History

Kalverliefde

Mooi Warm
"Maak mooi warm Oom.?" " Ja seun mooi maak warm."
"Hoe so oom ? Saartjie is mooi Oom,maar ek dink
nie sy is warm nie."  "Fokkettoggie kind",dink ek.
Vra tog jou mammie of pappie oor Saartjie
se warmgeit,al dan nie." Hoe so seun?", vra ek maar
Net om die volgende, "hoekom oom?", kort te knip.
"Haar handjies is koud oom." " O," sug ek.
Die knapie het ander gedagtes en n ander Saartjie
by my wakker gemaak. "Seun,as die Son opkom is dit
nie warm nie,maar dit is baie mooi." " Ja oom dit is waar."
"As die son sak is dit ook nie baie warm nie,maar dit is baie mooi." : Is so Oom."
"Maar oom in die dag brand die son my nerwe af en dis nie
baie mooi nie oom." " Ja seun,maar die blommetjies is mooi
en hulle kan nie sonder die son se warmte leef nie."
Ek sug oor Saartjie se mooi en die warmte,wat ek
nooit sou ken nie. "Hou jy van Saartjie,seun?"
"Ja oom,baie. "  "Vra haar om haar tas te dra skool toe seun."?
"Jy is bietjie skaam  seun,of hoe?." " Ja oom ek is beitjie skaam."
"Maar Saartjie is mooi en is nie skaam nie." " Hoe weet jy dit seun?'
dat sy nie skaam is nie,bedoel ek.?" " Sy maak wawiele oom en
mens kan haar broekie sien as sy wawiele maak."
"O"Ek wonder of my Saartjie ooit wawiele gemaak het.Ek was te skaam om eens met haar te praat. "Vergeet maar
van die broekie seun.In die winkels stal hulle dit uit op die rakke. Is dit nie so
nie seun?"." Ja oom,maar ek kyk nie." "Weet jy waar Saartjie woon seun.? " "Ja oom
sy bly naby die kerk,op die hoek."  "En as Saartjie swem seun,wat sien jy dan.?"
"Net haar baaikostuum oom ,dis so groene en dit is mooi." "Swem julle saam seun.?" " Net met L.O.  oom."
"By die skool .maar die seuns en dogters mag nie saamswem nie. Meisies swem aan die vlak kant en ons seuns aan die diep kant,want ons is sterk en nie bang nie oom." "Eendag as julle weer gaan swem moet jy jou handoek by die huis los seun." "Hoekom oom,ek sal koud kry en hoe
gaan ek afdroog. ?" "Vra Saartjie om haar handoek vir jou te leen,as julle
klaar geswem het." "Ok Oom ek is bietjie skaam,maar ek sal so maak."
Later sien ek die knaap  weer, waar ek in die parkie sit en hy
storm op my af. Oom!,Oom !,Saartjie het my haar handoek geleen oom
en mooi is warm Oom,rerig."
Ek sug,helaas, sal ek
 ooit weet of mooi warm is.?
Sien ek is bietjie skaam en Saartjie het al kleinkinders en ek is vet en het
ook kleinkinders.
"Maak mooi warm seun.?"


1 comment:

  1. Ek sug,helaas, sal ek



    ooit weet of mooi warm is.?



    Sien ek is bietjie Skaam en Saartjie het al kleinkinders en ek is vet en het



    Ook kleinkinders.



    Maak mooi warm seun.?

    ReplyDelete