History

Die hangertjie

Mbotyi



Hulle sal nooit weet nie
My stiefpa en ma sal nooit weet nie
Dit was n lekker tyd. Ek was lief vir die see
Ek was lief vir die bos
En ek het altyd aleen gestap na die handelshuis toe
Dit was aan die wildekus
En die handelshuis was vol negosieware
Vol klipharde lekkers in bottels
Die reuk van roltwak en ou sweet
Was onaangenaam maar onvergeetlik
Hulle het gedink ek is agter die tweeling aan
Die handelshuis  eienaar se dogters
Hulle was nie in my klas nie
 eendag het die oom my gese ek moet
Nie daar rondhang nie, meisies het van my gehou
met my wille blondekop
My kuiltjies en gespierde lyf
Mens dra nie hemp by die see nie
Jy dra plakkies
Ek was lief vir die water,het baie geswem
Ek was n kranige swimmer en het myself leer bodysurf
Dit was n paradys waar blouapies vroegoggend
Op die strand gespeel het.
Waar jy vars kreef uit die see kon eet
Waar n barracuda my amper  bygekom het
Stiefpa het hom met n Kite(vlieer) gevang
Na daai spulletjie is ek nie toegelaat op die rotse
As hulle visvang nie
Ek het liewer langs die strand afgedwaal
Skulpies opgetel en mossels gesoek in die rotspoele
Ek het seekatte gevang en hulle omgedop
Later sou ons hulle in botter braai
Ek het gebodysurf en my boeglam geskrik
Toe ek tussen dolfyne beland het
Dit was lekker
Ek was altyd alleen en dit was lekker
Ek was nie bang nie en het nie weer handelshuis toe gedwaal nie
Ek het n nautilus skulpie opgetel en n gaatjie in dit gemaak
Ek het dit met n leerriempie om my nek gedra
Versigtig dat dit nie breek nie
Soms was daar beeste op die strand
En een keer het nek n klomp perderuiters ontmoet
Ek wou perdry,maar hulle het my geigroneer
Later het ek myself leer perdry,sommer bloots
Op n plaas naby Spieskloof en op Holgate se plotte
Hulle sal nie weet nie
Hulle sal nie weet wat van my hangertjie geword het nie
Ek was lief daarvoor,want dit was so mooi
Ek het heeldag langs die kus spandeer
Soms in die bosse ingedwaal
En net begin kampwaarts keer waneer die son begin sak het
Ons het barracuda steaks gebraai
Ons het kreef geeet
Dit was hemels.
Ek kon my stiefpa ontsnap
Hy was ongeduldig met my
Ongeduldig omdat ek onhandig was ,hy het my
onwetend  n guns bewys as hy my bruusk
verjaag het met n “vat die vlakte,moenie hier rondle nie.”
Ek was n dromer en al die aleen tyd
Het in my n liefde vir skryf ingeskerp
Dit kom maklik,dit kom natuurlik
Hulle sal nooit weet van die Kommetjie nie
Dit was weggesteek tussen die rotse
En ek het altyd soontoe geloop
My baaibroek uitgeskop en my plakkies
En hangertie onder dit gebere
Ek het die kaal swem geniet
Daar was niemand om my te sien nie
Daar was niemand op die strand nie
Vroeoggend het knapies beeste aangejaag
En gespeel op die strand en kaal in die branders baljaar
Ek het hulle net gekyk en hulle eintlik beny
Want ek was lief vir kaal swem
Ek was te skaam om saam hulle te swem
Skaam omdat ek bang was Hy sal met sy pelle daar aankom
 hulle sou my verjaag en se ek moet nie met die naturelle speel nie
Sien ek was nie n barbaar nie en ek het stilgebly en weggedwaal
Ek het net verwyn na my versteekte strandjie toe
Waar ek kon kaal swem sonder sorge
Waar ek my boeglam geskrijk het vir die dolfyne
Ek was versigtig,ek het die gevare van die see geken
Ek was nie onbeholpe nie
En geweet hoe om uit n sleurstroom te ontsnap
Hulle sal nie weet nie
Hule sal nie weet date ek haar daar gekry het nie
Sy het langs my klere gesit toe ek uit die see kom
Sy was swart,soos die nat rotse in die poele op die strand
Sy het klein borste gehad
n plankdun magie en ek het probeer
Om nie na die driehoekie te kyk nie dit was my laaste dag van die vakansie
Ek het nie geweet wat om te doen toe ek haar gewaar nie
Ek het in haar donkerbruin oe gekyk en my skaamte met my hand bedek
Omgespring en weggehol water toe
Die seewater en branders sou my bedek
Ek het vir n brander gewag om te ry
Iets het teen my gestampdit het my laat skrik
My skrik was nog groter
toe ek besef sy was in die water saam met my poedelkaal nes ek
sy het gelag vir my benoudheid sy het daai brander gegaps en uitgery
en in die vlak water gesit en vir my gewink
ek wou nie nader gaan nie, ek was skaam
hulle sal nooit weet nie
Mammie en Stiefpa is beide dood
Hulle sal nie weet hoe ons geswem en gelag het nie
Hulle sal nie weet date ek my skaam verloor het
En langs haar op die sand gele en droog word het nie
Hulle sal nie weet dat sy my hand vasgehou het nie
Ons was onskuldig,te jonk vir vervbode dinge
Dit was net daai een dag
En toe die son begin sak het sy haar klere
Onder n bos uitgehaal om te loop
Ek het my baaibroek en plakkies aangetrek
Ek het agter haar aangehardloop en beduie sy moet wag
Ek het my hangertjie om haar nek gehang
En haar n piksoen op die wang gegee
Sy het in die bosse ingeloop en ek het begin
Huiswaarts keer.mammie het nie gevra oor die hangertjie nie
Sy het geweet ek was lief daarvoor
Ek sal dit nooit vergeet nie
Dit was net daai een dag
Op n versteekte strandjie
Tussen die rotse by Mbotyi
Hulle sal nooit weet nie










1 comment:

  1. Pragtige naakte ontbloting wat vanoggend van jou hals op my skerm geval het. Dankie

    ReplyDelete