppad huistoe,doodmoeg en doodtevrede ek het gedoen wat ek wou doen in my beperkte tyd. Ek het die heel entpad in die vliegtuig geslaap en in Johannesburg n Taxi gevat huistoe.
















No comments:

Post a Comment