History

Smartvrou

Melk
 
 net een keer
in rou woede
het ek amper
n mens doodgemoer
sy sonde
sy ondergang
n koei
n melkkoei
hy durf toe
verwys na mammie
mammie afgesloof
in die melkery
war sy n
lewe moes uitwerk
pastorievrou
wedevrou
verstotevrou
hulle is nog
daar mammie
Nigel
se melkery
beland
in my yskas
mammie
ongevraag
het hulle my gesoek
en gekry
verslete
ontbloot
ontnugter
jy is bevry
en jy vra
het
die kindertjies melk
pappie
en jy vra my
die kinnertjie
wat woes
veg en baklei
windin stry
jy vra my
sy voer
die kinnertjies
melk mammie
sy voer
hulle kiekies melk
sy is oppad
na  jou toe
mammie
die engele
sal julle baai
in heunig en melk
van Nigel
se melkery
is julle
ewig
bevry
 
 
 


1 comment:

  1. sy voer

    die kinnertjies

    melk mammie

    sy voer

    hulle kiekies melk

    sy is oppad

    na jou toe

    mammie

    die engele

    sal julle baai

    in heunig en melk

    van Nigel

    se melkery

    is julle

    ewig

    bevry

    ReplyDelete