History

Saturday, December 16, 2017

Ma se hare


Hare





In ons badkamer sal jy 'n swetterjoel haarmiddels vind. Dit het niks te doen met persoonlike keuses nie dit het te doen met spesifieke haartipes.

Nou voordat jy baie praat en vrae vra kom ek vertel jou van 'n wetenskaplike studie wat die destydse Sun International Hotelgroep laat doen het oor die effek van Nie Blanke haartipes en hotel linne.Ek praat die reine waarheid.Ek het by Satoer gewerk en lekker gerinnik toe ek die studie se navorsing deurlees.

Kroesies het 'n manier om soos k*k aan ' wolkombers te kleef of so het die wysgere sekerlik geglo toe hulle die dilemma benader. toetse is gedoen op 'n arsenaal van materiaal tipes om va te stel wat die ideale materiaal vir 'n swart gas sou wees.

Hulle kon hulleself die moeite bespaar het deur eenvoudig vir Internasionale hotelle te vra wat hulle al vir donkiejare weet oor die onderwerp.Nee! onse regering moes self uitvind en navorsing is gedoen.

Ongelukkig is daar nie 'n studie gedoen oor die effek van swart hare op die dreineringstelsels van badkamers nie. Vra my ek sal jou mooi kan vertel dat dit soos staalwol 'n deelglike prop veroorsaak en dit vat ure om pype te ontstop.

Nou weet ek, min het waardering vir die onderwerp. Lees maar die koerante,tydskrifte en sosiale media en sien die bohaai by skole oor wat aanvaar word as "netjiese" haredosse vir anderskleurige kinders.

Dit is eenvoudig. Swart hare net soos wit hare kom in verskillende greine,diktes,krul en verskeie kleure. My vrou het swartpersoon hare. my kind het 'n mengsel van haar ma se swart hare en haar pa se fyn hare.

elke haartipe vereis unieke produkte. Dit hang ook daarvan af of die dames hulle hare "natuurlik" verkies of allerhande prosesse ondergaan om dit reguit en glad te maak of verder te laat opdos tot 'n kroeswolk.

My kleinkinders albei van gemengde ouers se hare is heel verskillend. Hulle ma's weet waarvan ek praat oor hoe moeilik dit is om 'n kleuter se hare netjies te hou en hoeveel trane gestort word oor hulle voorkoms as hulle besluit dat hulle  "gladde" hare verkies.

Ek weet uit ondervinding dat dit moeilik is om te weet of sommige gekleurde meisies dalk meer swartbloed as boerebloed onder lede het. Sien hulle velle en hare gaan jou maak dink jy het te doene met 'n blanke meisie.

Daar is een toets en ek sĂȘ dit met die uiterse repek en verstaan mooi dit is slegs gebaseer op persoonlike ondervinding. Ek noem dit die broekiekoekie toets.Nou indien jy die dame uit haar broekie kry omdat jy 'n kranige vryer of skatryk is, is dit makliker om te sien hoeveel van watse bloed in haar are bruis. Dit is nou as sy nie skeer nie dan kan jy nie die verskil agterkom nie.

As sy dus ongeskeerd is sal daar 'n duidelike aanduiding wees. Pepperkorrels is aan die een uiterste en staalwol aan die ander.

No comments:

Post a Comment