History

O vet!

3X
 

O vet
Ek moet krimp
Weet nie hoe
Dit gebeur het nie
n kiekie in die spieel
XXX in die was
Pyne en wyne
Kreune en steune
Ek droom
Ek hol soos die wind
Stofstraat se kind
My lus my lis
Geblus
Van knibbel
Het ek verdubbel
My stokkie verdwyn
My voete verkluim
In die skadu
Van die pens
Stokkie lekker
Vergete
Veg ek verbete
Heunig soet
Beboet
Een tree
Twee
Tien
Insulien
Agterossie
Op n draf
n sif
in die skag
metamorfose
van die obese
wag
ek lag laaste
Seriaaas!

1 comment: