History

Wednesday, October 5, 2016

Manwees

Mossie maar man

Ma is weg met die polisieman
ons is in 'n koshuis gestop in Bloemfontein
weg van alles weg van maaitjies en familie in 'n vreemde stad
Ek het nie goed gecope nie en het 'n moerse geveg opgesit toe
hulle my probeer ontgroen as 'n standerd sessie.
Dit was al manier wat ek geken het,jy moet veg of jou ma se liefde verloor
en toe pak sy iedergeval haar tassies agter haar "man" aan.
My hele lewe lank was ek onder die indruk jou manwees is in jou spiere
en agter jou vuiste.
Snaaks genoeg was my vehg nie met mammie nie,my veg was met mans.Ek het nooit my hand opgetel vir 'n vrou nie.Ek het inteendeel gemaklik gevoel in hull geselskap. Miskien
'n bietjie te gemaklik.nadat ek van my skaamgeit ontslae geraak het was ek banneloos en roekeloos
en het ek my kerfstok gereeld moes opgradeer en dit het my nooit
tevrede gestel nie. Ek het woes tekere gegaan onder die skoner geslag aar daar was nooit bevrediging
vir my nie. My "Job" was om hulle gelukkig te maak en ek was vaardig in my werkEk het bittermin vriende gehad, veral mansvriende. Ek het geboks,judo gedoen,gimnastiek gedoen en rugby gespeel.
Ek was super fiks en my atletiese bou het my in menige bed laat beland.
Dit gepaard met my dieper kennis van van die ander geslag. ek het hulle
instinktief verstaan en sonder dat ek dit werklik agter gekom het
al hoe meer mansgeselskap vermy.
Dit het my menige maal in die pekel gekry as ouens moerig word waneer ek met die mooiste meisies verdwyn. gelukkig kon ek myself verdedig en sal nooit vergeet hoe
'n spul Studente my getakel het in Pretoria nie.
hulle het hulle misreken met my.ek was in die weermag en was in top fiksheid kondisie
en ek het die spul uitmekaar gemoer, soveel so dat hulle die aftog geblaas het nadat heelparty op die naat van hulle rug op die plaveisel beland het.
Dit was my verhouding met manne.sal nooit weet waste man my Pa was nie.
het wel geweet waste man my broer is en my vervlakte Stiefpa was die toppunt
van hormoon horries en was ongekunsteld en pleinweg bot.
Ek het by hom probeer leer maar hy het my gewoontlik verskree omdat ek so
onhandig was.
Vandag nog moet ek my kop in skaamte sak as ek nie oor eenvoudige mansgoed kan saamgesels nie.
wat ek nou beskryf is seker 'n kopkrimper se droom om my te analiseer en groepeer
en met chemise middels te behandel.
Like Hel, ek het nie 'n problem daarmee nie. Dit is ek en dit is hoe ek is en dit is hoe ek wil wees.
Ek doen goed dankie en ek gee nie op voordat ek nie sukses behaal het nie. of dit nou studies of werk of stokperdjies of sport is.
Ek het lankal besef dat daar nie "fout" is nie.Ek het geleer hoe om die lewe te hanteer op my manier.Miskien is dit nie altyd die beste manier nie.Dit is my manier en ek is gemaklik daarmee.
"Die manne" in die bosveld het my net weereens herhinner daaraan hoekom ek nie hulle geselskap verkies nie. Sowat van afshow en skinner en kleinlikheid het ek lanklaas ervaar.
Fokken jaloers omdat ek "jy maak my naam gat ek het die hele dag agter n gewesde Kudu aangeloop' en jy kom hier en skiet een met die eerste skoot morsdood."
Die tweede Kudu was ook nie anders nie.Daar is toe beweer die ding het haar nek teen 'n boom gebreek.
Ek het heel tyd na die spottery en kyke en skinpe geluister en het dit opgevreet. Die "Baas" moes gepaai word en op die hande gedra word en mog nie teegepraat word nie. ek het hulle gelos en toe bars ek los en gee met oormaat terug en die uiteinde van die storie.
Ek word nie weer genooi nie. Moes na sy broer se skimp geluister het toe hy nou nie na die Baas se smaak reg bestuur het nie."Sal seker nie weer genooi word nie," was vir my 'n goeie indikasie dat ek ook nie weer genooi sou word nie. ek was nie bereid om myself te vernedr en 'n bully se marbles te polish net om in sy guns te bly nie.
Ja ek het wel terdee besef ek pas nie in nie. My fokken onderklere se rekke was pap en het bly afsak en ek het aanhou optrek en ek het die kyke nie gemis nie. Ek was 'n maklik teiken in 'n ongenadige terrein en ek het net stilgebly.
Ja ek was nie weer genooi nie en ek glo die redes was oorweldigend en daar is stertjies bygelieg en bygeskinder om dit te regverdig. Ek sal sel op eie houtjie gan jag.Sal my  geweer huur en ek sal sukses behaal met elke skoot want ek is gesout en ek repekteer die mag van wapens en ek respekteer ons Fauna en Flora.
Ek skiet raak omdat ek kan en omdat ek wil.
My vriend het nooit agtergekom hoe ongemaklik ek was nie en nooit agtergekom dat ek
dit moeilik gevind het in die geselskap nie. Hy hoef nie want hy ken my nie maar ek ken hom asof ons gister nog op die tennisbaan was,toe hy my leer tennis speel het.
Ek kan dit alles vergewe en vergeet ek is net so.Ek praat oor dinge om dit van
my bors aft kry. Nie om te verneder nie maar om te genees, om myself te genees van
die ding wat my ontwyk, die manwees ding.
So ja dit pas my soos dit is ek is gewoond daaraan.Ek weet hoe om my besig te hou en
ek weet hoe om my veilig te hou en ek weet hoe om te oorleef al is
die omstandighede okk hoe meoilik.
Die ding wat my seer gemaak het,was dat ek nie ingelig is dat sy pa afgesterwe het nie. Ek was lief
vir daai man en het die grootste respek vir hom gehad.
Nou ja dit is jou pa dit is jou reg.
Jy sal nooit verstaan oor my nie en moet nie eens probeer nie
Ek verstaan jou en dit is goed genoeg vir my en ek aanvaar dit so.


No comments:

Post a Comment