History

Mossie maar man - wonderwerke is moontlik,selfs vandag.








Ons ken almal n mossie, party van ons het selfs n kinderboek of twee orr hulle gelees. Min het ons besef hoe belangrik die klein voeltjie in ons lewens is, ek inkluis.

Ek het dit slegs besef, toe ek die Bybel gelees het, wat die Kliniek, Roseacres in Primrose(toe nog op die ou perseel), in my bedkassie se laai gesit het.. Ek was besig om te herstel van my derde hartaanval en nodeloos om te se, was ek n diep bekommerde man.

Ek het Mattheus 10 vers 29 gelees; Word twee mossies nie vir n stuiwer verkoop nie? En nie een van hulle sal op die aarde val sonder julle Vader nie.[30] En van julle is sels die hare van julle hoof almal getel.[31] Wees dan nie bevrees nie: julle is meer werd as baie mossies.

Dit was n keerpunt in my lewe. Ek het n diepe bewuswording in my wese ervaar. Ek het n dringende behoefte gehad om iets te doen, sodat die gevoel, wat ek ervaar het, nie weggaan nie. Ek het onmiddelik na die saalsuster gegaan en haar gevra of ek nie die Bybel kon hou nie. Tot my skande het ek net n baie ou verslete Bybel, een van my vader se studiebybels, gehad en dit het by die huis agtergebly. Sy het geweier.

Wat is dit met Christene, dat hulle so snoep is met Bybels, het ek gewonder? Nieteenstaande het ek die Bybel gelos, waar ek hom gekry het. Ek is immers nie n skelm nie.

Die dringenheid wat in my aangewakker is, het nie bedaar nie. Na my ontslag het ek n logo ontwerp en maatskapy gerigestreer met die naam; Intaka Ezimbili [twee mossies]. Intaka is die Zoeloe naam vir "klein voeltjie" en verwys spesifiek na n mossie. Die Griekse woord,<strouthion>  en die Joodse woord<tsippowr>
verwys na die einste voeltjie.[ Psalms 84:3]



Die Logo wat ek gerigestreer het gedurende 2004. ek het eers gedurende 2008 die amptelike dokumente terug ontvang.

Ek het nie die vaagste benul gehad wat die maatskappy sou doen nie. Ek het ook nie geweet hoe ek dit van die grond af sou kry nie. Ek het nie gewerk nie en het dus nie n inkomste gehad nie. Ons het op my vrou se se salaris staatgemaak. Ek het gedurende 2000 n pakket by die werk aanvaar. Die maatskappy, waar ek gewerk het, is deur die Poskantoor oorgeneem en ons is ingelig dat daar te veel wit gesigte in bestuurders poste was. Boonop was my familie moeg. Ek het vir ses maande met persoonlike lyfwagte geleef.my vrou is werk toe met n lyfwag en n ander een het haar heeldag soos n skadu gevolg by die werk. daar was gewapende wagte by ons huis. Ek het die Unie aangevat namens die maatskappy. Ek het 41 sindikaat belhamels op een dag in die pad gesteek. Hulle het my met die dood gedreig en die maatskappy het my beskerm.

Vir twee jaar het ek met hulle geveg. van disiplinere verhore, appele ens tot by die CCMA. Ek het elke saak gewen. Die Unie verteenwoordiger het my "The Hangman" genoem. daar was egter nie oorwinning in my persoonlike lewe nie. net hartseer en drama en hartaanvalle.

Ek was n volslae alkoholis. Nie n dag het verbygegaan wat ek nie gedrink het nie. uiteindelik het ek myself in n Rehabilitasie kliniek ingeboek, om myself en my huwelik te red. ek was eendag alleen in die Kapel toe die Here met my gepraat het. Ek was besig om te bid, meer n gekla as n gebed, toe hy my antwoord"Maar Frans Ek het jou gered". Die dag daarna het ek in n boek geskryf, wat n dominie vir my geleen het." 03/03/05 as of this day Frans Olwagen is a slave to Jesus Christ".

My vrou het vir die eerste keer in haar lewe begin kerk toe gaan. dit was n wonderwerk, sy was totaal teen die kerk gekant.
n Amerikaanse Evengelis, pastoor Billy McCannon, was oppad Maputu toe en het vir net een aand in Primrose oorgebly by sy kindervriend Doktor Fridge. Ons is "toevallig" genooi om die enigste diens, wat hy in Suid Afrika gelewer het, by te woon. Daardie aand het my vrou onse Vader as haar persoonlike Saligmaker aanvaar [met ons baba dogter in haar arms].


Maar ons praat oor mossies. Het u geweet dat mossies die kos van die armes was in die Bybel se tyd. Dit was ook al wat Melaatse mense kon bekostig om as offerhande te bring vir reiniging. onthou hulle was die "untouchables". Die priester sou een mossie doodmaak, die lewendige een in die bloed doop en dan die lewendige een vrylaat. Die selfde ritueel is gevolg om huise, wat deur melaatses, ontreinig is, te reinig. Die Almagtige God het ook vir die armste van armes deel gemaak van die bloed verbond met Hom. Lees dit in Levitikus. daar is verwysing hierna in die Engelse gedeelte van my Blog.



Ek het geesdriftig vir myself besig gemaak met n kerk in Reigerpark. Ek en my vrou het geld, wat ons nie kon bekostig nie in n projek ingedruk om hulle te help om n kerk te bou. Dit was my idee en ek het dag en nag daaraan gewerk tot op n dag, paasnaweek dat die Pastoor besluit het hy is nou n Apostel. Ons het geld ingesamel by vriende en besigheidskennise. Ek het 1000 dvd's gemaak. 1000 legkaarte is gemaak en verpak. Ons het R15 000 gekort om die projek te voltooi. Niemand het geweet waar om so baie geld vandaan te kry nie. op die stadium het ons meer as R100 000 van ons eie fondse gebruik om toerusting  en diesmeer te koop.Die Vrydag het ek vir die pastoor se vrou gese die geld, wat ons kort sou teen die einde van die naweek in die bank wees. Dit het gebeur en hulle kon dit nie glo nie. My vrou het selfs gese,"Frans jy toor", ek het gelag en geantwoord, "jy is verkeerd ek bid net en ek glo". Ons is hartseer en teleurgesteld by die kerk weg, omdat hulle gedink het hulle is belangriker as "die Droom".

Toe my vrou gered is het ek haar susters, haar tweeling suster inkluis gevra om vir hulle suster n bybel te koop. Tot vndag het hulle dit nie gedoen nie. Hulle het met duur bybels rondgeloop en wou vir almal preek. Ek het self nie n regte bybel gehad nie. Ek het geld by vroutjie "geleen" en vir haar, haar, seun ,ons bediende en myself byels gekoop. Net daarna bel Ousus uit Botswana ek moet my pa se boeke gaan haal.

Net voor dit was ek in Utrcht. Op skoonma se agtertrap gesit. Sy het gekla oor slange en rotte wat har hoenders verwilder en die eiers eet. Ek het gese sy moet tarentale kry aangesien ek gelees het hulle verwilder die pestelensies. daar was n groot boom naby die huis en ek het gese. "ma die tarentale kom hulle gaan daar slaap." My wooorde het waar geword, onverklaarbaar. tarentale het net daar ogedaag en begin broei. hulle is steeds daar ek het Ousus gevra om vir my n skildery te maak.


In Botswana het sussie vir my al pa se studie boeke gegee. Na vyftig jaar het ek iets van my pa ge-erf. n klein biblioteek vol bybels. duur bybels,skaars bybels selfs die Die Bybel met verklarende aantekininge, in twee volumes. niemand wou vir my n Bybel gee nie, nie eens my Pastoor vriende nie. Die here het geweet, oos Hy altyd weet dat Hy sal sorg vir my.

Pappie en Mammie, ver regs agter, gedurende 1960 toe hy sy teologiese studies voltooi het.





Dit was die tweede keer dat my vrou, n pasgeredde Christen, deur n pastoor se optrede teleurgestel is. Die vorige keer het een met R15 000 verdwyn wat ons geleen het. al sy beloftes was leuns en hy het nooit een keer om verskoning gevra nie, al het hy amper ons huwelik verwoes.




Ek het n nuwe kerk loop soek en gekry en ons is steeds daar. gedurende die tyd het ek baie by Mt Zion, Beulah Park gaan bid. Ek sluit drie gebede in wat ek in die gebede boek geskryf  het. eendag het ek baie drinend en hard gebid. Ek het my gebed afgeskryf op n stukkie papier en dit op die kennisbord vasgesit. gedurende daardie tyd het ek n visioen gehad dat die plek gaan afbrand. Dit het gebeur. Die mense by Mt Zion, wat my geken het het my met verbasing aangekyk. Hulle het ook gedink ek "toor" en party het my n profeet begin noem. Die naweek toe die plek afebrand het was ek in Utrecht.


















Net voor dit het ek die gebede boek geleen en die bladsye, met my gebede afgedruk en op my rekenaar geplaas. ek het die boek teruggevat. ek dink dit is in die brand verwoes. My goeie vriend,  Pieter Lybrand, is ook gedurende daardie tyd oorlede en ek het geen rede meer gehad om Mt Zion te besoek nie. So af en toe gaan bid ek nog daar.

Dieselde tyd het ek agtergekom ek kan nie meer ver loop nie. my bene het te veel gepyn ek is dokter toe. Sy het my na n spesialis verwys en hy het my die slegte nuus gegee dat die are agter beide my kniee verstop was. Hy wou onmiddelik omlynigsoperasies aan beide bene doen. Ek het geweier en gese, "die here sal my genees". my vrou en my suster was histeries. my suster se man het een been verloor weens dieselfde probleem. ek loop steeds, miskien nie so flink nie maar ek loop en dit raak al hoe beter. Sien my gebed oor die bene.



Ek het uiteindelik n werk gekry na n groot gesukkel. Het my as af gewerk, dag en nag. gedurende die tyd is my vrou se broer oorlede. In haar hartseer en met die vrees dat ek my weer sou wangedra het sy gebid dat iets my moet oorkom. tereselftertyd het sy my laat toesluit, met min rede. Ek het die Sondagoggend uit die selle gekom en sy is Utrecht toe vir haar broer se begrafnis. Die Maandag, ek het my selfoon gestel om my vyfuur wakker te maak, het ek wakker geskrik en dit was alreeds lig. Ek het haastig opgespring want my selfoon het my nie wakker gemaak nie. Ek het opgespring en gewas in die kar gespring en dit het amper die muur getref toe ek dit aangeskakel het. Ek kon nie die engine hoor nie. Ek he die venster oopgedraai en die toeter gedruk, ek kon niks hoor nie ek was stokdoof!.


Die uiteinde van die storie is, ek het weereens in die hospitaal beland. Ek het n beroerte aanval gehad en die dokters kon nie my gepaardgaande doofheid verklaar nie, aangesien die deel van my brein wat my gehoor beheer, nie deur die beroerte aangetas is nie. Ek was in Intensiewe sorg toe twee verteenwoordigers van die werk my op n nota ingelig het dat hulle my "noodgedwonge" moe vervang. Hulle het TWEE mense aangestel om my werk te doen. My lewe het in duie gestort, ek was ernstig siek,my vrou was in Utrecht en het nie geweet ek is siek nie. ek het nie eens n tandeborsel of pajamas by my gehad nie aangesien ek Hospitaal toe gehaas was.

Ek was naby die dood. Nie n mooi prentjie nie. my grootste vrees was dat  ek my dogtertjie nooit sou hoor se "daddy I love you". Ek moes op papier kommunikeer, ek kon niks hoor nie. Ek het gebid en gesmeek dat ek liewer moes sterf. my gebed is nie verhoor nie. Uiteindelik na elf dae in intensiewe sorg is ek huis toe. nog nooit in my lewe was ek so broos en angsbevange soos daardie tyd nie. ek was verpletter.

Nog is dit den einde niet. Ek het herstel. ek kan vandag hoor. "Prys die Here". Ek sukkel op n landlyn en kan skaars oor n selfoon hoor. Ek kan steeds nie werk kry nie. Wie wil n ou siek wit man n werk gee as hy boonop half doof is. Veral vandag en veral in Suid Afrika.

Gedurende 2008 het ons vlugtelinge, van die Xenofobia aanvalle by ons huis gehuisves. Sien My storie "How Evidence became Trust"




My dogter sou trou en ek en my vrou het bygedra tot die troue. Op die troudag het sy vir my gese, toe ek haar die kerk ineem, "Daddie jy bewe soos n riet". twee dae na die troue was ek weereens in die hospitaal. weereens net n week tevore was ek vir n week daar met longonsteking. Die dokter het snaaksgenoeg nie agtergekom ek het ook n hartaanval gehad nie. Die keer was ek in gemors, groot gemors. my longe was vol water, my hart aan die vergroot. die dokters in die kliniek het vir my vrou gese hulle kan nie veel vir my doen nie en dat dit baie ernstig is.

So dit is dan dit het ek gedink.  "Jy is kapoet ou maat" het ek vir myself gese. Ek het net gewag vir die geraas as ek "die emmer skop", tenminste sou ek dit kon hoor of sou ek?. weereens in intensiewe sorg, vir sewe dae  net gevas en gebid. Die keer het my vrou verstaan ek toor nie. Sy het net droogweg gese, "jou geloof het jou gered." Een van die hartspsialiste het vri  n kollega gese, hy het gedink ek hoor nie, "I am going to give him the gift of life". vandag het ek n pasaangeeer en my lewe het dramaties verbeter.

Nou wat het dit met Mossies te doen broer, hoor ek u vra. Ek sit en kyk uit by die venster en sien een wat besig is om n nessie te bou en ek weet "ek toor nie ek glo en ek bid'  prys die Here.