History

KerK

KerK
Ek het nie die kerk gelos nie ek het die Kerk ontgroei.
Oral probeer, van stoere Calviniste tot bulderende Happy Clappy’s.
Selfs New Age-agtige  blouhemel geldinsamelaars. Daar is
n goue draad, wat geweef is deur al die verskillende kerke.
Woordwoekelaars en taalmanipuleerders by uitstek.
Hulle almall aap die sogenaamde leier na. Elke nuanse,elke
Ligaamshouding,stemtoon en gedragskode word
Haarfyn nageboots. Hulle soek n messias,hulle smag
Na antwoorde en soos skape volg hulle die
“leiers”. Deurgaans is die leiers ook die kryers en die
skape die gewers. Blameer my pa se boeke vir my houding.
Sien ek het Die groot Boek intens bestudeer en besef
Ek is vir jare aan die neus rongelei. Sommige dinge
Kan nie weggewens word nie. Jy kan nie wegwens
Dat die “sondige” vermening van rasse nou skielik
Die verkose dogma is nie. Dieselfde kansels
Wat die euwels van rassevermening en die sonde
Van saamploeg veroordeel het, sing nou n nuwe deuntjie. Hulle
Oortuig niemand nie,nie eens hulleself nie. Dan is daar die
Opportuniste. Sien ons het julle gese en skielik
Is hulle die enigste kerk. “Op die regte pad.” Alle ander Kerke
Is reguit oppad hel toe en hulle het die enigste
Sleutel vir die hemel. Die “skape” is te lui om te lees
En te bang om vir hulleself te besluit hoe om Die Boek te interpreteer.
Gee liewer vir hulle jou geld en hulle sal
Vir jou n eersteklaskaartjie Hemel toe bespreek.
Almal dieselfde almal mislei en selfversekerd dat Hulle die andwoord het
en die enigste waarheid ken. Dit is niks anders in die Moskees en Sinagoges nie.
Dit is ook net skape wat deur Leiers aan hulle neuse rondgelei word.
Geldinsamelaars end woordwoekelaars die hele spul is dieselfde.
Waar los dit my.? Wel ek is vir die eerste keer in my lewe
Rustig. Ek bekommer my nie oor die dood of die hiernamaals nie
.Ek dra my nie dood aan aan selfvertwyfeling en skuldgevoelens nie.
Ek slaap kaal sodat ek kan asem haal.Ek bid meer as
Ooit tevore en ek word meer geseen as ooit tevore.
Ek doen meer vir my naaste en het meer empatie met anderssoortige mense.
Ek is nader aan my God en Hy is nader aan my.
So vergewe my maar.
Ek is klaar met Kerk.


1 comment:

  1. Waar los dit my.? Wel ek is vir die eerste keer in my lewe



    Rustig. Ek bekommer my nie oor die dood of die hiernamaals nie



    .Ek dra my nie dood aan aan selfvertwyfeling en skuldgevoelens nie.



    Ek slaap kaal sodat ek kan asem haal.Ek bid meer as



    Ooit tevore en ek word meer geseen as ooit tevore.



    Ek doen meer vir my naaste en het meer empatie met anderssoortige mense.



    Ek is nader aan my God en Hy is nader aan my.



    So vergewe my maar.



    Ek is klaar met Kerk.

    ReplyDelete