History

Jagmaats

n vakansie in


Mahlabathini
Hulle wag vroegoggend vir my
Gehurkend in die oggendson voor my hut
Ek wil nog slaap,maar my maters wag
Ons praat nie baie nie wys net
Skud kop en beduie
Maar ons weet wat ons se
Sonder om dit te se
Ek staan traag op,vat my windbuks
My jagmes en n pak koeltjies
Stop n klein sakkie sout en n pakkie vuurhoutjies
In my broek se sak.
Ons moet gaan jag.
Ek spoel my gesig af by die buitekraan
En borsel my tande vining
Hulle is ongeduldig,die son trek water
Hulle is elkeen gewapen met n stuk bloudraad
Skerpgemaak en gebuig op die punt
Hulle is kaalvoet,kaalbolyf
Ek het tekkies aan en n kortbroek
Een van my ou T-hemde
Wat heilig gegat is
Hulle vat ongeduldig die pad veld in
Ek agterna,my spoorsnyers
Skielik stop hulle en beduie na n gat in die grond
N veldmuisnes en hulle dolwe
Met die bloudraad in die gat
In die gat met die bloudraad en torring
n habdvol veldmuise uit die gat uit
Hulle koppe word met n klip gekap
En dan word hulle sommer met n vinger
Van die agterkant af oopgeskeur
Hulle pak n stappeltjie takkies en klippe
Ek steek die vuurtjie aan
Muisbraai vir ontbyt
Die muise met vel en al ingeryg op bloudraad
Word gebraai. Hulle bied vir my een aan en ek
Skud my kop en offer hulle bietjie sout
Hulle weier die sout dit maak mens dors
Ek sit op n klip en kyk hoe hulle smul
Ek moet voeltjies skiet en duiwe
En hulle weet net waar om hulle te kry
Ons loop rivier se kant toe
Daar is niemand anders in die veld nie
Net ons groepie jagmaats
Skielik gil een,lyk hy raak mal
Die ander weier om nader te gaan
Hy wys na n bos waar n slang verdwyn het
Ek ken slange en loop versigtig nader
maak die takkies oop met
my gelaaide windbuks se loop
dit is net n molsang
en ek druk hom vas met die windbuks se kolf
en gryp hom agter die kop
my jagmaats wag op n veilige afstand
ek sny die slang se kop af met my mes
en hang hom aan n tak
ons sal hom optel oppad huis toe
en jy raai reg,hy gaan gebraai word
so het ons dag vir dag in die veld spandeer
hulle vang muise en ek skiet voels
ons ken nie mekaar se name nie
hulle het my on die veld raakgeloop en agtervolg
na my hut toe waar my stiefpa besig was
om n polisiestasie te bou
ons het water gedrink uit die rivier
en geswem as dit te warm raak
ek het sommer my T hemp om my kop
gedraai vir beskerming
in die hitte van die dag
my vel was bruin gebrand
en gewoond vir die afrika son
Drie weke lank was dit ons roetine
Elke dag en ons het
Die veld plargeloop berg toe en terug
Ek het nie geweet by watter hutte hulle woon nie
En ook nie geweet of hulle family  is nie
Hulle was my jagmaters en spoorsnyers
Na drie weke moes
Ek huiswaarts keer my stiefpa het die bakkie gepak
My vriende het langs my hut gehurk wagtende
Ek het beduie ek moet loop
En hulle het koponderstebo verdwyn
By die kampsse hek het n ou swartman
My stiefpa beduie om te stop
Hulle het gepraat en hy het my stiefpa n knopkiere gegee
Dit was n geskenk vir my van my jagmaats af
El het my jagmes uitgehaal en vir die ou man gegee
My geskenk aan my jagmaats
Ek weet tot vandag nie wat hulle name was nie
 baie keer as ek in die oggend wakker word
En uitgaan het ek gewonder
Of hulle steeds elke dag gaan jag
In die Okhombe valei naby Mahlhabatini

No comments:

Post a Comment