History

Seder val in Dunnotar

n Seder val in Dunnotar
Ek ruik die swael en my ore tuit nog steeds,verskrik en bang op die rooipolitoerstoep op die hoek van Nigel-Dunnotar Road en Annan Avenue. Ouma Joey se huis,n Semi,eenvoudig. Vol reuke en gebeure en gedagtes.Ek het op die stoep gestaan,onderdak toe die bliksemstraal tref en ek is ongedeerd,my beskermengel het my bewaar.Bang blondekopseuntjie met bakbeentjies.
n Rooidakhuis,langs n grootpad tussen Nigel en Dunnotar. Ek onthou min. Koue pampoen en Ouma langs die kombuistafel,wat heeldag Springbokradio luister en Solitaire speel.Oorlopens toe vol asbak,  sy rook die een Stuyvesant na die ander,die heel goddelike dag. Bediendes in die agterplaas,pap en marog bring genadiglik verligting van die vervlakte koue pampoen.
Net voor oupa Gert kom spring sy op. Die radio is haar klok en sy slaan gou-gou kos aan. Pampoen, die blerrie goed bak op die garage se dak,heeljaar lank. Oupa bring sy skaftien met marbles en ghoens vir my. Sulke groenes van Brickkor waar hy, sy reeds vereelte,growwe hande, nog skurwer aarbei.
Ons  mamma en twee klein mensies op een bed. My ducktail broer en sy neef en my Antie,almal in die Semi.was dit die weerligstraal,wat my laat vergeet het. Ek kan net grepies onthou.
Sneeu op die dak wat dreig om die balke te breek. Dit word af gegrawe, net betyds en die enamel potte word geskuif om die daklekwater, drup-drup op te vang. Neus teen die ruit en reenperdjies wat dans en ek hardloop kaalvoet die straat af en plas heerlik en dans. Dan die duiwelsdans van die slange in die sinkbad. Hulle moet in die hel brand,die ductail en sy neef het hulle gevang en in spirtits gebraai. Duiweldans sissende,wringendde slange wat terugval in die blouvlam.
Ek bepis my in die skool,praat te veel ouma het nooit gepraat nie net kaart gespeel en radio geluister en gerook. Word gestraf en ek vergeet. Begrafnis,twee kinders het gesterf. My sussie moes my skool toe loop en toe niks.
Ek hol weg vir die ligvingers in die nag. Die bulderende Harvards oefen oorlog en ek is bang,baie bang. Ek en my tollie bangbroekbollie,wat het gebeur.? Wat het gebeur sodat ek dit diep,baie diep wegbere tot binne my ma se geboortesak en ek onthou my piepklein stemmetjie,ek is bang en ek is nie alleen in haar baarmoeder nie.
Miskien was dit my beskermengel wat geweet het wat wag vir die klein blodekopseuntjie. Dominee Jannie se jongste seuntjie. Tiekies,n canfruit bottel vol en langras valstrikke in die oop veld.
Die seders van Dunnotar op Langpiet se plaas Varkensfontein was geplant van saad wat op Gethsemane in Israel opgetel is. Hulle is nog daar by die Dunnotar Hospitaal waar ek gil asof ek vermoor word. Sy het my gelos,alleen gelos en sy weet ek is bang en siek dood siek van die gifbolletjies in my keel. Ek droom wasige angstige drome en sweet en voel benoud en ek vergeet, bere dit diep In die geboortesak saam met my ander kleinnode.
Daar is n gaping in die nalatenskap wat mammie vir my gelos het. Die Ductail dink eek weet nie. Ek kan tel boetie en ek Is nie simpel nie.Graad een sertifikate,Fransie Olwagen. Twee,mammie het dit gebere een vir Dunnotar en een vir Heidelberg. Hoekom het n jaar en wat, uit my lewe verdwyn. Net die Ductail weet en mammie en Ouma van Zyl, en miskien die anti-kind en miskien die twee Enny's.Hulle het almal gelieg,lieg nog steeds oor die kinnerjare wat uit my lewe gesteel is.
Ons stap in die koue wintersoggend na die stasie toe. Ek en mammie en Sussie.ducktail moes help,maar is meer n hindernis. Vat die spoorwegbus na Nigel se stasie en nog een na Heidelberg se stasie. Die Ductails op die bus sing. “daar is n wind wat waai….”. ons loop dorp toe na die Melkery toe oorkant die stadsaal. Verby “poepless(my woord,mammie help my reg en lag) bazaars. Warm rogbrood met vars botter en biltong.
Doe koue wind sing deur my hare in die bak van die driewiel-afleweringsfiets,saam met kratte melk en lemoensap bottels. Jaag teen die bult af en anderkant op verby C J Langenhoven se huis. Die Armiekombuis is warm. Die kok ken die klein blondekopseuntjie en het altyd vir hom iets lekkers vordat die afleweringsfiets hom skool toe vat.
Paralelle werelde,  n Klein seuntjie en sy sussie stry op my stoep in Primrose. hulle stry oor wie die meeste detentions het by die Stouteskool op in die pad. Hulle het ook n Ducktail vir n pa en twee Ductail boeties. Arm sukkelend, Ouma en Oupa het opgegee en die ou huis verkoop. Ek is altyd vriendelik met hulle,want ek weet, dit was ek op Dunnotar in die Semi. Wonder wat hulle kindergedagtjies begrawe het en wat hulle gaan onthou van Maroela Straat.
Weet hlle van die oom in die flats wat selfmoord gepleeg, het toe sy vrou en vrienin, in die Hoerhuis, op die hoek gerinkink. het.? Is dit hulle lot of sal hulle survive soos ek en sal hulle ooit onthou.
Die skande moes begrawe word. Mammie is begrawe na pappie en Ousus het vergeetsiekte,dit gaan nie goed met haar nie. En saam met hulle sal die skande ook begrawe word onder n Ghetsemane Sipres in Dunottar. Daai dag sal n maagd ween in Gethsemane, sy sal ween oor die verlore jare, van die blondekopseuntjie omdat sy weet daar is baie verlore jare van baie kindertjies oraloor.
Nou is ek groot,Ouma,Oupa,Pappie en Mammie almal dood en begrawe soos my onthou van Dunottar se verlore tyd, wat ek bang, bang begrawe het, diep in my onthou. Ousus kan niks meer onthou en ek bid haar genade toe maar die Ductail en my sussie,die krulkopogtertjie  van Dunnotar het die skande onder n Sipresboom van Gethsemane begrawe. Is dit nie ironies nie Dominee Jannie, dat jou jongste oorlewende spruit jou studieboeke bewaar nie. Die boeke waarin jou houtwerker skoonseun sy naam lewensgroot ingegriffel het. Seker wou hy soos die Ductail, jou dogter se erstegeboortereg saam met haar maagdevlies, gekoop het.Die maagd in Gethsemane, onder die Sipres, van jesus se droeftuin, ween oor die blondekopseuntjie se gesteelde tyd. En n Seder val in Dunottar.


1 comment:

  1. Die maagd in Gethsemane, onder die Sipres, van jesus se droeftuin, ween oor die blondekopseuntjie se gesteelde tyd. En n Seder val in Dunottar.

    ReplyDelete