History

GEregtigHEID

O&R
 
Regte(i)g
“O Oscar”
Die land is aan die brand.
Hulle veg en vlug en raak sommer astrant.
Al het hulle twee bene, om op te staan.
Wonder hulle hardop, hoekom jou stompies jou skaam.?
Elke euwel,elke gruwel en elke onreg van huismoles
En elke aanranding van vroue en kinders,
Almal in een boks,gebrandmerk, met jou naam.
Reeva se dood,vergete hulle veg verbete
En skreeu vir jou bloed.
Jy word gekruisig jy moet boet.
Wie weet wat plaasvind in geliefdes se bed?
Wie weet wat hulle fluister,
Uitasem na mekaar luister.?
“O Reeva”
Hemelsblom met ope arms
Het jy die wereld omhul
Mooi binne en buite
Borrelend kon jy die dag vul
Met vrede en vreugde
En toe
Net stil.
Twee jong lewens vol belofte
Vir ewig verander
Dit is die tragedie
Die Lady sal besluit
Of sy jou Oscar gaan toesluit
Ek wens so jy kon oordeel
En vir ons vertel
Wat jy vir hom verkies
Hemel  of die Hel
Sal ons samelewing
Dan tevrede voel?
Sal ons onwaardigheid afkoel?
Tot die dag,
Wat ons almal vrees.
Net een paragraaf, lees.


1 comment:

  1. Dit is die tragedie

    Die Lady sal besluit

    Of sy jou Oscar gaan toesluit

    Ek wens so jy kon oordeel

    En vir ons vertel

    Wat jy vir hom verkies

    Hemel of die Hel

    ReplyDelete