History

Vry

Vry
Dit krank
en bind ny hart
knellend styf
en wurg en walg
op in my keel
die seer
o god die pyn
net een oomblik
gee tog n kans
n teugie
vars lug
ek sweer
ek is op
klaar
gedaan
breek af
die mure
van my tronk
die stank
van my
menswees
versmoor my
n storm
selfs
vernietigend
of vuurvlam
hetig
ek gee op
die vensters
van my siel
staarverdof
dieper
donker diep
geen
greintjie
wil of krag
meer
kan ek
vind
en dan
staan op
my kind
n vars
bries
roer
die stof
en snak
haal
asem
ek leef
kyk
verward
rond
my tronk
gebou met grond
die modder
van my twyfel
verkrummel
in die lig
jou Vryheid
is die
kettings
wat jou
bind
my kind
 
 
 
 


No comments:

Post a Comment