History

Saturday, December 16, 2017

Kiekies

Greinnik

Ja nie grinnik nie greinnik want dit gaan oor grein.Ek het geweet van grein nie van pixels nie.
het eers regtig van kameras en fotografie geleer toe ek behoorlik in die joernalistiek ingespring het.


Ek het min kiekies oor wat ek met my Canon AE.1. Program kamera geneem het.Hierdie een is nie goeie kwaliteit nie en glo my ek had goeie rede om te bewe.Dit is die oomblik toe ons laatlam Krissmonne haar eerste asemteug gegee het. 






Hierdie een is op die Kariba Meer in Zimbabwe geneem. Hilda se twaalfde verjaardag is op die boot gevier en die kok het spesiaal vir haar 'n verjaardagpoeding gebak.


Ek onthou my stiefpa se bokskamera waarmee
hy die kiekie by die Watermeul in Springs geneem het.Noekie en ekke saam met mamma vertel jou die kiekie is baie oud en dit lyk behoorlik soos 'n poskaart van daardie era.

  
Net Foeta Krige en my ander Transvaler kollegas sal weet ek vertel die waarheid oor hoe ek en Marinda op 'n wegkruipnaweek getroud is
Geneem in die Royal hotel in Pelgrimsrus.Die storie oor ons nakende mannewales onder die waterval was ook in Perskor se amptelike personeeltydskrif.




Ek het min kiekies van ons eerste kleinkind.Die een is met die rekenaarkamera geneem. Ek en Shaunette en Sherbet,Krissmonne se brakkie.


Sonsopkoms op Leopard Bay langs die Malawi Meer. met my Cannon Power Shot  SX60 HS geneem.









Dit het my meer as twee jaar geneem om my eerste digitale kamera onder die knie te kry. Die was 'n geluksskoot en is in die Kalahari geneem.






Kameras maak maatjies namens jou. Ellen ontmoet in Malawi. Die meisiekind se borrelende persoonlikheid het my aangegryp.



Die is 'n geleende kiekie van Etienne Kriel. Het hom ontmoet toe ek as landboujoernalis by Die Kouter begin werk het.Ek is 'n Pentax kamera gegee en mog nie my Cannon gebruik het nie, Ek moes self regkom en moes donkerkamerwerk leer.






Ma Meraai en die verlooptepredikant se boek.
P.G. du Plessis se woorde oor Izak du Plessis. Het PG by die Transvaler ontmoet en Izak in Pretoria by die Boeremark raakgeloop






Die vissermanne was die moer in oor die foto in HULLE tydskrif. Die ou wat die bote verkoop het het groot geadverteer en die redakteur het die foto van my op die voorblad geplaas. My swaar Pierre in die water,my suster Noekie en Joyce Davenport op die boot saam met die adverteerder en eienaar van die bootmaatskappy.

No comments:

Post a Comment