History

Tuesday, May 10, 2011

My EERSTE keer.

My eerste keer.

Weet nie wat van al die maagde geword het nie. Ek het my nog nooit in een vasgeloop nie, ieder geval nie in die kooi nie. nie dat dit juis gepla het nie. ek was maar effens skaam en kon nie sover kom om, selfs te probeer, om n meisie te soen of sommer net haar han vas te hou nie.

Ek het maar soos meeste seuns op n plattelandse dorp so deur die grapevine geleer van die ander geslag. Boetie se versameling Scopes en later ander boeke, sonder sterretjies op strategiese plekke, het ook bygedra. Ongelukkig het my Calvynse agtergrond dinge bietjie gekompliseer.

Met die jare het die selfbesmetting ook n bietjie minder smetterig geraak en het ek minder om vergifnes gevra vir my dwalende oog. Gelukkig het ek nie besluit om die dingetjie summier af te sny nie. "As jou oog jou pla ruk hom uit," of iets in die lyn het my ook laat wonder hoekom daar nie hare op my palms was nie.

Tot een dag, een besonderse dag toe ek besluit het om n bietjie verder te gaan. dit was alles Josef se skuld. Op n busrit na die groot stad om "Josef and his amazing Technicolor dreamcoat te kyk", ek was so begeesterd deur die opvoering dat dinge amper begin hande uit ruk het in die bus op pad terug. my bewende lippe was vasgesnoer aan haar mond en Joseph se musiek het deur my are gebruis. veral verder suid het dit gevoel of iets gaan bars. dit was heerlik, so heerlik dat ek slegs n paar keer probeer het om tussenin asem te skep.

Dit was meer as net n smootch, dit het dinge in my siel laat roer, wat nog nooit geroer het nie. Ander dinge het gedwing om my brein totaal af te skakel. n man kan net een gebruik op n slag, of sy brein of sy drein. gelukkig was my siel vrygespreek en Calvyn kon, hoe hard hy ookal wou, nie die ekstase van vryheid bedwing nie.

Al die boekies lees en 'oefen" onder die komberse het my nie voorberei vir n sagte paar warm en wellustige lippe nie. Ek kon net nie verstaan hoekom Scope nie ook sterretjies op die mond geplaas het nie. die ding is vir jou behoorlik gevaarlik. ek ek het nog nooit eers aan n mikvytjie geproe nie. dit het nie saak gemaak nie Joseph was vir ewig in my jong gemoed ingebtand deur n vurige paar lippies.

Nie lank daarna nie was dit die matriek afskeid en die gepaardgaande openbaring dat my onkundigheid nie die indruk gemaak het nie. miskien was dit dit of my perskepienk pak klere, of my skpoonsus se verskoning vir n kar goedgunstelik aan my geleen is, is nie. nee dit was n vriend wat met my meisie verdwyn het en ek het weerwraak gesweer.

Weerwraak het in die kerk raakgesien. sy het hoe hakkies gedra en die rokkie was effe kort vir die geleentheid. Skielik het ek moed geskep, sonder om te skroom, om die pop in te lig dat sy saam met my na die Eerste Span se rugbydans gaan of sy nou wou of nie.

Dit was my eerste bewuste soen. die bus trippie was n benewelde tog deur Joseph land. die was bewustelik en ek het onthou van n ander paar lippies wat ek nog nooit vantevore in die vlees aanskou het nie. wel die sterretjie het nie my vingers stukkend gesny nie, en al die 'oefen' het my gered van n natkol in die broek.

Weerwraak wou dit verder voer maar ek het gekeer, siestog. sy het my uitgenooi na haar huis in Springs vir die naweek. haar pa het my al blosende in sy skedonk weggevoer, my rugby pelle het snaaks nie gelag nie. As ek geweet het wat hulle weet het ek toe al weggehol. in Springs eers geyskaats en toe in weerwraak se kamer beland. al wat ek kan onthou van my eerste keer was my verbasing toe haar ouer sussie my n ligte klappie op my kaal boudjies gegee het, terwyl weerwraak my van my maagdelikheid beroof het.

Maagdelik in die sin dat dit nie 'oefening' was nie. die regte ding, n heerlike sappige laatsomer mikvytjie.
My broer en my maters het gedink, ek was mal toe ek weggehol het net so voor die eindeksamens. Dit was weerwraak se ouderdom en Calvyn se aanvalle wat dit veroosaak het. ekis egter verseker dat ek nie die eerste een was nie, en sekerlik ook nie die laaste nie. heel waarskynlik die eerste maagd.

Die storie eindig goed, ek het geslaag met volle vrystelling nogal.

1 comment: