History

Ink

Griffel
 
 
 
Ek mis dit
My siel is leeg
Sonder dit
Drukkersink
In my bloed
Woorde my wese
My kamera
My kind
Wat mooi
Beelde vind
Koos,Foeta
Die prikkelpop
 en ekke
woeste hare
n rooi
Knorponie
n wildewragtag
rebel
n woonstel
en n
jongklomp
kommervry
griffelgabbas
het ons
maar geweet
waarheen
die wind
ons waai
die krant stil
sal nie
weer blaai
na sy maai
en nou
verstaan
ek
hoekom Koos
vertrek het
hy skryf
in die lig
om die hel
van die aarde
te ontvlug
 
 
 

No comments:

Post a Comment