Die Boer in die Kasie


 
 
 
 
Lees die storie die Kasi is OK.Ek het twee jaar daar gebly .
Kom ondersteun ons en gesels lekker.




 
Voorwoord;



Ek skryf die storie met n diepe besef dat die meeste mense wat ek ken, al gewonder het daaroor. Ek skryf dit in eenvoudige, en soms kru taal,aangesien dit die taal is wat gepraat word ,waar ek my bevind het. Verskoon dit asseblief ek gniet dit nie om te vloek nie,ter wille van die storie herhaal ek sekere dinge woord vir woord.Ek hou nie my taal suiwer nie,want ek is nie suiwer nie.Ek gee nie om wat mense van my dink nie.ek gee nie om dat hulle weet ek is n "Kerk" mens nie.Ek gee nie om dat hulle kan dink ek is n "valse" Christen nie.Ek ken my God en my God ken my. Ek is sommer Doulos(slaaf in Grieks) en soos n slaaf aanvaar ek dat ek nooit "vry" sal wees nie.
Monica voordat ek haar ontmoet het

Dit is n storie wat strek oor twee jaar in my lewe.My lewe is nie so belangrik of glamarous dat dit skryfbaar is nie.Ek skryf dit in ieder geval met die hoop dat net EEN mens sal baat vind daaruit.Ek hoop dat ten minste EEN mens iets daaruit sal leer en miskien ,selfs inspirasie daarin sal vind. Ek is nie n erkende skrywer nie,ek was ,vele maanskyne gelede n joernalis.Ek hou van skryf,veral as my koppie begin uithak,dan gryp ek my griffel en skryf.

Ek verbloem mense se name om hulle te beskerm.Hulle is regte mense,van vleis en bloed en ek repekteer hulle en is lief vir hulle. Die storie begin nadat dit “wettig’ geword het om die “kleurgrens te oorsteeek.”.Dit is die jaar vand die overgeetlike “Rugby World Cup”,die jaar toe Doulos(Grieks vir slaaf) “vry” geword het. Nou nie so vry dat hy kon doen net wat hy wou nie. Net vry genoeg om vrylik asem te haal.

Ek skryf die storie “live” op my blog. Verskoon asb tikfoute en ander griffel goggas wat gaan insluip.ek kan nie n speltoetser in Afrikaans bekostig nie. Vensters hou veral niks van die woord lief nie en verander dit telkemale na life al doen ek wat.

Ek regs agter, myeks sit liks voor saam met werkskollegas.



                                                    Flat G10 Reiger Park,Boksburg.

Ek het in Nigel gebly nadat my egskeiding finaal op my afgeforseer is.Ek wil nie daroor praat nie,ek meen die egskeiding.Dit is History en n peinlike een wat ek liefs vergeet. Ek het by n Soutie "geboard " in Nigel.Hy had geen vrou en het sy dae spandeer tussen sy werk en die Nigel Bowling Club . Hy het elke goddelike aand sokker gekyk tot laatnag, het nie veel gepraat nie en my ,my gang laat gaan. 

Ek het in Roodekop gewerk, vrek ver van Nigel af,as jy elke dag moet ry. Roodekop is in n  Industrieele gebied tussen Boksburg en Alberton, vir die wat nie weet nie.Ek het met n wit Volkswagen bakkie gery, my “Company Car”. Ek was n bestuurder by n Courier Maatskappy en het verskeie rekininge gehad in my portfolio. Ek het die meeste van my  tyd by Roodekop se lokaal spandeer.

Ek het besoekregte geniet om my  dogtertjie Hilda-Marie elke tweede week te sien.Dit het beteken ek moes haar in Krugersdorp,waar haar ma gewoon het, gaan haal en weer terugneem na die naweek. Van Nigel na Krugersdorp was ver, vrek ver, veral as jy laat op n Sondag allen moes terugry Nigel toe.

Ek was eensaam en het gesmag na geselskap. Die “Soutie” het skaars gepraat, net sokker gekyk en Bowls gespeel. Ek had geen vriende, hoewel my broer en my stiefpa in Nigel gewoon het .Vir hulle was ek ,solank ek kan onthou n “probleemkind”.

Dit was n Vrydag,net voor ‘tjaila tyd” ek was nie lus om weer alleen Nigel toe te ry, en my hele naweek alleen te spandeer nie. Ek het n kollega n lift gege huis toe elke middag. Sy het in Reiger Park gewoon. Die betrokke Vrydag het ek haar gevra om saam met my te gaan uiteet.Ek haat dit om alleen te eet,vandag nog. Sy het polite geweier en ek het aangedring. Naderhand het ek gesmeek, “ken jy nie iemand wat sal saamgaan nie?”.

So het dit gebeur dat ek vir die eerste keer voor Blok G se flat’s gestop het. Sy het my die trappies opgelei na Flat G10 se deur. Die woonstel het my aangenaam verras. Silwerskoon, netjies, met nuwe meubels. Dit het in skerpe kontras gestaan met die omliggende gebied. Vuil, raserig met “skips” wat oorloop met “rubbish”.

Ek is aan Monika voorgestel, my kollega se suster. Ek het aangebied om y kollega eers by haar huis te gaan aflaai en dan terug te kom. My kollega het gese dit is nie nodig nie, sy sou sommer stap aangesien sy eers by n ander suster wou aanklop.

Ek was stomgeslaan,dat die pragtige jong vrou dadelik ingestem het om met haar suster se “Baas” te gaan uiteet. Sy het geen grimering gedra nie en ek het skaars vyftien minute gesit en TV kyk, toe sy opgekikker aangekom het en gese het “Ons kan maar gaan.”

Ek het nie regtig geweet warheen om te gaan nie.Ek was net lus om n lekker steak in goeie geselskap te geniet. Sy het geen voorkeure gehad nie en ek het besluit om na n restaurant in “Rocky Street”, wat ek voorheen besoek het, te gaan.

“Rocky Street” was berug. Dit was n kosmopolitaanse “eiland “naby Hilbrow in Johannesburg. Ek het somtyds soontoe gegaan om Jazz te luister in n snoesige kroegie. Dit was nou nie juis die tipe uithangplek waar boerseuns op hulle gemak gevoel het nie. Dit het vir my n vreemde aantrekkingskrag gehad. N plek van ontvlugting waar ek “incognito” in die massas en geroesmoes kon verdwyn.

Ons het n heerlike aand gehad. Monica was avontuurlustig. Sy wou alles probeer van eksotiese slaaie en knoffel slakke tot n stewige”peppersteak”. Sy het lekker gesels en ons het onmiddelik gekliek. My kredietkaart het net so lustig gekliek. Ek het nie omgegee nie, ek was besig om myself te geniet in aangename lighartige geselskap.Ons het die aand afgesluit met “Italian Kisses” en “springbokkies”.

Hoe ek my pad so maklik teruggekry het Reiger Park toe is vir my nog steeds n groot raaisel aangesien ek goed aangeklam was.(Jammer vir die kort onderbreking)"Onthou die storie ontwikkel soos aangaan,Ek skryf dit uit die vuis."

Kom ek wees maar eerlik, ek was heel in my nappies met my “date”. Sy was ogekunsteld, amper naief. Sy was vol lewe en soos ek gese het heel avontuurlistig. In Rocky Straat, waar baie groot mans maar aan die versigtige kant was, het Monica ingepas asof al haar hele lewe lank n inwoner is. Dit was haar eerste keer daar en ek kon dit moeilik glo.

Ons het gesels asof ons mekaar jare lank al ken. Sy was ook geskei en het af ent toe n boyfriend gehad.my lewe was dieselfde. Ek kon net nie n regte maat  of selfs net n vriendin ontmoet nie. Aan die een kant was ek besig by die werk en aan die ander kant was ek elke tweeede naweek besig met my kind en het ek nie maklik vir haar ontbloot aan vreemde mense nie.

Ek het Monika aantreklik gevind.eerstens haar borrelende persoonlikheid, sy kon maklik lag en was opreg. Ek kon dit net aanvoel. Fisies.....wel,waar begin ek. Goed gebou en goed versorg. Fyn gelaatstrekke, korter as ek.
Ek het meestal met wit meisies uitgegaan. Was met n blonde “bombshell” getroud en hoewel ek avontuurlustig was, kom ons se maar net ek het heelwat meer as een vroue vriend gehad.

Monica was anders. Haar vel het n natuurlike “tan” gehad.Sy was ligbruin, nie soos sommige “kleurling” meisies amper wit nie. Sy het nie lang gladde hare gehad nie en mens kon definitief sien sy is n “bruinmens’. Ons kind is tot vandag kwaad omdat sy eerder haar “Mommy” se hare oorgeerf het as haar “Daddy s’n.

Maar dit was nie die dinge wat deur my verstand geflits het oppad terug Reiger park toe nie. Ek was meer bekommerd of die kar veilig sou wees daar. Al was dit verseker was dit steeds n maatskappy motor.Al het ek vrye gebruik van dit gehad was ek steeds verantwoordelik teenoor die maatskappy.

Nou ja na n hele paar whiskey’s en n paar ‘springbokkies”(shooter) voel n man meer selvertroud. Jy wil ook nie dame by jou laat dink dat jy bang is nie. Inteendeel jy is braaf,vol humor en intelligent.

Die Flats’s het uit alfabeties genommerde bloke bestaan en was regs langs n Johannesburgse mynhoop. Blok G was genadiglik nie teenaan die Mynhoop nie,maar was naby n ingang tot Reiger Park en daar was heelwat verkeer.

Monica het op die tweede trappie aan die einde van die blok naby die “grootpad” gewoon. Sy het n tweeslaapkamer woonstel gehad wat sy met har seun, Zayne , gedeel het. Af en toe het sy “bywoners” gehad, maar was meestal alleen met haar kind.

By die woonstel aangekom het ek naby die trap geparkeer. Daar was reeds n paar ander motors. Monica het dadelik gese “kom eers in”. Wel dit was baie laat in die aand, en Nigel was ver. Boonop was ek n paar whiskey’s voor en wou ek nie die kans waag om te ry nie.

Ek praat nou loutere bog. Ek het myself gate uit geniet en wou deedeenvoudig nie ry nie. Ek het menige maal dronk bestuur sonder om vir n oomblik daaroor te dink. Ek wou bly en was net  te bly dat sy ingestem het.

Jae
 ek was bang. Alhoewel sy nie die eerste anderskleurige meisie sou wees waarmee ek uitgegaan het nie. Daar was ander, meestal kollegas en vir n onverstaanbare rede  was ek altyd gemaklik in hulle geselskap. Dit was nou net op n platoniese vlak. Tot op daardie stadium het ek nog nooit oor die tou getrap nie. Ek meen nou die kleur tou nie die ander een nie. Daaroor het ek heelpartykeer getrippel.

Ek het met Kleurling meisies geflirt. Het nege jaar lank in die Suid Kaap gebly. Voor daardie aand was ek nog nooit saam met een in dieselfde bed nie. Dit was nie omdat ek n rasis was nie. Inteendeel het ek anderskleurige vroue aantreklik gevind. Dit was egter meestal meisies van die ooste.

My eerste ernstige meisie was n Braziliaanse boorling. haar Pa was Duits en haar ma Braziliaans. Sy het egter soos n blanke meisie gelyk en ek het nooit eenkeer daaraan gedink dat haar voorouers dalkies heelwat domkerder was nie.

Dit het ook niks met die Apartheidswette te make gehad nie. Ek het geweet dit was onwettig  om oor die kleurgrens te meng. Ek was n joernalis vir nege jaar. Ek het vir die ou Transvaler Hooggeregshof verslaggewing gedoen en gedurende reses het ek misdaad gedek. Ja ek het goed geweet van die wet en het eerstehandse ondervinding gehad van die gereg se hardhandige hehandeling aan die wat gedurf het o moor die tou  te trap.

Ek dink swart, en ander geleurde vroue was meer bang vir die gevolge as wit mans. Baie mans het die kat in die donker geknyp. Hulle was egter gewoontlik finansieel daartoe in staat om die ergste gevolge vry te spring. Die arne vrouens daarinteen moes die volle  geweld van die gereg verduur en dan boonop die veragting vanhulle gemeenskappe moes verdra.

My opvoeding was streng. My oorlede Pa was n Dominee en my ma het na sy dood haar kinders baie streng grootgemaak en gereeld getugtig. Een ding wat my ma in my kop in gedruis het, was om vrouens te respekteer. Ek moes my sussie oppas en as sy stout was is ons altwee gemoer. Sy omdat sy stout was en ek omdat ek nie gekeer het dat sy stout was nie.

By my was dit n saak van beginsel. Ek het ale vroue met respek behandel, selfs prostitute. Ek het n diepe oortuiging gehad dat dit my plig as man was om hulle eer te beskerm. Ek was skamerig en het moeilik met meisies gemeng. Dit was nou todat ek in die kooi beland het. Dan was ek n bietjie van n maniak, onversadigbaar en altyd op die uitkyk.

Ek het een reel gehad, en het daarby vasgestaan. As ek mans genoeg was om saam n vrou in die bed te klim was ek mans genoeg om saam met haar gesien te word. Ek het nooit in die duister rondgewaal op jag na iets nie.Baie ouens doen dit en sluip dan weg na hulle huweliksbed net om vroutjie hel te gee omdat hy skuldig voel. Partykeer is dit selfs die bediende in die huis. Hy sal haar liewer vir n onbenullige rede in die pad steek as om saam haar gesien te word.O die skande, siestog jou papperd, dink jy sy het dit geniet.

Genoeg daarvan. Daar is n eerste tyd vir alles. Daardie aand was dit ook n eerste keer vir my. Ek het in die middel  van die nag wakkergeskrik en na die swart persoon langs my gekyk. Sy het saggies gesnork. Ek was verbaas en bevrees. Voor sonop het ek opgestaan en teruggery Nigel toe. Toe ek daar gekom het, het ek haar gebel,daardie tyd van die oggend.

Saterdagaand was ek weer by haar en het weer daar geslaap. Net soos dit seker vir haar nie maklik was nie, was dit vir my ook nie maklik nie.  Sy het egter n vuur in my aangesteek wat ek nie kon blus nie. Ek het partykeer “speels” vir haar gese “jy weet jy is n meid ne”. Sy het net gelag en gese en jy weet “jy is n donnerse Boer”.

My broer het op n geleentheid vir my die ouboet’speech gegee en my vertel alle vrouens is daar onder dieselfde. Hy het my egter die wyse raad gegee.”Moet hulle net nie soen nie.” Die verdomde FOOL, het ek gedink, wat is diie genot daarin a sjy n meisie nie eens kan soen nie.dan kan jy maar net sowel, draad trek.********************************

As jy nou van n goeie boerseun n heel bedonnerde buffel wil maak moet jy vra. “Hoe is dit met swart vroue in die kooi.?” DAAR IS GEEN VERSJIL NIE. Dit hang van jouself af. Wat is die rede dat jy dit waag. Probeer jy maar net verbode vrugte eet,.of probeer jy weerwraak neem teen die swart gevaar omdat hulle wit meisies(na bewering) verkrag.Is jy so bang vir vroue dat jy dink n “miderwaardige” een sal jou meer manlik lat voel.

NEE, NEE en NEE. Hier is hierdie wulpse wese met vol borste en voller boude met n planksun magie en n dun middeltjie. n Warm roomkleurige sagte vel, laggende oe en n soet stemmetjie. N Klein dogtertjie in n vrou  se lyf, wat jou aanvaar net soos jy is. Sy is net so honger vir liefde en warmte soos jy en julle verslind mekaar soos honger wolwe wat maande laas geeet het. En jy vra my, “Hoe is dit met swart vroue.?”

Ek het genoeg selfvertroue om my eie instinkte te  volg. Ek het genoeg selfrespek om net die beste een te kies wat my kan opbou, en nie afbreek nie. Ek kan nooit my standaarde verlaag om ander te akkomodeer nie, nie eens in die bed nie. Bowenal glo ek ons is almal EEN voor God. Ons is ALMAL sy kinders en volmaak geskape. Kleur en ras het niks daarmee te make nie.

Sy is my begeerte en ek is honger vir haar liggaam. Ek trap die volksie se lepel hard. “Bogger die varke, wat agter bossies wegkruip om my te vang.My bloed bruis woes deur my are, dit neem alles oor. My oe sien helderder , my verstand is vlymskerp. My spiere kreun en beur van verlange en skree uit vir verligting.Die adrenalien maak my mal. My mond is droog en ek rook soos n skoorsteen .My lyf is warm, my lende is aan die brand. Ek snel deur die donker nag, jaag oor stopstrate en vlieg deur draaie.Ek hardloop die trappies op tot voor die deur van G10, prop twee Stimerols in my droe bek en hammer aan die deur soos n polisieman op n “drug bust”, en jy vra my hoe is dit met n swart vrou!?. JOU MA SE P**S!

Ok ek het jou gewaarsku ek gaan kru taal gebruik, maar jy het gesoek daarvoor.

Komaan meiesies ek nooi julle uit.Skryf Monika se storie oor DAARDIE eerste aand. Hoe het sy  gevoel toe die boer sy skoene onder haar kooi ingeskop het.Sommiges van julle wonder ook. Ek weet my dogter het ook gewonder. Op haar troue het ek gegrap.”Ek het altyd vir jou gese moet nie maak soos ek maak nie, maak soos ek se, en toe gaan staan en doen jy presies dit. Jy maak soos ek gemaak het.”

Sy was toe maar net n klein blondekop dogtertjie. Haar Pa se alles. Vir haar sou ek deur vuur stap en van kranse afspring. Sy was my eerste kind en ek is jammer vir al die kak wat ek in die lewe aangejaag het, wat gemaak het dat jou ma met haar jong boyfriend weggevlug het.Ek is regtig jammer, maar die lewe gaan aan. Dit wag vir niemand nie.

Ek kan net raai wat het deur Monika se kop gegaan. Zayne is vertel dat ek,”mammie se baas was by die werk, en kon nie verstaan hoekom Mammie se baas, dan so baie kom kuier en lke aand oorslaap nie.

Nigel is vrek ver en ek was vrek moeg. N Dolle gejaag werk toe en terug, dan op in die aand terug Reiger Park toe. N malle jaagtog n lekker mallemeule. N Adrenalien avontuur en my gees het gestyg en my siel het gejuig. EK WAS VERLIEF en het net soos n sotlike verliefde boertjie agter die liefde van my lewe aangejaag.

Monika,pragmaties soos altyd, het voorgestel ek moet liewer by haar intrek as om so op en af tussen Reiger Park en Nigel te jaag. Was sy pragmaties of het sy dalkies net dalkies net soos ek gevoel.Sy sal seker nooit vir my se nie, want sypraat nie graag oor haar gevoelens nie. As jy daardie onderwerp aanroer kan jy stilstuipe verwag.

So het dit gekom dat n opregte Boer in die Kasie gaan bly het. Ja daar was een of twee ander. Een n ou oompie, God rest his soul, wat in dieselfde blok saam met sy houvrou gebly het. Ons was nie wit K****rs nie. Ons was respektabele mense met n goeie agtergrond,finansieel stabiel en hardwerkend. .(Jammer vir die kort onderbreking)

Dit was nie vir my n maklike besluit nie.Ek was groot genoeg om te besef dat enige verhouding slegs kan slaag as beide partye gelukkig is. Dit sal ook nie werk as die een party nie die ander een se kultuur of lewensbeskouinge kon aanvaar nie. Vir een ding was ek klaar moeg.Die gevloekery kan n mens gou begin irriteer. Nie Monica nie, maar die mense om ons.Ek het een dag it die venster gegil,”Jou pa se p**l”, toe ek vir die hoeveelste keer van,’Jou ma se p**s moes hoor.

Ek kan self goed vloek, maar geniet dit nie.Die meeste mense wat ek in Reiger Park geken het voel dieselfde. Net soos in enige ander gemeenskap kry jy mense wat geen standarde het nie.Die meeste mense is godvresende christene, maar daar is ook druggies en druglords,moordenars,boewe en hope dronkgatte.

Ek was bereid om ons verhouding n kans te gee.Ek was ook moeg vir die geryery op en af Nigel toe.Ek het niemand vertel van my besluit nie.Die meeste mense wat ek geken het, was gekant teen rassevermenging, never mind n wit man wat in n lokasie wil gaan bly nie. Dit was my besluit en ek het soveel van Monica gehou dat ek alles wou probeer om dit te maak werk.

Op daardie stadium was daar n ou wat daar “gelodge” het. Ek het hom skaars ooit gesien.

n Saterdag toe ek daar kom was hy en sy pelle in die sitkamer besig om sokker te kyk. Monica was in haar slaapkamer saaam met Zayne. Die plek was vol oorlopende asbakkies en drankbottels.Ek het daelik my moer gestrip en sonder seremonie die TV afgesit. Boonop het ek hule sonder seremonie die pad gewys.Ek kon dit nie verdra dat mense in haar altyd pynlike skoon woonstel,kom squat en mors nie.

Dit was ook die laaste sien van die spul. Die grondbeginsel is neergele. Niemand gaan my meisie uit haar woonstel kom kuier, en tevrede voel dat sy mar in haar kamer  moet bly nie. Ek het vere gevoel oor wat hulle moontlik daarvan kon dink of se. Party sal se ek was domastrant.

Monica was ook mal oor sokker. Sy het af en toe na die sokker gronde toe gegaan om te gaan kyk.Haar eks man was n sokker speler en sy het baie mense in die plaaslike sokker klub geken. Ek is n rugby man.Ek het self rugby gespeel en was n kanniedood Springbok ondersteuner.

Ditwas die jaar van die 1995 Rugby World Cup. Monica het stadig maar seker begin belangstel in rugby. Ek het baie moeite gedoen om har te leer van die reels en haar aangemoedig om games saam met my te kyk. Sy het toe nog by Standard Bank Hoofkantoor gewerk. Ons maatskappy het n losie gehad by Ellis Park(Coca Cola Park) en ek het dit so bewimpel dat ek haar baas kon uitnooi na die losie toe. Natuurlik het sy saamgegaan.

Ek het haar ook Ellis Park toe genooi vir n Bafana sokker game saam met een van my swart kliente en sy vrou. Monica was altyd opgewonde om Ellis Park toe te gaan. Met een van die voor wedstryde van die World Cup het ek haar en haar seun saamgevat. Zayne was disgusted toe Jomo Lomu hom nie eens raakgesien het, gedurende hul opwarrings sessie nie. Die arme kind het hom hees geskree. Later het James Smal sy Springbok pet geteken en hy was in die sewende hemel.

Ek is nie n lafaard nie maar bang is ek wel en ek was vir jou baie benoud toe ek kaartjies gekry het om n game by Loftus Versfeld te gaan kyk. Ek ken die manne van Pretoria, onthou ek was n joernalis daar. Ek ken ook die hardebaarde van Pretoria rugby. Sal nooit vergeet hoe n reuse Bloubul Buffel n klein outjie met n helmet op katswink geslaan het in die Palms Hotel nie. Hoekom ?, die  vent het dit durf aag om met sy helmet aan in SY bar te kom drink.

Ons het gegaan en my vrese is nie bewaarheid nie. Ons het die game geniet. Het wel n paar funny kyke gekry en party het ewe hard geskinder sodat ek dit moes hoor. Jy vat nie die skare by Loftus aan nie en ek het maar ander pad gekyk en Monica se hand styf vasgehou. Ek het seker gemaak sy bly naby my vir ingeval daar moeilikheid was.

Teem de tyd dat die Worldcup amptelik begin het was Monica n gesoute rugby aanhanger en sy was seker die grootste fan, van die Springbokke , wat ek ooit geken het.Jy kon haar niks van die world cup leer nie. Sy het alles gevolg. Die reels bestudeer, kommentaar gelewer by wedstryde en so af en toe die ref, geref met n paar smaaklike afrikaanse knope.”Het jy dit gesien!, hy was onkant daai blerry ref is blind!. My kleurling poppie het soos n wafferse Afrikaanse meisie gewys waar haar hart le en ek was uitbundig daaroor.

Ek het nie veel besittings gehad nie. Net n dubbel bed met linne en n handvol kook en eetgerei.Die soutie het sy eie meubels gehad en toe dit tyd word om te trek het ek my bed daar gelos aangesien Monica se woonstel ten volle gemeubileer was. Ek het dus net my klere en beddeegoed gaan haal en by haar ingetrek.

Monica se kookuns het my ook nie aangestaan nie. Sy kon allerande disse maak solank dit gecurry was. Ek was siek en sat van curry dit en cyrry dat. Een dag het ek Trade Centre toe gegaan en n hele stel kombuisware gekoop. Van gordyne tot n broodblik,broodbord,vullis drommetjie,houers vir koffie,tee en suiker en messe en vurke. Daar was net een teelepel in daai huis. Altyd gewonder hoekom teelepels voetjies kry, selfs huidig in my huis. Nou weet ek.

Terwyl Monica by die werk was het ek tyd afgevat en die hele kombuis ge-redecorate. Ek het n hele arsenaal speserye gekoop. Ek het haar geliefde curry houertjie in die ou bin gegooi en altwee in die skip gaan dump. Ek het begin kook. Sy het baie aande laat gewerk en ek moes haar by die werk gaan haal. Gewoontlik het sy ingestap en n lekker bord gekookte kos gekry,SONDER CURRY.

Die eerste naweek nadat ek ingetrek het, het lekker afgeloop. Ons het by die ou President Hotel in Johannesburg gaan dans en oggendure teruggekom. Om die babelaas te beveg het ek n reuse ontbyd aangeslaan. Haar broer het altyd  op n Saterdag kom hallo se, om kastig kar te was. Die waarheid was dat my groot ontbyt die grootste aantrekkingskrag was.

Die naweek het aangebreek dat ek Hilda-Marie moes gaan haal vir haar twee weeklikse besoek. Sy was net een keer vantevore by Monica se woonstel en ek het haar eers daar weggehou. Monica het die Vrydag na werk saamgery om haar te gaan haal. Hulle het toe in Randfontein gebly. Toe ons naby die huis kom en ek vir Monica se ons is naby het sy aangedring dat ek haar by n motorhawe aflaai. Sy was bang vir die “boere van Randfontein”. Ek wou haar nie onstel nie en het haar daar gelos en Hilda gaan haal.

Ek was myself benoud. Dit sou die eerste keer wees wat Hilda in Reiger Park oorslaap.dank die vader my dogter was goed opgevoed en was klaar pelle met Zayne. Sy het niks darvan gedink om daar oor te bly nie.Ek het natuurlik moeite gemaak om haar op haar gemak te stel. Saterdag het al die kinders van G Blok in die bakkie gelaai met n klomp krieket toerusting. Ons het hulle na n oop veld naby die sportgronde gevat.Dit was omhein met n goeie speelvlak.

Die kinders, Lollie (Hilda se troetelnaam)in kluis het betrokke geraak in n krieket wedstryd. Ek en Monx het biere en ciders uit ons cooler box gedrink onder n boom. Halftyd het ek n groot pak slapchips,viennas en masala gaan koop,met n paar liter koeldrank en twee brode. Daar was baie kinders sien, want ander maatjies het sommer net verskyn en aangesluit by die wedstryd.

Die Sondag het ons gaan braai by die wildtuin in die Hartebosrand natuurpark, naby Heidelberg. Ons het van die maaitjies saamgevat. Dit was heerlik en Lollie was hartseer toe dit tyd geword hetom op te pak. Ek sou nie weer daardie lang pad van Randfontein af terug alleen hoef aan te vat nie. Monica het elke keer samgegaan en slaafs by die motorhawe gewag as ek vir Lollie optel en aflaai.

Die roetine by die flat was vasgestel. Al my vrese oor die lokasie en sy gruwels het oorgewaai. Ek het die mense leer ken en selfs saam die ouens gesit en bier drink. Hulle het my speels gegroet,” "Kierieman Hus” en ek het terug geantwoord"Hus". Een nag het n bekende gangster drieuur in die oggend aan ons deur kom klop. Ek het deur die loergaaitjie geloer en vir hom gese ons slaap. Hy het aangedring en ek het die deur oopgemaak.

Die man het in n plas bloed gestaan, Hy het my vertel dat sy vrou hom gesteek het. Toe hy omdraai was ek verbaas om te sien die mes sit nog vas in sy rug. Ek het hom in die bakkie ingebondel en hospitaal toe gevat. Ek het daar gebly totdat hulle hom gestabiliseer het en op geneem het. Die gemeenskap het my begin aanvaar en niemand het ooit probeer om in my kar in te breek nie. Dit terwyl elke ander kar by ingebreek was.

Omdat ek n ganster vir n vriend gehad het, het ek gedink hulle los my uit omdat hulle bang was vir die bende. Ek sou enige ander ou ook gehelp het, dit was net soos ek is. Ek wou nie rerig weet van die gangster bedrywighede in Reiger Park nie. Amper elke naweek is jong mense begrawe wat geweldadig gesterf het weens bendes en drugs.

In die week was dit nog redelik stil in die aand as ons gaan slaap het. Naweke was dit anders en die oorverdowende lawaai het nooit opgehou nie. Ek kon nooit regtig daaraan gewoond raak nie. Ek het slaappille begind drink om te kon slaap. Dit het veral begin lol toe ek besluit het om verder te studeer.

Ek het deeltyds vir n kursus in padvervoer by RAU ingeskryf. Dit was n drie jaar Diploma Kursus en vir n jaar en n half het ek in Reiger Park gebly terwyl ek gewerk en gestudeer het. Ni n maklike sakie nie, veral nie met die lawaai oor naweke nie.

Ek het Monica omgepraat dat ons die komende Desember op vakansie moes gaan Kruger Wildtuin toe. Ek het elke jaar kliente soontoe geem vir n lang naweek se brasserny. Sy het ingestem en ek het boeke gekoop en ons het begin beplan. Ons moes n deposito betaal voor Junie en ek het dadelik begin spaar. Sy het voorgestel dat os minder groceries moet koop om te kan spaar.

Die roetine van hoenderlewertjies en whatever het begin. Week na week, maand na maand.Ons het opgeoffer want ons wou altwee bittergraag die kinders wegvat. Af en toe het ek rooivleis gekoop en gebraai net om die roetine van hoenderlewertjies te breek. Ek het aanhou kook en het n paar woderlike resepte ontdek om hoender binnegoed meer smaaklik te maak.

Elke tweede naweek het ek gesorg vir n treat vir almal as Lollie kom kuier het.Dit was tough maar lekker. Ek het self vir my studies betaal aangesien die werk my sou terugbetaal indien ek suksevol was.Ons was besig om n gesin te word en het soos alle gesinne ons “ups en downs” beleef. .(Jammer vir die kort onderbreking

Die vloekery in Reiger Park was een ding. Die taal,iets heeltelmal anders.Ek moes my meisie se woorde ontsyfer voordat ek dit kon verstaan. Towel(handdoek),pomp(kraan),vry(flirt),cretch(voorskool) en n horde ander “Afrikaanse" woorde wat my heeltemal deurmekaar gemaak het.”Ek het gesien hoe vry sy hom, dis waar, sy was besig om die pomp oop te draai”, Huh?, vir my geklink soos n heel onsedelike, inteendeel pornografiese voorvalletjie. Ek het uitgevind dat Monika as kind gedink het boere kan nie “A” nie. Klaarblyklik was witmense te ordentlik om die toilet te gebruik.

Dit is sommer nonsens, die ou storietjie, wat ek tot vervelens moes hoor toe ek jonk was dat wit mans nooit weer by n wit vrou sou slaap as hy eers een keer met n swart vrou seks gehad het nie.”Once you have eaten black, you wont go back.” Dit is n mite dat alle swart vrouens geeen inhibisies het nie. Inteendeel is die meeste meer konservatief in hul uitkyk in die lewe.

Die grootste probleem in die kleurling Kasie was drank,drugs en bendes. Die inwoners het n ewige stryd gehad om hulle kinders te beskerm.Die polisie was mermale deel van die probleem as om te probeer om dit te beveg.

Die mense het groot harte gehad. Ja hulle het stilgebly oor crime. Intimidasie en n geweldadige dood was jou voorland as jy durf ‘spy”. In n plek waar die meeste mense nie werk het nie en op die koop toe vir “uitgebreide” families moes sorg, het almal geweet wat dit is om te deel.

As een eet moes almal naby hulle ook eet. As een rook is die sigaret rondgestuur sodat ander ook kon rook.Jy kon nog op “tick”(skuld) koop. “Skryf dit maar op oom Sleps” en oom Sleps het dit maar opgeskryf. Jy kon n bier gaan “bala”(bedel) by die “Tavern”(shebeen) en betaal wanneer jy geld het. Werkende vroue het op betaaldag geweet, die “jongetjie” wag al van vroegoggend voor haar werk in afwagting vir sy “onderhoudgeld”.

Die mense het swaar gekry maar hulle was vrygewig. Die meeste was eerlike christene,wat elke Sondag,soms ver geloop het in die gevaarlike strate om kerk toe te gaan. Kerk was sommer in enige gebou wat beskikbaar was op n Sondag. Daar was wel kerkgeboue, maar baie mense het kerk gehou in klaskamers en huise.

Alhoewel daar swart mense was wat in die Kasie gebly het, was daar natuurlike,segregasie. Swart mense het hulle een kant gevestig en kleurling mense het hulle eie gebied gehad. Ek onthou n plakkershutjie met die naam “Molo Fish” wat oornog in die oop gebied oorkat die Flats ogegaan het. “Molo Fish” het so vinnig verdwyn, soos hy verskyn het. Die mense het hul eie beskerm. Dit was moeilik genoeg om blyplek in Reiger Park te kry. Squaters is moeilik geduld. Dit was n kwessie van skaars hulpbronne eerder as rassisme wat mense laat veg het vir hulle regte.

Gedurende die tyd wat ek daar gebly het was daar protesoptogte en is die munisipale gebou afgerand.Die “Boere” was gehaat oor die wrede onderdrukking van Apartheid. Kleurlinge wat eers nie wit genoeg was nie is vandag nie swart genoeg nie.

My vrou se verhale van haar jeug het my laat ween oor die onregverdigheid van Apartheid. Sy het twee broers en sewe susters gehad. Haar pa is oorlede toe sy klein was. Hulle identiteisboekies het die onregverdigheid van Apartheid beter geilustreer as enige ander ding. Al was hulle kinders van een ma en een Pa was daar. “Cape Coloured”, “Other Coloured” en “Black” in hulle lewens “ingebrand” deur die owerhede.

In sommige families is “wit” kinders weggeruk van hulle families en in kinderhuise geprop.Hulle het n harde lewe gehad. Hulle Ma, verdien n “Honorus Crux” vir dapperheid. Sy het al tien kinders grootgemaak en deur die skool gesit. Almal is vandag suksesvolle lede van die gemeenskap(twee oorlede).

En hier bly ek, Boer, in die gemeenskap en word aanvaar deur almal. Die “swart gevaar” is net n gevaar as jy n “wit gevaar” is. Die mense is warm en hulle het n fantastiese humorsin. Hulle is voorwaar die Sout van die aarde.”

Ek het baie gedrink daardie dae. Ek en Monica het nerens gegaan sonder n “Cooler Box”, met ons drankies nie. Vandag skaam ek my oor my wangedrag en brasserny. Dank die Vader dat hy my gered het.Die feit is ek was “geduld” meer as ervaar aangesien my optrede menigmaal onverskoonbaar was.

Ek moes een keer vir Monica en die kinders in die bakkie laai en vlug. Dit was drieuur in die oggend  gedurende n naweek. Ek het vir n onverklaarbare rede wakkergeskrik en by die venster uitgekyk. Ek kon die lawaai van n onstookde massa mense in die verte hoor. Daar was brandende bande in die pad en die Skips” was omgegooi en aan die brand. Ek het geweet daar was moeilikheid. Die vorige aand is ons wakker gemaak deur n harde geklop aan die deur. Dit was n bekende Gangster met die naam “Honne” wat die “Boer” kom soek het om saam te gaan “March”. Monika het mooi gepraat en genadiglike het hy in die nag verdwyn. Lollie was die naweek by ons. Ek het net betyds padgegee en na Monika se tweelingsuster se huis gegaan,waar os die res van die naweek oorgebly het.

Die Mob het die polisie stasie en munisipale geboue uitgebrand daardie aand. Die woede van jare lange onderdrukking het breekpunt bereik.

Ons het  die res van die week by Monika se suster gebly. Met ons terugkeer was alles weer”normaal”. Die lewe het aangegaan agter die Mynhoop, soos hy altyd aangegaan vir mense wat tweekeer deur n regering verstoot is.

Ek dwaal af, ons praat oor die Boer in die Kasie, nie oor die Geskiedenis van die Kleurlingbevolking aan die Oos Rand nie. Daarvoor sal ons n hele paar boeke moet skryf, nie net n kort storietjie nie.Net as illustrasie van die lewe wat die mense moet verduur sal ek n bietjie uitbrei oor n spesifieke insident.

Een oggend,eerder laatnag lui Monika se foon. “Ons moet gaan, Shane is doodgesteek.,” is al wat sy gese het. Ons het na haar suster se huis gegaan in “Excuse Me”, n gedeelte van Reiger Park. Reiger Park het sy eie “Voorstede” elk met n unieke en pittige naam. Daar aangekom, was daar reeds n klomp familielede.

Ek het koffiewater opgesit,dit was koud en dit was al wat ek kon vind om my besig te hou. Daar was n bedrukte stilte, mense het sagweg-onderling gepraat en sommige het gehuil. Twee jong seuns se oopgesperde oe ,in hul bevreesde gesigte het die situasie beter beskryf. Stadig maar seker het die storie ontplooi. Shane was een van die “Cousins” se “Jongettjie” en hy is die vorige nag wreedaardig vermoor n paar blokke weg van waar ons vergader het.

Hy het niks verkeerd gedoen nie. Hy was op die verkeerde plek op die verkeerde tyd. Gangsters, op die uitkyk vir “honde” het hom raakgesien en goedsmoeds aangeval. Hy is verskei kere met messe in die rug gesteek. Hy het probeer terugveg, maar kon nie, hulle was te veel en te wreedaardig. Hy was oppad na sy meisie toe en het kortpad gevat naby bekende bendelede se “Turf”, dit het hom sy lewe gekos. .(Jammer vir die kort onderbreking<

Dit was een van die redes, hoekom ek die eerste keer Utrecht toe is. Monica(k) let op ek skryf dit soms met n C soms met n K. Sy is so spesiaal vir my dat ek albei kante van haar altyd raak sien. Sommer net Monx of “My African Queen” , gebruik ek deesdae meer en meer.
Utrecht is n klein dorpie in die Natalse Middelande, naby New Castle, in Kwa Zulu Natal. Die dorpie het nie een verkeerslig nie. Dit het darem n Spar. Geen Malls nie. Geen flieks nie, niks.Dit is wat die plek so aantreklik maak vir my. Boonop loop wilde diere “los” in die dorp. “Utrecht, A Town in a Game Park”, vertel die storie beter. Dit is ongeveer drie en n halwe uur se ry van Johannesburg af. Omring deur die Ballela Bergreeks .

Monica. Al haar broers en susters, was op Utrecht gebore. Haar Pa het vir sy gesin n huis gebou tussen die “Boere” in die Blanke gedeelte van die dorp. Daar is ook n “White City” waar die meeste anderskleuriges bly. Die huis is stewig maar oud en vir die baie jare wat my Skoonma sonder n man moes aansukkel het sy dit besonders netjies in stand gehou.
Net een klein probleempie. Hoewel dit n drieslaapkamer huis is, is dit veels te klein vir hulle grooooot familie. Die huis is gebou op n reusagtige groot erf.”Ou Meenterf” soos wat dit genoem was toe die huis gebou is. Later het haar kinders vir haar n pragtige siersteen huis op dieselfde erf gebou.

Met die dat Shane in Utrecht begrawe sou word. Hy as ook n boorling van Utrecht en die ou en die nuwe begraafplase is stille getuie van die Slava’s van Utrecht, wat vir langer as n eeu al in die dorp woon.Was dit vir jou n ondervinding om Utrecht toe gegaan. Ek het eers vir Lollie in Randfontein loop haal. Toe n hele spul ander mense in Reiger Parl opgetel. Onthou ek het n Volkswagen caddy gery, met n canopy. Die bakkie was oorlopens toe vol.
Met os aankoms in Utrecht was die begrafnisreelings in volle swang. Skape moes geslag word en n tent opgeslaan word by Shane se ouers se huis. Almal het ingespring om te help, soos altyd. Ek en Monica het n Chalet in die “Country Club” gehuur, aangesien daar doodeenvoudig net te veel mense was vir Skoonma se huis.

Die strate in Utrecht was propvol GP karre. Blinkes, party met afslaan kappe. Jy kon nie n gaatjie in Utrecht kry vir blyplek nie. Al die gastehuise, al die familie huise en die hele “Country Club” was tot oorlopens toe, vol.

Die besigheidsmanne in Utrecht was voorbereid. Hulle het goed geweet, die kasregisters gaan luidig sing as die masiewe Slava familie “hulle” dorp betrek.

Ek oordryf nie. Ek het gou-gou besef, hier sal ek moet versigtig wees. Elke besigheid, die motorhawe,die slaghuis,die drankwinkel,die apteek,die munisipale kantoor,banke en Poskantoor was beman deur of n famielilid,of friend van die familie. N ou sou in sy pasoppens moet wees aangesien amper elke person van die”ander geslag” was verwant aan die Slava Familie.

Ek was verlief, op my nuwe meisie en verlief op haar geboortedorp. Soveel so dat ons nou die trotse eienaars is van ons eie huis in Utrecht. In n kort doodloopstraat reg lags die Sandspruit. Ek het op die koop toe drie aanliggende erwe gekoop, 4500 vierkante meter in totaal.

Die storie van die huiskoop moet ek vertel. Ek en Monks was by haar ma se huis. Ek het op die agtertrap op diehoutbankie gesit en bier drink saam met ouma Jane. Monika was ook al n paar Hunters voor. Oorkant die pad van haar Ma se huis. Was n Huis te koop. daar was kennisgewingborde en n swart ou het onder n sambreel voor die perseel gesit. Monika,Chatjie(voorbarig) soos  altyd het besluit om die huis te "besigtig". Ek het gemor "jy is mal ons het nie geld nie."

Het toe maar later oorgestap net om "damage control" te doen want ek het geweet Monika doen soos sy wil en niemand gaan haar anders vertel nie. Het die swart ou gevra hoeveel die huis kos "R250 000 "was sy antwoord" ek het verontwaardig gesnork en gese ek koop nie eens n huis vir Daai prys in Johannesburg nie.

Later kom n wit vrou met n kar by Skoonma se huis aan en soek die mense wat wil huis koop. MONIKA het ek gesug en maar saam met die vrou en my vrou weggery om huise te kyk. daar was n skema aan die gang en die Myn het huise verkoop. Die Myn was toegemaak en die meeste  mense het Witbank toe verhuis. Die terme was bilik, net 7% interest vasgestel vir tien jaar.
Sy het ons vier huise gewys en die lasste een langs die rivier het ek aanloklik gevind,seker omdat die bier teen die tyd goe getrek het.

Die vrou het my gevra wat ek bereid was om te spandeer. Nie meer as R50 000 nie het ek geantwoord. Sien my baas wou vir my n nuwe maatskappy motor koop en ek het gereken ek sou hom ompraat om liewer die huis te koop en ek sou my Caddy hou. Sy wou R110  00 vir die huis vra. Uiteindelik het ons tot ooreenkoms gekom op R70 000. Dit is verniet vir n drieslaapkamer huis met n woonstel op n 1200 vierkante meter groot erf langs die rivier in n doodloopstraat.

Nietemin. daardie aand voor ons gaan slaap, het ek vir n ewe dronk Monika gese."Besef jy ons het n huis gekoop." sy het net gelag en omgedraai en geslaap. Die maandag is ons Prokureur toe, steeds n bietjie aangeklam en hy het ons vrbaas aangekyk en selfs verseker dat ons kon ontrek na sewe dae as ons nie seker was nie. Wat Wou, daai huis is steeds ons eiendom en intussen het ons drie omringede erwe bygekoop.

terug by die begrafnis, moes net eers die storie deel wat lank na die begrafnis plaasgevind het.
Dit was ook vir my n vuurdoop. Ek het dinge begin ervaar wat ek nooit ooit in my lewe ervaar het nie.Die rituele van n begrafnis. Eers n week lange huisdiens, elke aand voor die begrafnis.Een in Johannesburg en een in Utrecht. Dan die slagtery, ek het gespot”die skape in Utrecht wil n hartaanval kry as hulle n GP kar sien want hulle weet hulle nekkies gaan waai.”

Ek steek nie die feit weg date ek n bannelose dronkaard was nie. My”Cooler Box” was altyd vol en altyd in my Bakkie. Ek probeer ook nie wegpraat dat baie mense my n irriterende onbeskofde buffel bevind het nie. Nog minder probeer ek wegsteek dat elke rok draer in haar pasoppens was vir die “Jagse Boer” nie. Dit het n paar jaar gevat voordat die lewe hard genoeg geklap het, dat ek begin luister het. Lees elders op my Blog.

Dank die Vader dit is nie meer so nie. Dank die Vader dat my wonderlike vrou nog steeds by my is. Menige ander vrou sou die hasepad gekies het. Dank die Vader vir my wyse Skoonma en haar sterk invloed op haar kinders. Ek het groot respek vir haar en is so lief(vensters weier die word) vir haar soos vir my eie Ma (afgesterf).

Skoonma was n bietjie geiriteerd met die baie mense in haar erf. “My hele blerrie jaart is Swart” het sy luidrugtig gekla toe haar dogters met hulle mans,”jongettjies”,aanhangers en vriende op haar huis toesak en onmiddelik begin braai en party. Om nie te praat van n swetterjoel kleinkinders,agterkleinkinders en die se maatjies nie.

Gelukkig was dit rustiger by die Coutry Club en kon ek en Monika darem tyd met mekaar en ons kinders spandeer. Elders was dit n saak van onmoontlikheid. Daar was net te veel mense. Utrecht se dorp is nes meeste ander Suid Afrikaanse dorpe, oorwegend blank. Waneer die Slava’s bymekaar kom was dit n heel ander storie.

Die begrafnisstoet was meer as n myl lank,ernstig, en dit het gelyk asof die hele Johannesburg op die dorpie toegesak het. Ek het baie te se gehad oor die vermorsing van geld. Almal moes kos kry, almal moes blyplek kry en die drank het in die dorp gevloei soos water.

Ek was nie gewoond daarvoor nie. Dit was vir my n openbaring. Min wetende dat ek op n later geleentheid, deur die “ou Mense”, saamgesleep is, om n man wat ek skaars geken het, se lyk te gaan was nie. Ek was geskok, Ek was n geharde joernalis in my lewe en het meer lyke gesien as wat goed was vir my.Die dood in al sy ongenaakbare wreedheid het baie deur my kamera lens letsels in my gemoed nagelaat. Eers later, baie later het die besef tot my deurgedring.

Ek is AANVAAR en dit is n groot eer om so intiem met n familie te verkeer dat hulle jou vertrou om n geliefde n laaste eerbetoon te gun, deur hulle liefderik te was,skeer en aan te trek.

N Mens raak ouer en wiser, dank die Vader daarvoor.Vandat ek met Monks begin uitgaan het,het die lewe my vele lesse geleer.Ek was bevoorreg om deel te wees van n uitgebreide familie. N familie waar kleur nie bestaan het nie. N familie wat bymekaar gestaan het deur duk en dun. Ek huil selfs vandag nog saggies in my kamer omdat my eie broer en susters nie so naby aan my is nie. Omdat ek nie die intieme verhouding met hulle het, wat ek met Monx se familie het nie Ek het nie die WIT RAS geskei toe ek met n Kleurling vrou in die bed geklim het nie, wil ek somtyds uitskree.

My waardes is steeds dieselfde. My agtergrond is gevestig. Ek eer my Vader en Moeder en is lief, vir my boetie en my susssies en my tannies en ooms en my neefs en niggies en hulle kinders en hulle kleinkinders. VERDOMP ek het NIE, SWART GEWORD nie.!My van is OLWAGEN soos julle sn. Die bloed in my are is dieselfde bloed wat in JULLE are vloei. Ek dien steeds dieselfde GOD.

Deur my kleurling meisie is ek nou nog nader as ooit aaan HOM. Ek bloei. Verdomp ek bloei omdat julle my verstoot oor my keuse.
Ek het verander, net ten geode. Ek het wiser geword ek het geleer wat die lewe is. Ek het geleer wat my “medemens” beteken. Ek was nie bang om in die “Lions Den”in te gaan om my self te ontdek nie.En niks wat julle se of doen gaan my verander nie. Ek gaan nie terugdraai nie, vir geen geld in die wereld nie. Ek het ware liefde gevind,iets wat julle net voor kan bid. “Doulos is Vry!”

Nou kan ek verstaan wat Mandela se in sy boeke en hoekom hy wereldwyd gerespekteer word. Nou kan ek empatie ervaar met my medemens en daarom kan ek nou my God se liefde vir die mens verstaan.
Die naweek in Utrecht het te vinnig verbygegaan en ons is terug Johannesburg toe. Terug na ons nessie in die Kasie, waar osn saam kon wees sonder vrees. Waar on sons toekoms saam kon beplan. Waar ek die moed gekry het om vir Monica te vra om my vrou te word. .(Jammer vir die kort onderbreking

Ek was verlief soos n skoolseun. In fact my maatjies op my Facebook Page sal nie heeltemal saamstem nie. Ek was n skaam skoolseun. Nooit aan n meisie se hand gevat of een gesoen voordat ek nie op Balfour beland het, nadet ek gepos is soontoe nie. My sonde, wie weet ek is nooit die waarheid vertel nie. Ek was n rebel en n probleem en die maklikste manier om van my ontslae te raak was om my weg te stuur.

Well it is “history” soos hulle se. Ek het lekker in die Kasie aangepas. Selfs by die berugte Tavern “One must die” gedrink. Moes seker mal gewees het. Dit was n uithangplek vir gangsters., en die bynaam was gepas. Menige jong mens het gestref terwyl hulle, “One must die” besoek het. My swaar het die plek besit,”May God rest his Soul”, seker daarom dat ek net een keer van my wallet beroof is en nie doodgemaak is nie.

Kan ook wees omdat die Slavas bekend was in die Kasie. Ouer mense kon “Die Tigers” onthou en het geweet mens lol nie met die Slavas nie. Dit is n lang storie wat ek nie hier gaan herhaal nie.

Ek praat immers oor my en my nuwe liefde. Ons is in Boksburg landroshof getrou. Net ek en Monica ondersteun deur n “Cousin” en haar nuwe “Jongetjie”. Ek het niemand vertel nie. Nie eens my eie familie nie en het Monica die dood voor oe gestel as sy sou vertel.

Ons het klaar n ring gekoop. Ek het swaar gebuk gegaan onder ou skuld uit my vorige huwelik maar ek het hard gewerk en gespaar. My kredietkaart was uiteindelik afbetaal en ek kon die ring bekostig. Ons was soos alle verliefdes opgewonde soos klein kindertjies in n lekkergoed winkel.

Die wereld was ons speelplek, alles was moontlik en ons het nie n duit omgegee wat ander dink of se nie. Ons was dolgelukkig. Na die troue het ons geparty. Dit was n lang naweek en net ons vier het gedrink en gelag en gespeel tot ons omval. Dan het ons oor begin en gelag en gedans en gedrink en gespeel.

Niks fanfare nie. Net ons in ons nessie saam met twee van ons vriende. Mnr en mevrou Olwagen en hulle maters.Ek en Monks spot altyd met vriende wat bietjie stywerig voel in ons geselskap. Monica sal iets simple kwytraak en ek sal se”Sien jy wat gebeur as n man van n meid n miesies maak.” Ons sal begin giggle en ons vriende sal ontdooi.Monica is net so vinnig om vir die mense by die werk te se, “ Moenie met my sukkel nie,jy weet ek is met n baas getroud.”

Die rasse verskille van mense staan ons nie aan nie. Daarom lag ons liewer saam met hulle daaroor. Ons kan nie die geskiedenis verander nie. Ons kan slegs probeer om die toekoms beter te maak en dit doen ons altwee sonder skroom.

Die familie het deur die grapevine gehoor ons is getroud. Mevr Olwagen het natuurlik met hand teen die ken seker gemaak almal sien haar ring. Sy het niks gese nie en niemand vertel nie en net uitbundig gelag en haar ring vinger onder hulle neuse gedruk. Die suster wat ons aanmekaar voorgestel het, het vir land en sand ingelig”Ek het gese TOU hom (menende sy moet my geld vreet) en toe TROU sy hom.

Ek was toe op my derde firmamotor, die Caddy iets van die verlede en is een dag gebel en gese om by een van haar susters se huis te wees teen n spesifieke tyd. Ek moes my ordentlik aantrek. Het nooit n suite gedra nie, nie eens kerk toe nie. Daardie dag het ek my suit gedra. Ek is die dood voor die oe gestel as ek nie ariveer nie en ek is ingelig ek moet aleen kom.
Ek het buite haar broer se huis in my kar gesit en wag. Met my “pakkie Suit” aan en het gerook soos n skoorsteen. Gelukkig het ek my “cooler Box” in die boot gehad. Ek het n bottle whiskey gekoop voordat ek soontoe is en ek was vir jou behoorlik benoud. Die whiskey het gehelp om my n bietjie te kalmeer. Ek het maar versigtig gesit en “sip.sip” want ek wou nie dronk word nie aangesien ek nie geweet het wat wag nie.

Uiteindelik het een van die familie in n motor aangekom en gese ek moes hulle volg. Die magic van die Slavas se liefde aan mekaar het om my losgebars. Haar susters en “Cousins” en vriende het in die geheim n amptekike troue gereel. Skoonma is in Utrecht laat haal. N Dominee is gereel, n trou koek bestel en gaste uitgenooi. Sonder dat ons gese is en sonder dat ons n sent bygedra het.

Die trane loop nou terwyl ek tik. Loop omdat ek besef wat dit beteken om leif gehe te word sonder dat jy dit werklik verdien, Ek was oorstelp en te danke aan die whiskey het ek nie my emosies gewys nie. Monica het gearriveer en is op tradisionelle manier begelei deur die vrouens wat voor haar gevee en gejil het."Vulindlela...."

Ek was verbaas, verstom en het nie woorde gehad nie. My groot bek was stil, tjoepstil en ek was dankbaar. Ek was diep dankbaar en ek het besef wat ek die meeste van my lewe so gemis het. My malle jaagtog agter vroumense aan was net n soeke na liefde. Dit had niks met seks uit te waaie nie vir my was dit eenvoudig n behoefte aan liefde. Nou word liefde op my uitgestort deur mense wat ek nie regtig ken nie.

Ons is ammtelik getrou. Behoorlik, met n Pastoor en al en ons het geparty en ons was bly. Ons het gedans en gelag en selfs n bietjie getoi;toi. Ai ek het so gewens my mense kon daar wees. So gewens my ma kon daar wees om haar skoondogter te ontvang. So gewens my pa was die Dominee wat ons getrou het. En ek het gewens my broer was my Best man en ek het gewens my sussies was bride’s maids.

Helaas dit was nie moontlik nie.My lewe was my eie, ek was meestal op my eie aangewese. Ek het bittermin op die familie staatgemaak. Altyd probeer om my eie ding te doen.. Ek is nie toegelaat om te gaan studeer nie. Ek en Chappie, n ou skoolvriend het saam RAU toe gegaan om toelatingseksamens te skryf. Ons is beide aan vaar. Hy vir n LLB en ek vir n Wetenskaplike grad. Hy het gaan studeer. Ek nie, my stiefpa het geweier om my te ondersteun al het ek met volle vrystelling my matriek geslaag, al het RAU my aanvaar.Al het hy belowe hysou vir my n SAP beurs kry,waarop hy geregtig was,Al was my koshuiskamer geboek in "Oppi Rif"

Nou is ek getroud met my African Queen en ek bly in die Kasie en ek studeer by RAU. Dit maak nie saak dat ek al vir die tweede keer getroud is nie(die eerste keer vir nege jaar). Dit maak nie saak dat ek n wilde en woeste lewe gelei het nie. Niks maak saak nie ek en die liefde van my lewe gaan terug na ons nessie toe. Sy met n ring aan haar vinger, MY ring aan HAAR vinger.’Like two sparrows in a hurricane finding their way...”. Verstaan jy nou wat ek jou probeer se Chappie? Sien die woorde vir die song elders op my blog."

World Cup 1995

Wie sal dit ooit vergeet. Nelson Mandela lig die trofee bokant sy kop en Suid Afrika raak mal. Ons het in G10 gesit en kyk. Monica was so opgewonde soos n skoolmeise voor die prom. Ek het die nuwe landsvlag teen die paal van die stoep vasgemaak. Ons het gedink ons is die enigste mense in Reiger Park wat rugby kyk.

Daardie laaste minute was hel. Die spanning was voelbaar. Ek het die vleis aan die binnekant van my mond weggekou. En toe nog ekstra tyd, dit was pure marteling Monks het my hand styf vasgehou jy kon sweer ons gaan n oorlog wen of iets. En toe Stransky se skop. Alle hel het losgebars in Reiger Park.

Zayne het met sy maer beentjie die trappies af gevlieg en buite rongehardloop soos n mal haas. Met n krill stemmetjie het hy gejill”Ons het gewen, ons het gewen”

Monica het n paar biere en ciders gegryp en is die trappies af agter Zayne aan. Ons het die kinders van die Flats toegelaat om die bakkie te oorlaai. Ons het deur die strate gevleg, getoeter en gegil. Die hele Reiger Park was in die straat.

Die ma van alle parties het begin. Drank het gevloei en mense wat nie eens geweet het n rugby bal is nie rond nie het skielik luidkeels aangekondig. Ons is World Champs. Ek het vleis gebraai en baie kaste bier en ciders gekoop. Ons kon nie omgee of daar geld was of nie. Ons het self van die vakansiegeld geraid. Dit was mal en dit was lekker vir die Boer in die Kasie.

Ons het almal ons Springbok rugbytruie gedra. Vir weke was elke geleentheid moontlik gebruik om dit te dra. Monx het die Maandag met hare aan werk toe gegaan. Sy en haar vriendinne het vir kilometres agter die Bokke se dubbeldekker bus aangehardloop en sy het geskree “Francois,Francois”, in die hoop dat haar held haar sou raaksien.

My vrou is nou n bloubloed Springbok Rugby Ondersteuner en selfs gedreig dat ons vanjaat Nieu Zeeland toe sal gaan om te gaan kyk. Dit is net toevallig dat my naam ook Francois is, meeste mense noem my kortweg Frans.
.(Jammer vir die kort onderbreking


Daar was ander naweke in Utrecht en twee wat my altyd sal by bly sal ek kortliks deel.Ons slaap in Ma se huis. In die kamer reg oorkant ma se kamer. Daar is n dubbelbed, wat beter dae geken het. Ek is lus vir kafoefel maar durf dit nie waag om die Antie dalkies wakker te maak nie. Besluit toe maar om te slaap. Wat wou die blerrie staanhorlosie in die gang Tic,tock,tick,tock aanmekaar soos lekkende dak in die Monsoon reentyd. Tick,tock..tick ,tock, en dan dong,dong,dong vir hoeveelkeer ek tel, tien keer dit is tienuur. Hoe de hel dink die mense n mens moet slaap met die blerrie lawaai. Ek staan op en saboteer die klok so effentjies en genadelik stop die tick,tok,tik summier.

Ek skuif nader aan vroutjie se lekker warm boude. Miskien slaap die ou tannie vas genoeg om nie te hoor dat haar kind die boer so bietjie bruin brood gee nie. Bruin brood is baie gesonder as wit brood,broer veral as dit so effens getoast is. Boing! Ek moer amper van die bed af soos ek skrik, n skerp pyn in my rug, dink dadelik aan die gangster met die mes in sy rug voor my deur drieuur in die nag. Ek skrik behoorlik my piepie pap en alle gedagtes aan bruin brood eet verdwyn soos mis voor die son. Die blerrie bed se spring het gebreek en steek my in die rug. Ek sweer ek het nie geroer nie, nie eers my boude geroer nie, net nader gele ,naby aan die object van my passie. Boing, eina demmit wie kand dan nou slaap.

Ek staan voel,voel in die donker op. Dit is tjoepstil net skoonma se rustige snork versteur die nag se stilte. Die staan horlosie se tjank is afgetrap en maak nie n geluid nie. Dit is vrek koud en ek gaan kombuis toe.Ek gaan vuur maak. Dit is vieruur in die oggend en ek krap in die agtererf rond vir hout en takkies. Ek het die vorige dag n bakkievrag steenkool by die myn loop haal. Ek vat die kole emmer en gly in hoender ports en land op my wit stert in die Bruin antie se agterplaas. Ek light n sigaret, stof die wit agterent af,net om n hand vol hoendermis voor my gesig te hou en amper te “jackpot”(te vomeer).

Ek sukkel my wit gat af om my bruin skoonma se vuur in haar swart kolestoof te maak. Daar is hoendermis op my ken, kon nie my hande reg was in die donker nie. Steek die vuur aan en die blerrie ding rook soos n stoomtrein. Maak die bodeur oop om van die rook te probeer ontslae raak. Rook liewer n Chesterfield en hoes amper my longe uit van die kombinasie. Die Son is besig om sy kop uit te steek agter die berg. “Demmit dit is dag” en ek het nog niks geslaap nie.

Krap rond in die kar en kry n court Castle. Byt hom sommer oop en sluk my “brekfis” gulsig. Ek is behoorlik gatvol en gatvuil van hoendermis. Ma se reisieshoenders. Die goed is lank en maer, met lang bene en hardloop die hele erf vol en beskeit alles. Ek sweer daar en dan ek gaan vir haar n ordentlike hoenerhok bou en dit stock met ordentlike hoenders. Lekker groot vettes wat in hulle kampie bly en nie die agtestoep bekak, sodat ek my wit gat afval nie.

Het dit ook gedoen later. Die opregte hoenders, wat ek by Irene ten duurste aangekoop het, het te veel gevreet en te veel eiers gele. Skoonma het hulle gelos om in te teel of iets en vandag is daar net blerrie maer reisishoenders in my hok wat ek gebou het. Met twee water krane/pompe en n kragpunt en alles.

Die tweede keer wat ek onthou, het ek n chalet geboek in die Balella konsevasie bo op die berg. Die plaas het drie forrel damme gehad met twee chalets. Ek en Monica het gereeld op die berg rondgery en die natuurskoon bewonder. Die plek is werklik asemrowend mooi. Daar is woude en watervalle en nie n mens in sig nie. Ek het my voorgeneem ek sal liewer elke keer vir n blyplek betaal voor n vervloekte bedspring weer my wit gat poke in my bruin skoonma se huis met die swart kolestoof en die reisieshoenders wat die hele erf beskeit.
Die Chalet waarin ons gebly het.

Ek en Monx hetdie naweek terdee geniet. Ek kon bruin brood eet na hartelus, todat ek versadig was, asof dit ooit sou gebeur. Ons het n heerlike kaggel vuur gemaak en brekfis bestel by die plaashuis. Dit was heerlike en ontspanne, regtig die moeite werd, al het my Skoonma gemor.”Julle kom kastig vir my kuier en al wat julle doen is om ir mekaar te kuier.” Sorry skoonma het ek gedink, jy het die lekker bruin broodjie in die oond gesit, wat my so honger maak en nou blameer jy my omdat ek dit wil eet. Ag nou ja n man kan darem nie sulke dinge met sy Skoonma bespreek nie en jy bly maar liewer stil. Voor ons vertrek gee ek die staanklok n klap en skop die bed met die stukkende spring. Ek is baie geknog aan my skoonma, maar weer daar slaap, nimmer as te nooit.

Die jaar snel verby. Snaaks hoe n mens nie oplet na die tyd as jy gelukkig is nie. Ek studeer sukkel sukkel maar byt vas. Eksamentyd is om die draai. Dit is September, die mooiste mooiste maand, maar die Kasie is nie mooi nie. Alles is geel van die stof van die mynhoop en die Augustes maand se winde waai steeds woes. Ek moet studeer en die lawaai in die Kasie maak my mal.

Daar is n ou wat elke oggend drieuur reg onder ons venster kom ref. Ek spring op en vloek hom dat die see hom nie kan afwas nie. Monica sleep my elke keer terug bed toe. Sy is bekommerd want die mense in die Kasie vat dit nie ligtelik as iemand hulle vloek nie, veral nie n Boer nie. Ek moet maar berus. Die vent maak elke oggend dieselfde tyd n draai om te kom ref.

Eem aand is dit stil.Ek sit in die voorhuis en studeer. Ek hoor n vroue stem gil. “Nee moenie gaan nie, hy het n gun”. Ek het opgestaan en deur die sitkamer venster gekyk, net om te sien hoe n ou ewe rustig stap tot voor die trappe van een van die Flats reg oorkant ons. Ek kon nie hoor wat gese word nie, net dat n deur op die tweede vloer oopgegaan het en iemand uitgestap het. Die knal van die skoot was oorverdowerend. Die gille van die onstelde meise was nog skriller.

Die man wat uit die woonstel gekom het le dood voor die trappe. Die ou met die gun draal rustig weg. Hy is glad nie haastig nie en gewapen. Niemand gaan hom jaag nie. Die lyk het die heel dag daar gele, die volgende dag toegegooi met n kombers. Die lykswa het eers laatmiddag gekom om die lyk te verwyder. Mense het in groepies gestaan en na die figuur onder die kombers gestaar. Niemand het gesien wat gebeur het nie. Die wat gesien het wat gebeur, ek inkluis is nooit daaroor uitgevra nie.

Dit was maar net nogn jong lewe wat geweldadig tot n einde gekom het in die Kasie. Die polisie het nooit iets daaromtrent gedoen nie. Almal het geweet dit is net tydmors om n saak te gaan maak en sodoende jou en jou familie se lewens in gevaar te stel. Daarom bly mense liewer stil in die Kasie, dit is n saak van oorlewing.

Die studies het moeilik gegaan. Ek moes werk in die dag en moes projekte inhandig om te kwalifiseer vir die eksamens. Ek het deur gedruk en eksamentyd het aangebreek. Ek het by RAU se kantien gesit en bier drink na die eksamen en my hart was seer. Ek moes bly gewees het, want ek het gevoel dat ek sou slaag. My kollegas en maats wat saam my geskryf het was uitbundig. Verlig dat die eerste jaar se eksamens agter die rug was. Ek het om my rondgekyk na die kampuslewe wat ek nooitkon smaak nie. My kamer in ‘Oppie Rife” het n ander jong man gehuisves toe ek daar moes intrek.

Ek het my voorgeneem om te volhard en my Diploma te kry, al kos dit wat. Ek sou opmaak vir die tyd wat ek verloor het. Twee lange jare van Hel in die Army en al die teleurstellings en hartseer wat die lewe vir my opgedis het,is wat my besig gehou het toe my skoolmaats gesturdeer het.

Na die weermag het ek een keer vir Chappie gaan kuier. Dit het gesnneeu in Johannesburg daardie jaar. Die kampus se gronde was soos n fee verhaal gedek in sagte wit sneeu. Studente het alles wat hulle in die hande kon kry gebruik om te ski. Ek weet Chappie het nie verstaan hoekom ek sommer net verdwyn het nie.

Monica het my vertel van Swart studente wat in toilette geslaap het net om te kon studeer.Ek het skuldig gevoel omdat ek dit nie ook gedoen het nie. Die weermag het geroep en jy kon nie nee se nie. Jy had geen keuse nie, dit was jou “plig” en dit was wetlik afdwingbaar. Ek het nie teegeskop nie. Nie die krag daarvoor gehad nie. Ek het dit so bewimpel dat ek in Pretoria in die Weermag hoofkantoor gaan werk het nadat ek my basiese opleiding in Ladysmith by 5 SAI voltooi het.

My wapen was my pen en is dit nog steeds.Ek het n joernalis geword na die Weermag en het met n joernalis getrou en in die Suid Kaap gaan woon. Al die gedagtes het by my gespook terwyl ek daar gesit en bier drink het. My mede studente het lankal verdwyn toe sit ek nog daar.

Ek het die eksamen geslaag en het my fooi terug gekry by die werk. Desember was naby en ons eerste vakansie saam as n gesin het voorgele. Dit was heerlik om te beplan. Ek het die boeke en kaarte van die Wildtuin haarfyn bestudeer. Ek en Monks het op drie kampe besluit. Ons ou vir ses aande gaan, twee annde in n kamp. Ons sou een van haar susters se tienerdogter saamvat om Lollie en Zayne op te pas. Ons het twee chalets bespreek in elke kamp. Een vir die kinders en een vir ons.

Dit sou baie kos, maar ons het die hele jaar gespaar. Ons het n menu uitgewerk vir elke dag en n lys opgestel van alles wat ons nodig sou kry. Ons het malaria pille gekoop en die kinders het dit begin drink meer as n maand voordat ons sou vertrek. Di sou Monika se eerste regte vakansie wees en sy was baie opgewonde en ek net so.

Ek het vir Zayne en Lollie vakansie klere gaan koop. Heeltemal te veel vir ses dae, maar ek het nie om gegee nie. Geen koste sou gespaar word om ons eerste vakansie saam n droomvakansie te maak nie.
Die dag het aangebreek dat ons moes ry.Ek het ntrailer gereel want die bakkie was te klein vir alles wat ons besluit het om saam te vat. Die trailer was choc-a-block vol. Kos vir breakfis.Kos vir lunch, kos vir dinner. Bier en ciders vir ons, juice vir die kinders. Pyn pille,sonbrandmiddels,kar siek pille ens ens. Die lys was eindeloos.

Uiteindelik het die dag aangebreek dat ons moes vertrek. Ek het n matras laat mak om agter in die bakkie te sit vir die kinders,sodat hulle gemaklik kon wees. Ons het laatnag vetrek en het vroegoggend voor die hek by Komatipoort gewag vir die Park se hekke om oop te maak Uiteindelik was ons daar.
Ek wag vroegoggend voor die Hek,Monks en die kinders slaap in die Bakkie.

Ons is reguit Shukuza toe, waar ons die eerste nag sou oornag. Ons het vroeg daar aangekom en afgepak. Dit het ons tyd gegee om bietjie rond te kyk. Tot op daardie stadium het ons nie veel wild gesien nie. Meestal Impala,Zebra en Kameelperde.Ons het kort,kort geskop vir die oe’s en a’s om te bedaar en vir die kykie-kykda om klaar te raak. Ons het vir die eerste keer by Skukuza, Buffalo pies en chips ge-eet, n dis wat van toe af die kinders en Monika se absolute favourite geword het.

Dit was n droomvakansie. Ons het genoeg geld gehad om uit te eet waneer ons so voel. Elke dag hetons kos in die trailer gepak vir die dag se brekfis. Lekker bacon en eiers en kaasworsies, mushrooms ens, ens, Ons het glad nie geskimp nie. Die eerste rit vroeg die volgende oggend was een van die beste. Die hekke maak sesuur oop en al het ons die vorige aand tot laat gebraai was ons voor die hekke voor hulle oopgemaak het.

Die bakkie het n skuifvenster gehad en ons was skaars deur die hek toe ek dit oopskuif en die kinders vra, “gee n koue castle asseblief en Monks en n Hunters vir my. Die Cooler box was vol en die kinders het meer as genoeg Lqui fruits en lekkergoed gehad om hulle goor magies te gee. Dt was lekker, baaaie lekker en ons was gelukkig om baie te sien. Ek wasvoorheen verskeie kere in die park en het nooit voorheen so baie gesien nie.

Een aand het ek die bakkie langs die omheining getrek by Satara. Ek het tot teenaan gereverse en het die canopy se klap oopgemaak. Die kinders was opgewonde en ek het gesukkel om hulle stil te hou. Ek het n paar T-bone steak bene, wat ek weggesteek het stilletjies deur die draad gegooi sonder dat hulle agterkom.

Uiteindelik was hulle stil en het gele en wegsluimer, elke een met n flitslig in die hand. Ek het die Hyenas se geritsel in die gras gehoor en gewag. Daar was n knalgeluid toe een, een vand die steak bene stukkend byt. Die kinders het wakkergeskrik en hulle flisligte aangeskakel. Eem Hyena was reg teen die draad, hulle flisligte reg in sy gesig. Die konsternasie wat gevolg het, was iets ysliks. Die kinders sal nooit ooit hulle eerste ervaring van regte wilde diere vergeet nie.
Lyk so rusti, met n baba wat soog,die kinders het hulle
boeglam geskriktoe een in die nag in hul flitsligte verskyn.

Later het ons op n nagrit gegaan en drie majifieke leeu mannetjies gesien wat al langs die voertuig gestap het vir n lang tyd voordat hulle in die donkernag verwyn het. Ons kon hulle hoor brul deur die aand en eksal nooit vergeet hoe skrikaanjaend dit klink nie.

Ons het troppe Olifante teegekom en een het ons gestorm. Die kinders was benoud. Troppe buffels het reg voor ons in die pad gekruis. Ons het on n groep leeus afgekom wat kort tefore n Kameelperd in die pad platgetrek het. Ons het n swartrenoster teegekom wat woedend deur die takke langs die pad deurgebars het en ons amper geskraap het. Die hele ent pad voordat ons n Olifant gesien het, het ek vir Monika vermaak en gese dat die wildbewaarders in die aan bolle olifant mis in die pad gooi wat hulle by die Sirkus gekry het sodat mense kan dink daar is baie Olifante in die Park.

Sy wou sooo graag n regte Olifant sien en na drie dae sonder om een te sien het sy begin moedeloos raak. Of miskien het die vroegoggend Hunters gehelp om my stories te laat waar klink. Een oggend vroeg se ek “Sien jy daai groot klip”’ “waar” se sy en ek wys haar waar. Kyk mooi se ek, en se  soos wat lyk daai klip. Sy kyk en kyk en toe skielik registreer dit “ Dis n OLIFANT!” gil sy so hard dat die berge antwoord gee. Dit was n reuse groot Olifant bul en kort daarna het n trop van meer as n honderd n paar meter voor ons die pad oorgesteek op pad rivier toe.


Nie n Sirkusolifant nie. Die regte ding en een het ons gejaag.

Ek kan n boek skryf net oor ons eerste trippie saam kruger Park toe. Die laaste aand voor ons moes terug ry het Lollie en Zayne gesmeek. “Groot seblief, kan ons nie net nog een aand bly nie. Ongelukkig kon ons nie. Om plek in die Park te kry moet jy maande, as dit nie jare is nie, vooruit bespreek. Dit was n vakansie wat ons almal nooit sal vergeet nie. .(Jammer vir die kort onderbreking

Ouma Jane
Ek het die ou mense van Reiger Park geniet. Daar was veral twee tannies vir wie ek baie lief was. Ek sal nie hulle name noem nie al is altwee reeds oorlede. Wat ek van hulle geniet het, was dat hulle goeie luisteraars was. Hulle kon n mens hulle onderkeide families se hele stamboom uitle. Dit was somtyds amazing stories en soms het ek gewonder of dit regtig waar kan wees. Nietemin ek het dit geniet en altyd terug gegaan vir meer.

Nader aan die huis was daar Ouma Jane, ook reeds oorlede, Moneeka se ouma. Sy het Moneeka se naam uitgespreek nes wat ek hom nou skryf. Ouma Jane het by skoonma gebly en ek het haar geselskap net so geniet. Die ouvrou se helder oe het altyd gesprankel. Haar afkoms was van Swaziland en haar pa was n wit man. Hoop ek het die storie reg, ek is seker iemand sal my gou-gou reg help as dit verkeerd is.

Ek onthou ouma Jane met deernis en het geniet om met haar te gesls. Skoonma het n houtbankie,wat haar man gemaak het gehad en ek het altyd op die by die agterdeur gesit en met ouma Jane gesels wat op n stoel gesit het. Sy het altyd haar ‘rokke” netjies om haar rangskik. Ouma het gesnuif, my oorlede mammie het ook gesnuif. Ouma jane het ook n kannetjie geniet. Ons sou skaars gesit en gesels het as ouma vra, “My kjend se kjend het jy nie vir ouma n kannetjie nie.

My Skoonma het niks van Ouma se kannetjie verbruik gehou nie en ons moes dit maar skelmpies doen soos twee stoute kinders. Ouma het ook van Castle kannetjies gehou. As die kannetjie leeg was sou sy gese het. “Haai my kjend se kjend lyk vir ouma die kannetjie lek. Ek het dadelik n kannetjie loop haal en die lee een het onder die netjies gerangskikte rokke verdwyn. Dit was seker sodat Skoonma nie kon sien hoeveel kannetjies gelek het nie.

Ouma was ook n bietjie stout en ek het haar maklik aangepor. As ek sien Moneeka is in die omte dan se ek vir ouma. ‘Ouma Jane jy moet n bietjie met Moneeka praat sy sjee nie. Ouma Jane sou dadelik vir Moneeka roep, wat dodgedwee,soos n skaap na die slagpale reg in my trap inloop.”Moneeka my kjend se kjend jy moet sjee(gee)” en voor sy verder kon praat het Moneeka die hasepad gekies want sy het geweet wat gaan volg.

Teen die tyd dat al die kannetjies klaar gelek het en ouma n bietjie moeg gevoel het het sy opgestaan om te gaan le. Met die opstaan het die kannetjies onder die rokke te voorskyn gekom, en sodra sy weg was het ek dadelik van die ‘evidence” ontslae geraak. Ouma se helder blou oe was al n bietjie aan die blind raak maar haar brein was vlymskerp. Op n slag het ek Monika se Hunters dry in die yskas gesit in haar ma se kombuis. Daar was ook n paar castle kannetjies. Later die dag het Monika my lelik uitgetrap omdat al haar blikkies oopgemaak en nog vol in die yskas gestaan het. My castle kannetjies was vort. Ouma het die yskas oopgemaak en n kannetjie geproe en as dit nie regsmaak nie dit terug gesit
.
Sy was n lieflike ou tante, n regte Ouma en kon n mens vir ure vermaak met staaltjies. Met ouma se dood het sy net een erfporsie agtergelaat. n Kombers vir Moneeka. Ons het nou nog daardie kombers en sal nooit van dit ontslae raak nie.

Mense is so verskillend maar tog dieselfde. My ervaringe in Reiger Park het my oe oopgemaak vir die mensdom se enersheid. Ons het die Nuwejaar ingegaan en dit was dol besig. Almal het begin teruggaan werk toe.Die brasserny van die Nuwe Jaar was verby, Die trokkies wat die nuwe meubels kom aflaai het met die ou jaar se bonus, sou binnekort terugkom om dit te kom terugvat met die nuwe jaar se armmoed.

Ek het vir die tweede jaar ingeskryf by RAU en toe gebeur daar iets wat my diep laat dink het. Ek kan nie presies onthou watter tyd van die jaar dit was nie maar ons het weereens n oproep in die laatnag gekry. Monika was dadelik wakker en was verjeug. Sy was uit haar vel uit verjeug en ek was dood geskok toe ek hoor waarom. n Klomp famielielede van n bekende bedende is in n wraakaanval vermoor. Ek was geskok want dit het tot my deurgedring waar ek my bevind het. Monika is n sagmoedige liewe mens en haar optrede was vir my n ontnugtering.

 Ek het besef dat die bendegeweld, wat amper elke familie aangeraak het, net te veel was om te aanvaar. Sy moes familielede begrawe daardeur. Jong mense wat wreedaardig van hulle lewens beroof is.

Ek was bekommerd oor die toekoms van ons kinders. Die was nie n plek om kinders in groot te maak nie. Ons het Zayne in n skool ingeskryf in Primrose en ek het begin planne maak om te trek. Ons sou moes huis koop daar was nie ander genade nie en in Reiger Park wou ek nie huis koop nie.

My goeie uitslae van die vorige jaar en baie harde werk het begin vrugte af werp. Monika het net so hard gewerk sy het feiltlik elke aand en selfs naweke oortyd gewerk weens die werksdruk. Ek het n bevordering gekry en my baas het vir my n nuwe bakkie bestel.

In die tussen tyd het ek n nuwe motor gekry om te gebruik aangesien die Caddy elders benodig was. So kry ek toe n verkoopsdame, wat bedank het se pink Hyundai. Nou mense dit is een ding vir n boer om in n Kasie te bly, maar vir n boer wat in n Kasie bly om met n verdomde pienk kar te ry was net een te veel. Monx was verheug oor die pienk gedroggie. Dit het elektriese vensters,lugverkoeling en dies meer gehad. Ek dink sy het begin uitsien daarna om self ene te ry. Ek het ander planne vir haar gehad.

Ek het haar aangepor om meer kursusse te doen. Sy is ingeskryf vir n
ontwikkeligskursus by die bank en moes gereeld projekte inhandig.

Monika was skaam om voor mense te praat en ek nie. Ek moes baie keer voor mense praat en voorstelle aan kliente en die direkteure voorle. Ek het Monika gedrill soos n regimentssamajoor en uiteindelik het sy heel bo aan die hopie geslaag.

Ek het gesorg dat ek al haar projekte profesioneel voorberei op Power Point en het dit in kleur laat druk by ons besturende direkteur se seketaresse. Die ou gunsie het ek voor opgemaak deur nog harder te werk en nog meer te doen.

Ons het ook besluit dat die laaste Desember se vakansie herhaal moes word. Ek het voorgestel dat ons Zimbabwe toe moes gaan en die hoenderlewertjies was weer ons stapelvoedsel. Een van die ouens in die flats het geskimp dat ek dink ek is “Larney” omdat ek nie saam met hulle drink nie. Ek het vir hom, of liewer hulle, want daar het ander trawante nader gestaan gese”Gents ek drink nie saam met julle nie omdat julle nie saam met my KAN drink nie.

Met die het ek oor die vlak tusseh G en H blokke gestap en by die Tavern se venster my bestelling geplaas. Twe kaste Zamalek(Black Label) en een kas Castle courts.

Ek het sommer voor ons trap loop sit op die kas Castles en een oopgemaak. “Daai is julle sin", se ek toe en n stuk of ses van hulle het gulsig nader gestaan vir die suip sessie.
Kyk ek het n vet kans gevat. Sommige van die ma-Gents was bietjie aan die skurwe kant as hulle nugter was. Dronk was hulle plein commen gevaarlik. Ek het hulle mooi laat verstaan die Castles is myne en die Zamelek hulle sin. Glo dit as jy wil of nie. Teen die einde van die middag het ek my lee kas emties gevat en die trappe op gesteier na G10 toe.

Dit was die laaste sien van die blik kantien. Nooit weer is ek gevraa waarom hou ek my Larney nie. Ek het natuurlik my binnegoed uit “gejackpot” toe ek in die woonstel kom. Ek het opsetlik liters en liers water gedrink, om die babelaas wat sou kom te help keer en te verseker dat ek nie alkohol vergifting opdoen nie. Ek was vir twee dae daarna nie heeltemal in aksie nie.

So het ek die mense leer ken en hulle het my leer ken. Ek was nie stuck-up nie en was alteid bereid om enige een te help. Monika se aansien in die gemeenskap was wel bekend as n ma vir al die kinders. Dit het my natuurlik baie gehelp. Die dinge wat in die lokasie aangaan is skokkend om die minste te se. Drugs word openlik gebruik en op die hoeke van die flats deur jong kinders verkoop. Die alkoholmisbruik is onbeheerbaar en is die oorsaak van baie van die geweld wat daagliks daar plaasvind. Die gemeenskap probeer hard om kop bo water te hou en om hulle gesinne te beskerm. Die owerhede het bitter min gedoen om te help. Soos klokslag is die krag afgesit waneer die winter op sy koudste was.
Swart wn wit

Mense het weewraak gevat en die munispale “kagbokse” af te breek en uit te brand. Vir een of ander simpele rede was ons krag nog aan, maar ons het nie durf waag dat iemand agterkom nie. Ons het in die aand kerse gebruik vir lig en kos gemaak op twee gasbottels wat ons geleen het. Almal was in dieselfde bootjie. “An injury to one is an injury to all”. So het ek my deel van boikotte en betogings beleef. My beskermengel moes by my gewees het. Hoe ek so lank daar onder sulke moeilike omstandighede kon leef weet net die liewe Vader.

Dit het van my net n beter mens gemaak. Ek was uitgesoek by die werk om disiplinere verhore te doen omdat ek altyd regverdig was en omdat ek mense se omstandighede in ag geneem het, natuurlik was ek streng as die saak daarvoor gevra het, maar ek was regverdig en die maatskappy het my gebruik omdat daar nie “comebacks” van sake was waarin ek voorgesit het nie. Ek is naderhand landswyd rondgestuur spesifiek vir die doel.

Gedurende die tyd was daar n groot staking in die motor nywerheid. Al die OEM”s was vir drie maande gekniehalter. Ek het n klomp kleurling jongmense van Reiger Park gehuur om by Volkswagen in Roodekop te gaan help. Die meeste van hulle was vroulik en onder my leiding het ons die hele picking en packing proses van die hele pakhuis oorgeneem.

Later het ek van dieselfde mense op ander projekte gebruik en baie van die jongmense keer my nou nog in die straat voor net om te groet en te se”Onthou jy nog hoe het ons dit en dat gedoen.”

Op daardie stadium was ek reeds bevorder en was dit nie my plig om te doen wat ek gedoen het nie. Ek het dit gedoen omdatmy base geweet het ek kon en my vertrou het.

Die beplanning vir Zimbabwe was dubbeld so lekker as die beplanning vir die Kruger Nasionsale Park. Ons sou land uitgaan en ons en die kinders moes paspoorte kry. Ons het alles vooruitbeplan en vooruit betaal. My tweede jaar eksamen het gekom en gegaan by RAU en ek was selfversekerd dat ek selfs beter sou doen.

Op die regte tyd het my nuwe bakkie sy verskynig gemaak n 1800 LWB Colt bakkie. Heelwat groter en sterker as die Caddy. Ek was in my noppies. Ek het die regte ysterperd gehad om Zimbabwe aan te vat. “Zimbabse hier kom ons”!. .(Jammer vir die kort onderbreking

“oepsie doepsie vroutjie het gepoepsie”,enige verhouding is n openbaring vir beide partye.Vir die eerste keer sien julle mekaar soos julle gebore is ‘poedel nakend. Nou mens praat nie oor sekere goed in die openbaar nie en n vroumens wat met n measuring tape wil bed toe gaan soek
moeilikheid.

Ons praat van verskille tussen kulture.Os weet van mense in Namibia wat steeeds niks daarvan dink om half nakend in Windhoek se strate te verskyn nie.Ons weet ook van die Zulu en Swazi tradisies waar maagde “toplesss” en sonder broekies vir die Koning dans.

Wat ons, veral ons mans minder van weet, is ander gebruike van die vrouegeslag.Kom ek noem dit nou sommer die “hottentot voorskototjie”. Nog nooit daarvan gehoor nie?. Google dit en jy sal net so verbaas wees soos ek. In ander kulture noem hulle dit “malebe” of so iets. Nee man jy is verkeerd ek verwys nie na my “African Queen” nie sy is heeltemal normaal, dank die Vader in daardie geweste. Genoeg van die bogpraatjies.

Monx is snaaks, skreeusnaaks en haar fyn humorsin is een van die dinge wat my lief maak vir haar. Sy kan n mens partykeer skok en die meeste van die tyd kan sy aansteeklik lag. Selfs vir haarself. Sy vertel met smaak hoe sy n aspirante vryer, n Portugese jongman finaal so afgesit het dat hy nie meer wou he nie. Sy en vriendinne en haar suster het op die bed gele en gesels toe meneer daar aankom. Monika het n’silent maar violent een gelos. Hy, “who pooped”, en met sy vinger wys hy na haar en se onvergenoegd”It’s you,you got no repect by body!”. Ta is uitgelag en is smoor kwaad vort sonder om ooit weer terug te kom.

Ek het myself so n ondervinding gehad. Ek het skaars by haar ingetrek en een aand toe ek net rustig aan die slaap raak, toe tref dit my.n Toksiese gasaanval wat n dooie rot na deoderant sal laat ruik.Dit was so venynig dat ek penorent uit die bed uit gespring het.Sy het gelag en ek het in die voorhuis loop sit.Dit is hoekom ek Curry uit die huis geban het.Daai konkoksie van speserye is net een te veel.Ek voel jammer vir my Indier vriende in die opsig en nog erger die “Porra’s” met hulle garlic,kool,peanuts en “vrot vis” gewoontetjies. What goes in must come out en daar le die probleem.

Kyk ek kan goed snork en as ek in die oggend badkamer toe gaan dan blaas ek af.n paar liter bier wat oornag gegis het kan n aardige klomp gas produseer.Fracking klink na die regte woord vir my. Donderweer het n kleine Zayne my verseker en sy kamer was die verste van die badkamer af. So tusssen my “thunder en lightning” en haar “Silent but violent” revenge taktieke weet ons alles van mekaar. Ek gaan nou nie soos n koerant plakaat ir almal luidkeels verkondig “A**r poep soos n perd” nie.
Op een van my trippies Utrechttor het dit gesneeu
Het die foto geneem by ons Huis

Ons was ook nou nie maagde toe ons mekaar ontmoet het nie.Zayne en Lollie is stille getuienis daarvan, ja ons moes altwee aan dinge gewoond raak. Ek het selfs “nkomboti” op my hurke sit en drink by n troue en ek het baie keer speels n bietjie drank oor my skouer gegooi vir die “madlosies”. Monx moes my vergesel na Gala Aande saam met die Hoi Poloi en sy het my gewoontes baie meer styf en konserwatief bevind as haar eie. Sy was rerig bang vir Boere en my Skoonma nog meer.

Ons het ons sewe sakke sout saam opgeeet.Ons het al kort dudkant die skeihof gedraai. Ons is al vir langer as vyftien jaar getroud en n mens kan verwag, dat ons soos met almal baie dinge ervaar het. Party minder aangenaam as ander. Maar as julle lief is vir mekaar pas julle aan. Ek het maniere gekry om op te hou snork, Monks voel ook nou meer gemaklik as die “winde van verandering” in die bed begin waai. Ek maak nie meer so n fuss daarvan nie. Sy werk vrek hard en dit is sy wat op die oomblik die pot aan die kook hou.

Maar ons praat oor n verliefde paartjie wat saam n nessie gebou het in die Kasie. “Like two Sparrows in a hurricane finding their way..”, sien Tanya Tucker se song elders op my Blog, en jy sal verstaan wat ek bedoel.

Daar was ook haar familie wat probeer in meng het en myne wat ons ignore het en nooit heeltemal ons verhouding kon aanvaar nie. My broer het ewe non chalant gese,julle is darem nou altwee te oud vir kinders.”Ouboet as dit nie albei onse mamma was nie het ek “jou ma se .... gevloek”. Ons het n pragtige dogtertjie, n laatlam wat ons albei jonk hou en sy is n trotse OLWAGEN, make no mistake. Gaan kyk op die Ollies se webwerf sy is daar in my pa se stamboom.”Julle kan haar nie wegwens nie, en ons is lief vir haar en sal oorlog verklaar teen enige een wat dit durf waag.
Ek is steeds verlief op my vrou. Al het ek n pacemaker het ek nie Viagra nodig as sy naby my wil kom le nie. Die passie is nog daar alis dit getemper deur die lewe. Ons is altwe n paar sizes groter as wat ons was toe ontmoet het. Ons het n kleinkind, verdomp wa tverwag jy van n “Ouma” en “Oupa”.
Ons was en is altyd lief vir kinders. Hierdie foto by n forelplaas geneem.
iedere een het n vis gevang. Monx,tweede van links agter.Zayne ver regas,staan.

Terug na die Kasie met sy kokkerotjies en druggies en violence en verstikkende mynhoop stof. Met sy druggies en bendes en druglords en moordenaars en skurke,boewe en belhamels en alles wat vrot en lelik is. Die ashoop van Johannesburg in baie opsigte en in ander die Goudmyn van uithouvermoe, meselikheid,liefde,geloof en n ontwrikbare wil om te oorleef.Daar is goeie mense in die Kasie, soos in alle ander plekke. Dit is die vrot appels van elke gemeenskap wat uit gierigheid soos paraiete op gemeenskappe teer.Hulle terroriseer almal en is die donker kant van kriminaliteit. Ja daar was selfs goeie polisiemanne soos n goeie vriend van my, wat in n rolstoel vasgekluister sit omdat hy sy plig wou nakom.

Een aand het ek n droom gehad. Ek het gedroom ek bou n kruis, daar waar “Molo Fish” sy huisie wou bou in die vlak oorkant die Flats. Ek het dit van staal gebou, van messe en pangas, van guns en staal pyp en al die instrumente van die dood wat die gemeenskap teister.Dit was n groot staal kruis daar op die vlak en dit was helder verlig sodat almal sou kon onthou, waarvoor veg ons.Ons veg vir die behoud van ons gesinne,van ons kinders en van ons gemeenskappe.Ons veg vir die toekoms van ons wonderlike land en vir die erfenis van ons nasate ons veg almal vir dieselfde ding.Swart,Wit.Bruin en Geel, veg ons saam en niemand maar niemand gaan ons keer nie.

Ek en my vroutjie het dieselfde gevoel.Ons wou liewer dien as om bedien te word.Ons liefde vir die jongmense het ons aangespoor om hulle aan te moedig.Om hulle te leer van die harde en ongenaakbare werklikheid van dag tot dag se bestaan.Om vir hulle hoop te gee.

Om die diamante uit die Kasie se stof te krap. Goud moet deur vuur gaan voordat dit blink en so is ons mense ook. Steenkool moet die geweld van aardbewings en vulkane deurgaan om diamante te word.Daar is altyd hoop en soos Monks sal se”Life is Good”. .(Jammer vir die kort onderbreking

Zimbabwe
Lollie by n kenteteken in die dorpie Beitbridge.

Kyk die Olwagens kon paartie, almal wat ons ken weet dit. Dit is ook nie nodig om ou te wil skaam voel oor die uitbundigheid en onverskilligheid van jou jeug nie. Glo my vry almal gaan daardeur. Ek weet dat n bekende pastoor van Nigeria beweer hy is van n maagd gebore. Loutere snert broer ek hoor ook hie jy die wilde saad saai onder die susters van jou kerk. DIE GROOTSTE FOUT wAT ONS DIE LEWE MAAK IS OM NIE ONSELF TE VERGEWE. As jy werklik n Christen is, glo jy dat jpu sondes vergewe is. As Hy jou kan vergewe hoekom kan jy jouself nie vergewe nie.

Ek breg nie oor hoe banneloos ons was nie.Dit is net n bewys dat ons doodeenvoudige en normale mense is soos ALMAL op hierdie aarde. Na Ghandi se dood kom daar boeke te voorskyn oor n homosekseule verhouding, ens,ens. Die moeilikheid met skryf is tweevoudig.Eerstems is dit uitmergelend pynlik en dwing jou om jouself te sien,”Warts and Al” en die tweede probleem is dat mense jou gaan kritiseer en beoordeel.”Tough”, I only owe life one life and that is my own, you are welcome to your’s.

After all is ons net mense en maak ons foute, en waar lees jy dit dat jy nie jou lewe mag geniet nie. Ek lees dit nie in my Bybel nie, net dat ek versigtig moet wees en nie die wette van die land en die lewe moet oortree nie.

Ek lees nerens dat jy nie mag rook nie.Ek lees ook dat dit nie vir Konings toepaslik is om dronk te word nie.maar Noag se dogters het by ho kinders verwek toe hy dronk was. Hy weet ons is swak en daarom vergewe Hy ons. Ons kan nie almal Saints wil wees nie. “Be true to Yourself”, dit is my Motto in die lewe.

Ek preek nou en ek het gesweer ek sal nooit vir enige iemand preek nie. Hoekom nie, dit is eenvoudig.Vir veertig jaar is daar oor die kansel gepreek in Suid Afrika dat dit wat ek en my vrou in die Kasie gedoen het nie net n wetsoortreding was nie maar ook n sonde. “So put That in your pipe and smoke it.”
Zim het net blend en nie normale petrol,soos ons dit ken nie,gelukkig kon die
Colt dit gebruik.Dit is n handpomp, enigste een wat ons teegekom het.

Die pad is lank Zimbabwe toe en ek en Monx en die kinders het weke en maande beplan aan ons vakansie. Reiger Park se lewe het aangegaan.Ons het gewerk,gestudeer,begrafnis gehou en gepaartie by troues. Ons het mider spandeer aan entertainment en dit het nie veel gebodder nie.Ons was steeds verlief enhet mekaar heel goed ge-entertain dankie. Die dag het finaal aangepak dat ons die bakkie pak.Ek het n nuwe trailer gekoop, om te huur was te duur en niemand wou jou versekering gee as hulle hoor jy gaan land uit nie.

Ons het behoorlik opgestock. Ons het gehoor dat die mense wil “barter” en dat goed soos penne,papier,wasgoedpoeier,batterye en pynpille skaars was in Zimbabwe. Ons het saamgevat en die kinders het hordes goes bymekaargemaak om te gaan smous. Desember het gekom en ons het uiteindelik vertrek. Eers die lang pad uit die Transvaal tot be Beitbrug waar os vir die laaste keer Petrol kon koop. In Zimbabwe is daar net Blend en nie alle motors kan ry met Blend nie. Genadiglik kon die Colt dit doen en was nog nuut en onder waarborg.

Min het ons geweet dat die laaste sien van die “Ou Transvaal” was, tot ons uiterse verbasing het ons terug gekom na Gauteng. Onse blyplek het naam verander in ons afwesigheid. Mens voel gekul so asof jy na n lang trip terug kom en jou vrou het haaar van verander. By die grenspos het ons noukerige beplanning begin vrugte afwerp. Eerstens “fill in this and that form”, maar daar is nie forms om in te vul nie. Dan “just write on a piece of paper” ,maar daar is nie skryfgoed of papier nie. Ek het uitgegaaan en n belhamel nader gewink. “Make this easy for me” het ek gese en n vyftig rand in sy hand geprop. Ek het hom ook n paar velle papier en n pen gegee, wat ek in die bakkie gaaan haal het. Tien minute en ons was deur die grenspos.

Na die grens was ons eerste stop, Peters Motel, en ons het dadelik besef ons is in n vreemde land. Mugabe se gevreetjie was oral en die mense, wat by vriendelik en hulpsaam was het gefluister. “You must be careful do not slander the Preident’. Dit kon jou dood kos of jy kon baie lank in die tronk beland en ons het eers met die kinders gekoukus e grondreels neergele.” Ons het in die dorpie gaan rondloop en het uiteindelik n heerlike Ete in Peters Motel se eetkamer geniet. Douvoordag was ons wakker Masvingo, ons volgende stop was 308 km ver en ons het so beplan dat ons genoeg tyd gehad het om gedurende daglig daar uit te kom. Ons het twee dae in elke plek spandeer..
Oudergewoonte, dit was hel warm het ek met n Castle dumpie tussen die bene uit die dorpie vertrek. Voor daai bier my knaters kon afkoel was hy onder die kar se sitplek.

Net uit die dorp daar staan TA in sy kakie Zimbabwe Polisie Uniform met n pet op die kop. Hy het sy hand palm vorentoe uitgesteek en dit het een din bedoel STOP. Ewe benoud het ek uitgeklim en nader gestap.”Good Morning Officer how are u”, amper ook gevra na die Preident se welsyn ,maar myself bedwing.”Iam fine sir how are u an where are you going.”, ek antwoord “Masvingo.why?”. “O good sir me too my I get a Lift please”. Ek was stomgeslaan en so het ons trip begin met n Zimbabwe polisieman saam met die kinders agter in die bakkie.

Ons het eers die tasse op die roofrack vasgemaak om meer plek te maak. Mens wil nou nie oom Mugabe se gesant moet ongemaklik reis nie. Ek het n baie stewige sposmatras laat maak en oorgetrek met waterbestande materiaal om agter in die bakkie te sit. Ek het ook gordyntjies vir die Canopy laat maak om die kinders teen die velle Afrika son te beskerm. Op ons pad na Masvingo het die poliesieman ons vertel dat hy oppad Masvingo toe is toe “arrest a criminal”, die arme ou het iets “geneem’, blykbaar n hoender en ons eie persoonlike lyfwag net bewapen met n rubber knuppel,boeie en n buskaartjie was oppad om homte arresteer.

”I Kid you not,dit is die reine waarheid.”
Hy het gese die busdiens is baie stadig oor naweke. Dit was Saterdag en hy hike liewer want dit gaan gouer as die bus. Nou kyk die vriendelike kerel het die klomp bier in die Cooller box raakgesien toe die kinders hom n coke aanbied. Hy het hulle polite gevra”what does Mommy and Daddy take” en vir ons elke een n drankie gegee by ons volgende stop . Die Kaap was Hollands. Blykbaar was n bier so te se n vereiste om in die warm land rond te reis en die polisieman het my verseker daar sal nie probleme wees nie.
Chalet waar ons oorgebly het naby Harare.

By Masvingo gekom stop ek voor die OK Bazaars en ons medereisiger gaan sy eie weg om n hoenderdief te gaan vastrap,sy bus ticket te gee en hom terug te eskort Beitbridge toe.Ek kom voor die OK se deur en sien mense binne wat n kersfees partytjie hou, die plek is Toe. Draai om terug bakkie toe en skrik amper my wit gat af toe n swart hand aan my skouer vat. Ek dog ek word gehijack en ek los armper n warm d**L in my broek. Dit was die bestuurder van die Winkel. “Sir we are closed but please come in we will open a till for you”’ praat van klientediens. Ons het vars vrugte ,groente en vleis gekoop vir die pad vorentoe en die gaw man het selfs vir my vyf honderd randomgeruil vir R2000 Zim dollars, gratis en teen die regte exchange rate.Kyk gou op my desktop wat sou ek vandag kon kry vir R500-00. (27 777 276,18). Ek sou nog n trailer nodig gehad het om 27 miljoen Zim dollar op te laai.

Nietemin aan na Harare 294Km ver. Met die dat die poliesieman afgeklim het,het ons die tasse weer binne in die bakkie gesit en vat die pad Harare toe. Die eerste ding wat jou opval in Zimbabwe is hoe skoon dit is. Dit is silwerskoon langs die pad. Die pad is nou en aan komende verkeer moet kans gegee word om verby te gaan. Jy gaan met twee linker wiele op die gruis en hulle doen dieselfde. Die paaie is in goeie toestand en die natuur waardeur jy ry asemrowend mooi.

Naby Harare slaan ek so hard remme aan dat Monika my klap en kinders amper in die kajuit van die bakkie beland. Ek het IETS gesien. Vra eers verskoning vir vroutjie en die kinders vir my bestuursvernuf en stap oor die pad waar n ou houtsneewerke verkoop. “Ken julle vir Monica, sy is n Slava en Slava”s se koppe is harder as n standbeeljie se houtkop”. Die kinders verdwyn in die bakkie en begin goeters uithaal om te “bater”. Nie onse Monica nie sy stap na n tafel toe waar n reusagtige uitgekerfde seekoei in die bloedige son le en wit brand. “How much?, en sy wys na die Hippo” “Just ten thousand” ,madam. “Zim Dollar”? hy lag “No madam Rand.” En ek voel n megraine aankom.

Monica wil nie budge nie sy wil die Hippo he. Die ding weeg n ton en al my argumente van die bakkie oorlaai en van ons finansies val op dowe ore. “Ons kan nie nou R10 000 spandeer op ons eerste dag in Zimbabwe nie” en “Ons kan die ding koop as ons terug kom’, help niks. Zayne haal uit die tasse en maak oop die treiler gil sy op haar arme kind.” Die Antie gaan barter en my megraine word werklikheid. Sy verruil haar AMC pot R1200, my blerrie Leather Jacket R4 000, haar enigste vollengte warm jas ens ens word op die tafel langs die Hippo gesit. Ta like my vollengte egte leerbaadjie sommer dadelik aan. “I like It” en die stoom begin by my ore uitkom. Ek sluk Castle of daar geen more is nie en rook soos n stoomtrein.

So word daar gebarter en my mood is so totaal in sy moer ek loop sommer terug Transvaal toe. Dit is warm, snik warm en die ou met MY leerbaadjie is vinnig besig om die ding so uit te stink soos hy sweet dat ek dit ieder geval nooit weer sal wil dra nie. Uiteindelik hoes ek R1500-00 Zim dollar R3000-00 en al die goed wat Monica op die tafel gesit het. Ek draai summier om en loop weg met my geld nog in my hand ek gaan loop. Ta wil agresief raak as ek die baadjie wil vat en weier terstond. Eventually aanvaar hy die deal en roep ses van sy pelle, wat uit die omliggende bossse peul om die ding in die bakkie te sit.

Ek herpak die trailer en die tasse en maak dit op die dak vas terwyl ek onderlangs mor. Dit vat al sewe mans en Monica om daai ding in die bakkie te kry en dit so te skuif dat dit teen die kap staan. Dit is net so breed soos die bakkie en die kop is amper teen die Canopy se dak. Monx is in haar noppies en neem n verversinkie om haar oorwinning te vier. Ek dink kwaadwillig ek hoop jy stik aan daai blerrie Hunters. Die hele episode het meer as n uur van ons kosbare tyd gekos en die kinders dans rond met hulle bargains met tekkies sonder veters, die is ook”gebater” Ek praat nie. “KOM ONS RY” en ek trek die bakkie op die pad. Ta waai vir ons. Die “Donner” dra steeds die leerbaadjie.

Oppad na Harare kom n groot trok van voor teeen n helse spoed ek trek amper heel van die pad af om hom verby te laat kom. Wham en ek stop en wonder of hy dalkies die trailer raakgery het. Nee in my truspieel sien hoe ons nie reistasse deur die lug vlieg en in die pad beland.

Ek draai om. Gaan haal die tasse , gelukkig was dit goeie tasse en die skade nie te erg nie. Mor, Mor maak ek die spul op die dak vas. Die keer baie stewiger en ek gebruik elke tou en stukkie draad wat ek het om n behoorlike job te doen. Ek besluit om af te koel. Dit is immers ons eerste dag op vakansie in Zimbabwe en ek wil dit nie vir my vrou en kinders onplesierig maak nie. Toe maak die hemele oop, Dit reen emmers vol. Dit stroom af van die hemele soos n waterval. In Harare skyn die som weer. Ek stop om pynpille,syndols en n bottel whiskey te koop. Vanaand gaan ek relax. Ons kom donker by ons Hotel aan en gelukkig is die kamers groot. Ons haal al die nat klere uit die tasse en hang hulle op in die kamer. Die aircon fullblast op warm.

Ek gee die kinders geld om room service te bestel. Ek reken 300 Zim dollar is genoeg en se vir hulle ons gaan n kroeg loop soek en eet. Hulle kan solank room service bestel. Ek en Monks eet en drink nog lekker toe Zayne en Lollie ons opspoor.”” Het julle ge-eet.’ “ja Pappie”,maar ek sien my kind kan nie haar lag inhou nie. Sy vertel dat hulle burgers bestel het teen 30 zim dollar elk met chips en cokes ingesluit, n absolute bargain. “En”.Lollie wil rol soos sy lag. “Daddy dit het net sestig dollar gekos’ “En”. “Toe se Zayne vir die waiter , Keep the chabge en gee haar 300 Zim.” Ek en Monika het saam gelag al die kwaad van voor heen vergete. Zayne die “Big Spender”, van die familie Olwagen inkluis. Hy sien dan sy mammie se “Baas” doen dit altyd hoekom nie hy nie.

Gelukkig was ons twee aande ingeboek en die volgende dag is ek en Monika stad toe om geld te gaan omruil. Ons het n dokter in Reiger Park R10 000 gegee voordat ons gery het. Hys sou dit in n kollega se reking in Suid Afrika inbetaal, wat in Harare woon. Monica het haar suster gebel en nog ses duisend gevra en sy het dit by die dokter gaan aflaai,om onverwagte kostes van die hippo, “Moempie” het die kinders dit gedoop, te dek. Die Dokter in Harare moes eers stad toe gaan en ons het voor sy kantoor gesit en wag. Na n uur het hy teruggekom en 64 000 Zim dollars oorhandig. Gelukkig het Monica n geld belt gehad en ons het van die geld onder die bakkie se sitplek vasgetape. Ons sou genoeg geld he vir die res van die vakansie aangesien die meeste van ons akkomodasie vooruit betaal was.

Van Harare af is ons Gweru toe 294 km waar ons twee dae sou spandeer om die Zimbabwe Ruines of “great Zimbabwe” te besoek. Die plek is mooi en ons Chalet was n dubbelverdieping rondawel. Ons het ingeboek en die Ruines gaan besoek en oppad terug langs die pad gestop om een van die plaaslike mense te vra waar ons vleis kon koop vir n braai. Gweru is te ver van die Ruines af om terug te gaan en ons het in n plaaslike “Kasie” gaan vleis koop. Moerse groot rump steaks vir n appel en n ei. Die winkels in Zimbabwe verkoop alles,van vleis tot drank,medisyne en klere. Elke een van die kleiner winkels is eintlik n groot handelaar.

Ons het die aand gebraai en ek en Monica het vir die kinders gerieflik gemaak en gese ons gaan kroeg toe om n drankie te geniet. In die kroeg gekom moes ons droebek omdraai. Dit was meer n shebeen as n kroeg. Jy moes drank en koeldrank by die bottel koop.Jy moes jou eie ys,ice bucket en glase voorsien. Ons het maar ons eie drankies by die Chalet gaan geniet.
Die gesin Olwagen

Monx dans saam met die locals by Great Zimbabwe
Die volgende aand is ons terug met alle nodige toebehore. Daar was n ander wit ou in die bar. Ek koop toe n half bottel vodka met ses schweppes orange juice vir ek en Monica. Dit was gesellig met n kaggelvuur maardie toilette was buite en elke keer as ek wou gaan pee moes ek uitgaan. Ek het sommer buite gestaan en pee en deur die vensters gekyk hoe die wit ou elke keer nader skuif aan Monica as ek uitgaan. Hy was glo n Duitser., met n “Benoni aksent” sy ma se onderdele ek sou hom wys.

Ek roepdie barman eenkant toe en vra hom om n ogie oor my vrou te hou as ek uitgaan. Verder koop ek n liter vodka en n kas schweppes vir onse gas en ek lig die barman in hy moet skink. Ordentlike doppe vir ons en vark doppe vir ons gas. Terug nooi ek die ou om n drankie saam met ons te geniet.

 Hy was vir jou in sy noppies en het al hoe meer begin praat. Die stukkende Engels het al hoe meer soos Benoni Afrikaans begin klink.Die poepel besef natuurlik nie ek kan n bietjie duits praat nie, en dat my voorvaders Duitsers is nie. Hy het nog so lekker gepraat toe hy skielik reoor agteruit uit sy bar stoel val. Uit vir die count.Ek het eers in die Chalet vir Monika vertel wat ek gedoen het.

Die trappie van die Chalet was nou en die toilet op die grondvloer. In die nag staan poppie op om te gaan pieipie ek maak asof ek slaap. Ek hoor net n KRRRRRKadoef soos sy op haar knie die trappies afgly. Ek wag om te hoor of sy darem nog lewe en beweeg. Ek hoor die toilet flush en maak of ek slaap en poppie kruip langs my in om te slaap.

Die volgende dag oppad terug Harare toe stop ekop n brug. Poppie se kiewe is vaal en ek weet
sy is dik babelaas van die Vodka en schweppes. Ek klim uit en se sy moet saam kom. Die kinders wil agterna en ek order hulle terug bakkie toe.wat maak ons hier, en ek staar oor die brug se reeling sof ek iets sien. Dit is n sandloop en daar is niks. En toe maak ek n braakgeluid en ek brul soos n Leeu. Elke keer as ek brul “jackpot” Monica. Ek brul en sy maak haar ingewande leeg. Sy was nie kwaad nie. Het beter gevoel nadat die euwele drank uit haar sisteem gekom het.

Dit was n lang trek terug Harare toe 294km en dan verder aan Makuti by lake Kariba was n verder 570 km. Ons het die aand daar aangekom en in ons Chalet ingeboek vir twee aande. In die dag het ons rondgery en die plek besigtig.Ek het twee hout standbeeldjies gekoop van n plaaslike vrou, Sy ons klere gewas en gestryk het Fungai en Chennai gedoop . Purity en Honesty sou saam met ons terug gaan na die Kasie in die verre Transvaal. Het ook uiteindelik Hunters gekry. Monika se Hunters was lankal klaar, wou my impress dink ek. Die blerrie goed het n klein fortuitjie gekos en ons moes in rande betaal. Ek het nie geworry nie. My African Queen moes haar vakansie geniet.
"Moempie" se bek word geborsel

Die aand kon sy nie slaap nie en die hele aand rondgerol. Die oggend oppad Ferry toe het sy eers gepraat.”wat is Fout” vra ek. Dit is die “Hippo, Moempie se sy, “ ‘wat van Moempie vra ek”. “Ek kon nie slaap nie want ek het gedink sy gaan te swaar wees vir die boot.”

 Ek het gespot en gese dan moet sy maar agterbly en sy was stil. By die ferry gekom het ek haar verseker die ding was nie te swaar nie daar was Kombi’s en ander bakkies met trailers ens op die Ferry toe dit ons beurt is om op te gaan. Ek moes ekstra betaal want moempie het my kar en trailer se gewig oor die limiet gestoot.Desteendanks het ons weg gevaar op on 48 uur rit op die Ferry oor lake Kariba.

 Dit was 15 December Lollie se elfde verjaardag en die Crew van die Ferry het vir haar n reuse trifle gemaak met gelukwense opgesit en al. Ons was in die tou vir aandete toe die bom bars., n Kort “Fokkertjie” van Benoni, kan jy dit glo ,en sy vrou en kinders het agter ons gestaan. Die hele fokken Benoni is in Zimbabwe het ek gedink.
Die bakkie mey moempie en al trek op die Ferry.

Ons het Engels gepraat aangesien Monika vriende gemaak het n Zimbabwe couple. Die donner het luidrugtig in Afrikaans gepraat en sy vrou vertel”Hy is seker n Duitser want hulle like meid naai.” My fok ek het omgedraai en amper die klein Fokkertjie aangerand. Ek he thom mooi netjies in Afrikaans vertel”Jou fokken ma se p**s jou hoendernaaier wil jy fo**en terug swem Benoni toe!. Ek was soos n woedende gewonde Bufffel en die outjie en sy vroutjie het altwee gehuil en gesmeek. Ek spend n bliksemse fortuin om my vrou en kinders na Zimbabwe toe te bring en n fokken Boer van Benoni kom insult my.

Ek het bedaar en later in Victoria het sy vrou en kinders vir Monika mooi omverskoning kom vra. Dit was nie voor Lollie een van sy dogters vir vyf ure in die toeilet toegesluit het nie.Die toilet kon van binne en buite sluit weens die beweging van de boot en was naby die engine kamer en niemand kon haar hoor roep om hulp nie. Lollie het vir my gese”Ek het daai Bitch se kind in die toilet toegesluit sy moet nie met my ma kom sukkel nie.”Ai die talletjies, verskoon maar ek se dit soos dit was.
Imagine ek bly in die kasie ter wille van my liefde vir my bruin Vrou. Ons is verheug Mandela is Vry en ons kan wettiglik as man en vrou saam leef. Dan in n vreemde land kom n Apartheids Vark en beledig jou asof die hele Afrika aan die Boere behoort.
n Sonsondergang op lake Kariba.

Kyk ek is lief vir my mense en sal nooit my herkoms vergeet nie. Maar vir sulke idiotiese, simple minded rassiste soos DIE het ek geeen tyd nie. In my oe is hy die “K***er” in die equation. Ek gebruik nie daai woord nie en ek like nie om n Boer genoem te word nie en ek haat dit as iemand my vrou n Hotnot of n Meid noem en ons kind n Baster. Vok hulle, Vok hulle almal ons is mense soos hulle en almal mense is. Laat ons mekaar respekteer tot Jesus kom en anders vertel, en ek glo nie dit sal ooit gebeur nie. Nie dat Hy nie sal kom nie, maar dat Hy soos n mens kleurvoorkeure sou he.En dit geld vir die Rasistiese ANC ook. Dit staan klaarblyklik vir African only NO Coloureds.

Kom ons los die politiek. Dit maak n goeie mens net kwaad. In Milibizi , die eindpunt van ons rit oor lake Kariba nooi ons nuutgevonde  Zimbabwese vriende ons uit vir ete by hulle huis. Ons kuier die twee dae lustig oor en weer. Alhoewel ek Monica eers op n motorboot moes dwing, om die lake te besigtig En toe moes dreig om uit te klim, omdat “Sy nog net een Trip wou maak”. Teen R100 n uur was dit nie n opsie nie.
"nog net een trippie"

Ons is voort na Victoria waar os weer n groot teleurstelling ervaar het. Eers gedink ons is net verdwaal toe die skok tot ons deurdring die plek wat ons geboek en vooruit betaal het was nog nie eens gebou nie. Nog n Suidafrikaanse drol wat Afrika besmet.Ek het hom gedwing om al my geld terug te gee nadat ek hom in n Bar in Victoria opgespoor. Danksy die Zimbabwese polisie wat nie gesmile het oor hoe “hulle” toeriste behandel word nie. On sit voor die Wimpy in Victoria,. Kan nerens ander plek kry nie, net Southern Sun wat n bedonderde 400 US n aand soek vir verblyf. Dit sou die vier van ons amper R16 000 kos net vir die aand en dit is malligheid

Ek is moerig en dit reen boonop. Ek dink in die stilligheid dat ons maar in die Bakkie sal moet slaap. Die waiter van Wimpie kom met ons kos en vra of alles ok is. Ek se nee en vertel hom die storie. Die swartman vra om veskomning vir n wit Suid Afrikaner se gedrag in Sy land.

 Se ons moet net n rukkie wag hy gaan n vriend vra wat n woonstel het net agter die Wimpy. Hy is n halwe uur later terug. Sy vriend is n WIT ou wat met sy “BRUIN” vrou in n Flat bly agter die Wimpie. Hulle akkomodeer ons vir die aand en ons betaal vooruit, baie minder as wat die ander plek, wat nog nie gebou is nie, gevra het.

Die volgende oggend wys ek die bediende n seer plek op my rug waar iets my gebyt het. Dit is verskriklik pynlike en sy se doodeenvoudig’Putsy fly still alive” en sy sqeeuse die ding uit my rug. Dit brand like hel en sy hou die larwe, wat n tonnel in m rug gevreet het, vir my om te sien. Ek soek n apteek en koop antibiotika en nog Syndols.

Volgende dag besoek ons Victoria Falls en Kariba se damwal. Oppad Bulawayo toe maak ons n draai in die Whange natuurreservaat. Ons ly oor in die Elephant Hills Hotel waar die “Swart” vrou die “Wit” man in die bakkie los omdat sy in Zim dollars gequote word vir als en almal hom wil kaalgat uit trek deur US te vra. Bulawayo is 448 km vanaf Victoria.

Ons besoek die Matoppos Nasionalepark waar Rhodes en Jameson begrawe is. Ons bly in n Chalet wat etes insluit maar ons is homesick. Ons lus vir pap eb vleis en sheba. N Swart vrou in die kombuis bied aan om dit vir ons te maak en boeta het ons lekker geeet. Sommer so uit die pot die steaks op n stuk koerant en die sheba in oopgesnyde koeldrank blikkes.

Ons eet met die vingers dat die sop spat. Sou die volgende aand weer daar oorslaap maar ons is almal gatvol en moeg. Ons verlang huistoe, die vakansie is te lank en uitputtend en ons almal besluit, bogger dit hulle kan die geld hou Reiger Park hier kom ons. Ek ry regdeur van Bullawayo tot in Johannesburg. Nou in Gauteng. Na twee pitstops in Beitbridge en Nelspruit vir kos, stop ons sestien ure later voor Flat Bloock G no 10 en dit is Hemels. .(Jammer vir die kort onderbreking
Matoppos

Almal was bly om ons te sien en ons was bly om almal tie sien.. Die afpakkery het begin. Moempie moes die twee stelle trappe opgedra word. Vir dit het ek n wasgoedpaal en twee komberse gebruik. Agt manne het gespook  om Moempie tot in die Flat te dra. Sy het die lang tog oorleef met n krappie of twee. Sy lyk nou heeltemal anders nadat sy goed geolie en gepolish is. Amper soos R10 000 etc, etc.

Ons het Nuwe jaar na die dam toe gegaan in Springs en n heerlike dag geniet.Kinders het geswem en gespeel en ons het gedrink en gekuier en gepaartie. Die lewe was weer normaal. Weer werk toe en terug.Moet inskryf vir my finale jaar.en ons het naarstigtelik huis gesoek.Uiteindelik op een besluit. N Kort ou tannetjie was moeg om alleen te bly. Haar man het afgesterf en sy het uiteindelik besluit om te verkoop Ons sou die tweede inwoners wees. Haar man het die huis gebou en hulle het al hulle kinders daar grootgemaak.
Ons huis in die "leafy subburb" met Krissmonne wat speel in die sneeu.
kan nie die jaar onthou maar dit het lekker gesneeu in Prinrose.

Die lening is goedgekeur en dit het tyd geword om te trek. In die geheim het ek gordyne laat maak. Monika se broer se skoonma het dit vir my gemaak. Ons het gaan opmeet en materiaal gaan koop. Sy moes die hele huis se gordyne maak. Ek het ook saterdag oggend vroeg opgestaan linne gekoop vir drie beddens. Sy moes die duvet ootreksels en kussingslope maak om te match. Hoe ek dit alles vir Monika stilgehou het het ek nie geweet nie. Ons was steeds nie 100 pesent seker of ons die bond en die lewe in ons”Leafy Subburb”, soos Monika dit genoem het, sou kon bekostig nie.

In die Kasie het niemand rent betaal nie en min , bitter min het water en ligte betaal. In die subburbs sou dit nie n option wees nie. Die bond, die water en ligte en rates en taxes sou moes betaal word. ELKE maand. Die week voor dit het ek en Monika baie gesels daaroor. Toe kry ek weer bevordering en gepaardgaande meer geld. Op die koop toe weer n nuwe firma kar. Ek het swaar afskeid geneem van die Bakkie wat ons so getrou seur Zimbabwe gedra het.

Ek het n trok gereel vir die trek. Monica wou nog bokse soek en vriende met bakkies soek te ek het dit stop gesit. "Die Trok kom Vrydag, hulle gee bokse, help pak doen alles. Trek jou goed en laai af skuif reg en pak uit . Kry van jou Cousins vir die uitpak as jy wil Vrydag trek ons".

Donderdagaand het ons in die nuwe huis gaan slaap. Monica was mal vir haar nuwe gordyne wat ek skelmpies loop hang het. Ons het net n matras en komberse saamgevat en in die verste kamer op die vloer op die matras geslaap.

Vrydag oggend is ons vroeg Reiger Park toe. Die trok was reeds daar toe ons ariveer.
Bure het nadergestaan om te hoor wat aangaan. Dit is die Kasie en elke siel in n omtrek van vyftig myl het reeds geweet, die Boer in die Kasie trek met sy vrou en kinders.

Teen lunchtyd was ons klaar met die trok by die nuwe huis. Monica en haar Cousins het die klere in die ingeboude kaste gehang en die bokse in die kombuis uitgepak en weggepak. Teen Die aand was ons ingetrek. Kant en klaar en reg om te leef. Ek het reeds n verwelkomings partie met die familie gereel.. Vrydagmiddag het ek n skaap op n spit by die slaghuis loop haal en vleis en wors vir die braai.

Saterdag Oggend drie uur het ek die skaap op die spit aan die gang gesit. Ek was by Trade Center net toe hulle oopmaak om groceries vir die huis en vir die paartie te koop.Ek het genoeg drank gekoop. Haar HELE familie sou kom.

Teen lunchtyd toe die mense aankom vir die paartie was alles gedoen. Die vleis was gebraai, die skaap was gaar. Die bykosse en slaaie was in bakke en gereed om op te skep. Stoele en tafels, wat ons gehuur het,het gereed gestaan.Ek het 70 siele getel by ons eerste paartie by ons nuwe huis in die leafy subburb. Dit is hoe die Boer in die Kasie dinge gedoen het en steeds doen.

Die paartie was n reuse sukses. Die erf tot oorlopens toe vol van al die familie. Daar was genoeg van alles. Kos en drank en van die skaap het daar nie eens n kaal beentjie oorgebly nie. In egte “Busshie” tradisie is alles wat oorgebly het in “containers” gesit en saam gegee. Nog n ding wat ons Boere nie so lekker verstaan van die Kasie Katte nie.

Monks het nie geweet van al die reelings nie. Ek het haar nie gese van n ekstra bonus, wat ek gekry het vir my harde werk die vorige jaar nie.Ek het die geld gebere om vir die Gordyne ne ten minste drie maande se Groceries te kon betaal en natuurlik vir die Paartie.

Daar was nie veel tyd om koebaai te se vir Reiger Park en sy mense nie. Ons was te besig en dit was hartseer om die laaste keer die deur agter ons toe te sluit in Block G Flat no 10 Reiger Park, toe die Boer en sy Pop die geel mynsand stof van Reiger Park die laaste keer van hulle skoene afgestof het.

N Nuwe lewe het gewag vir die twee mossies van die kasie wat n nuwe nessie gebou het en waar hulle gehoop en gedroom het om lank en gelukkig saam te lewe. Moempie is ook daar en Fungai en Chennai, met twee koppies van hout.kan nou nog nie gemaklik voel om hulle houtkoppies te noem nie. hulle is soos my kinders sien jy, jy verstaan mos ne.

"Fungai en Chennai" dien as ondersteuning vir ons kleinkind Shaunette.









1 comment:

  1. N Nuwe lewe het gewag vir die twee mossies van die kasie wat n nuwe nessie gebou het en waar hulle gehoop en gedroom het om lank en gelukkig saam te lewe. Moempie is ook daar en Fungai en Chennai, met twee koppies van hout.kan nou nog nie gemaklik voel, om hulle houtkoppies te noem nie. Hulle is soos my kinders sien jy, jy verstaan mos ne.

    ReplyDelete