History

Die Klip

Klip
 
Klim die klip
Haal die rots
Van jou skouer af
En klim die klip
Graniet  hard
Ek sweet
Ek roggel
Vir asem
My vet voete
My suiker
Klos
Kolos
Klim die klip
Hoe het jy
Hier gekom?
Stroopsoet
Op my ore
Helaas
Hoe het
Ek daar gekom?
Pasaangeer
Diabeet
Horrelvoet
Vetgat
Grou
Die
Graniet uit
Rus
Skep asem
Hulle is reeds bo
Slaan n dampie
Troetel
N krampie
Suig
N klippie
Vir die
Droe skag
Wat my keel is
Hoe
Het ek bo
Gekom?
Hoe
Het ek
Onder
Gekom?
N groter vraag
Ek bang bo
Skree
Soos n speenvark
As ek
Hoogtes
Moet aandurf
En dink
My suiker
Trek my keel toe
Ek gaan val
N vet
Ongesonde
Speenvark
Gaan val
En eers
Skree
God se genade
My voete
Op
Moeder aarde
Hoe het jy
Hier gekom?
Dit was
Woes
Maar ek moes
Sien my
Hoogyevrees
Is n God
Wat
Opoffering
Eis
En ek
Speenvark
Moet geslag word
Om
Die hoogtegod
Te paai
Al moer ek af
In my maai
Hoe het
Jy hier
Gekom ?
Hy vra verdwaas
Was daar
Toe ek
Vier liter
In n minuut
Uitgeskree
Het
Toe
Niks
Die skande
Kon
afgevee het
toe
ek  gedreig het
om te laat
los
en my
moertoe
te val
en
opgegee het
daar
ver onder
in die
 bos
soete
oorwinnig
hoe het jy
hier
gekom?
Die
Engele
Het my
Logge liggaam
Die granietkop
Uitgedra
Broer
Het jy
Hulle
Nie gesien?
My God
Het die
Rots van vewyt
Van my
Rug af gesmyt
Sodat
Ek die
Klip
Kon klim
Hou
Ek my
Slim
En vee
 N traan
Van
Verlossing
Af
Ek HET
Die klip
Geklim
En
Afgesweef
Aan n tou
Vergifnis
En
Geen
Berou
Het gehang
Aan daai tou
Ek is
Verlos
So
het
ek hier
gekom!
 


No comments:

Post a Comment