History

My Held

PAPPIE
Jou bloed vloei
In my are
Bruis in my wese
Ek blaai
Deur die anale
Van tyd
Van Ollies
Van weleer
En ek leer
Van jou
En van my
Ek sien
'n man
wat nie skroom
om man
te wees nie
wat opstaan
vir wat
hy in glo
hulle sê pappie
jy was n rebel
ek sê
mooi so
 Ollie-rebelle
het toegetree
tot die stryd
selfs gesneuwel
sonder vrees
standvastig
tot die einde
ek het
jou nie  geken
met geboorte
onthou nog
in moedervog
jou stem
in die verte
jy was
jonk
so jonk
slegs 35
toe jy
weggeneem is
steeds besig
om te preek
sonder twyfel
ek sien
jou neef
en sy vrou
meer as
halfeeu saam
en ek is
nie skaam
ek dra jou naam
met trots
en
onthou
ek
die seun
van
n held
my held
R.I.V
Jou seun
Fransie


1 comment:

  1. ek dra jou naam



    met trots



    en



    onthou



    ek



    die seun



    van



    n held



    my held



    R.I.V



    Jou seun



    Fransie

    ReplyDelete